Page 1 of 1
Mauser extended mounts vir K98 musgrave 270
Posted: Sun Apr 14, 2013 11:15 am
by DanieDuP
Hi
Ek is opsoek na extended mauser mounts wat ek op my musgrave kan sit. Huidiglik het ek die normal mounts op maar die scope sit nog te ver vorentoe en moet nog terug geskuif word nader aan my oog. As daar enige iemand is wat my dalk kan help sal ek dit baie waardeur.
Groete
Danie
Re: Mauser extended mounts vir K98 musgrave 270
Posted: Fri Apr 19, 2013 7:43 pm
by Daan Els
Hi Danie,
Watter model Musgrave het jy? Is dit die Std of Deluxe model. Die Std het nog die ou tipe Mauser veiligheidsknip gehad wat montering belemmer het. Ek is seker dat enige goeie geweersmid jou sal kan help. Daar is n magdom monterings wat op die Mauser aksie pas.
Hoop jy kom reg!
Groete
Daan
Re: Mauser extended mounts vir K98 musgrave 270
Posted: Mon Apr 22, 2013 9:34 am
by DanieDuP
Hi Daan
Ek het die Deluxe model. Ek sal maar bietjie moet begin rondvra ja. Ek was by Lubbie Stark om die geweer se loop te sny vir die KD wat ek laat bou he en het nogal gehoop hy kan my uithelp met die mounts, maar ek moet se ek het 'n baie slegte ervaring gehad. Hy het die visier voor op die loop afgehal en was nie eers bereid om die merk wat daar was mooi te maak nie ook het hy nie vir my 'n cap gegee nie vir die kroon nie en R600 gevra vir die 30min se werk. So ek sal nou maar iemand anders probeer.
Dankie vir die raad ek waardeur dit baie.
Groete
Danie
Re: Mauser extended mounts vir K98 musgrave 270
Posted: Mon Apr 22, 2013 9:42 am
by NicoSmit
Probeer Tinus by Formalito as jy in die Pretoria omgewing is. Ek is baie tevrede met sy werk
Re: Mauser extended mounts vir K98 musgrave 270
Posted: Mon Apr 22, 2013 9:43 am
by DanieDuP
Dankie Nico
Maar ek woon in Durbanville en wil probeer kyk of ek nie 'n plan kan maak sonder dat iets gepos hoef te word nie.