Page 1 of 3
Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:00 pm
by Zack Benade
Hallo Almal
Ek wil nie graag hĂȘ hierdie topic moet in 'n warm plaat verander nie maar wil graag die volgende by ons aktiewe boogjagters hoor. Geweer jagters se insette is ook welkom.
So 'n jaar of wat terug was al die boogjagtydskrifte vol van die nuwe gier nl. Langafstand boogjag.
Almal het hulle optinie sterk uitgespreek vir en teen dit. Die afstande as ek reg onthou was tot 120m.
Al die boog organisasies was teen dit. Een of twee het hulle sweig reg gebruik.
ASA (Archery South Africa) wat die hoof beheerligaam is in Suid Afrika was sterk teen langafstand boogjag gekant en het openlik dit in die media uitgespel.
Hier is my vrae.
1. Wat het geword van langafstand boogjag in Suid Afrika?
2. Word dit geheim gehou of het dit uitgesterf?
3. Wat die die huidige gevoel van boogjagters oor langafstand boogjag?
4. Onder die boogjagters word langafstand jag eties beskou of nie?
5. Wat is die gevoel van geweer jagters oor langafstand boogjag en hoekom?
Groete
Zack
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:06 pm
by Gerhard
Wat klasifiseer jy as "lang afstand"
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:08 pm
by FHM
Ek kry solank popcorn...baaaaaie pocorn

Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:10 pm
by Daneel
Hi Zack
Ek gaan jag so gereeld as wat ek kan met boog. Vir my persoonlik is dit n pot snot.
Ek sal nooit n shot vat met die boog as ek nie 100% reg is met die skoot nie, en ek weet my limit is 30 meter.
Daar is net teveel dinge wat verkeerd kan gan met langer afstand boog jag.
Ek weet ook nie van enige mense wat dit doen nie.
Groete
Daneel
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:13 pm
by Gerhard
Zack,
Kom ek se sommer nou my se wat ek glo oor lang afstand jag. (Boog of geweer)
Vir my is daar nie so iets nie.
Lang afstand teiken skiet wel.
As jy dan wil lang afstand teiken skiet, gaan na n baan toe en gaan skiet teiken op n gong of 3D teiken.
Jag en spesifiek boog jag is n up close and personal ding waar 30 yards my maksimum jag afstand is.
As ek in oefening is het ek nie n probleem om balonne te skiet op 80 yards nie.
As ek n bok met die boog op 80 yards wil skiet dan los ek die boog en vat die geweer en jag hom met die geweer.
Let mooi op my gebruik van die woorde "jag" en "skiet"
Dis my 2 cent
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:14 pm
by Zack Benade
Daar is (gelukkig en ongelukkig) nie neergelegde reels en standaarde vir aftand nie, maar In Suid Afika is die aanvaarbare afstand vir boogjag as volg. Tot op hede word die skietafstand deur die jagter self en die plaaseienaar bepaal.
In 'n Hide of Tree Stand-----18-20M
Vir walk and stalk---20 - 40M. As die dier gekwes word sal die jagter 'n verder skoot vat as hy nie kan nader kom nie.
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:16 pm
by Zack Benade
Gerhard
My persoonlike gevoel is 100% dieselfde as joune.
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:33 pm
by LongWolf
Zak
ek gooi pyle gereeld in 3d teikens en kan met n eerlike gemoed se Ek is glad nie te vinde vir lang afstand boog jag nie.
ek oefen op die 3d teikens tot op 60x tree maar jag die helfde van die afstand.
daar is net te veel wat kan skeefloop vir my op langafstand met n boog.
die ander faktor van baan vs jag Is op die baan kan jy aanpas vir natuurs omstandighede en wind en en en - by die jag nie, as jy gekwes het ............you get the point.
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:36 pm
by Jakkalsgat
Zack
Ek persoonlik dink hierdie is 'n "popcorn" en coke "topic" wat jy oopmaak maar hier is my gevoel en glo ek daar is iemand wat met my gaan verskil.
Ek dink dit is doodgebore as jy kyk na 'n pyl se trajek op 30, 40 en 50m dink ek nie dat daar enigsins 'n manier is dat jy kan slaankrag behou met 'n boog op hierdie afstand nie om nie eers te praat van akkuraatheid nie aangesien jy die dier amper van bo af sal moet doodskiet. Is daar 'n boog met genoeg ponde om 'n pyl met die soort van gewig wat jy nodig het om 'n dier te dood op 120m nog genoeg te kan dryf. Ek dink net daar is heeltemal te veel wat verkeerd kan gaan met so 'n pyl maar ek is oop vir oortuiging.
Groete
Jaco
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:41 pm
by Gerhard
Jaco,
Moenie n 70# boog se dood maak vermoe onderskat nie.
Daar is meer as genoeg energie in n 450gr pyl om op 100m deur n gemsbok te fluit wat plank dwars staan.
As ek n balon op 80 yards kan pop skoot vir skoot skiet ek akkuraat genoeg om n blesbok grote wild se vitals raak te skiet op die selfde afstand.
Daar is baie bokke wat al op die afstand geskiet is.
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:47 pm
by SV MAD (Henk)
Jaco, ek het verlede jaar n bwb bul geskiet op 60m na ek hom vir 5ure gestalk het. Dit wasdie naaste wat ek aan hom kon kom. Ek het dubbel longskoot geskiet, en my pyl het passthrough gekry en nog weg tot vandag toe. So ja, vndag se boee dink ek het meer as genoeg slaankrag. As dit naby 100m gaan kan dit nogsteeds werk, mits jy dan 80-100pond skiet. Onthou net dat die pyl lekker swaar moet wees om nie so vinnig sy spoed te verloor nie (hoe swaarder, hoe stadiger verloor hy spoed vergeleke met ligte pyl).
Bygese, ek het geoefen tot op 90jards voor die tyd en ek het geweet ek kan die skoot skiet.
Sal ek weer die skoot skiet? Ja, ek ken my toerusting en het vertroue in myself. Maar ek stem saam dat die afstand wat meeste mense jag met boee is 30m max.
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:49 pm
by Zack Benade
Thanks my ou vriend. Dankie vir jou antwoord.
Daar is manne wat met sukses tot verder as 120m jag met die boog. Ek weet van tradisionele skuts wat op 80m jag. Almal met "one shot kills"
Om jou 'n bietjie te laat dink.
Op 90 meter skiet die top boogskuts in Suid Afrika gemaklik 6 - 8" of kleiner op 'n mooi windstil dag.
Wat is die gemiddelde groeping van 'n langafstand gweerjagter op 800m?
Jaco,
Moenie n 70# boog se dood maak vermoe onderskat nie.
Daar is meer as genoeg energie in n 450gr pyl om op 100m deur n gemsbok te fluit wat plank dwars staan./quote
Morne ons vriend het vanjaar met 72pond dwarsdeur sy buffel geskiet.
Ek sal ook hier geld of eerder 'n 1/4 opsit

Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:51 pm
by Jakkalsgat
Gerhard
Dankie, ek hoor jou en is daar in die ou dae verder skote akkuraat geskiet. Jy vir een kan en ek glo hier is nog paar manne wat kan op 80m ballonne pop, hoekom dan nie maar kom ons se 'n skoot vat op 70 to 75m op 'n bok nie want onthou nou jy het reeds gese dat die slaankrag en akkuraatheid daar is?
Ek luister graag.
Groete
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 3:59 pm
by Gerhard
Jaco,
As die pyl in die lig is kan daar baie gebeur voor die pyl tref.
As voorbeeld...
Ek het n vriend gehelp om een middag n springbok ram met af oor te jag met die geweer...
Hy het die skoot op 45 yards plank dwars gevat en toe die pyl loop kom die bok se kop om blad te lek en die pyl tref hom op die kop en skiet die spiere af op die oor.
Dit was 45 yards...
Wat van 70 yards waar n bok twee tree kan stap voor impak en n dubbel long skoot n pens skoot word...
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 4:04 pm
by Jakkalsgat
Gerhard
Dankie, vir interresantheid, wat is die spoed waarteen die pyl trek?
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 4:08 pm
by Gerhard
Jakkalsgat wrote:Gerhard
Dankie, vir interresantheid, wat is die spoed waarteen die pyl trek?
Dit hang af van boog tot boog en jagter tot jagter.
My jag pyle skiet ek teen 310fps.
Die pyl se gewig is 450gr en die boog is 72#
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 4:15 pm
by Zack Benade
Jaco
Is 'n pyl se trajek op 70m nie dieselfde as 'n Koeel sin op 1000m nie? Onthou 'n gemiddelde pyl se spoed is ongeveer 95m/sec.
Ek dink die invalshoek van 'n pyl op 70M is dieselfde as 'n koeel op 1000M.
Waar is die wiskundige manne?
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 4:23 pm
by LongWolf
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 4:25 pm
by Jakkalsgat
Gerhard
Dankie
Henk
Baie geluk met jou bok, waar is jou fotos?
SV MAD (Henk) wrote:
Dit was die naaste wat ek aan hom kon kom.
Bygese, ek het geoefen tot op 90jards voor die tyd en ek het geweet ek kan die skoot skiet.
Het jy voor die tyd geweet jy gaan nie naby kom nie of hoekom het jy op die afstande geoefen?
SV MAD (Henk) wrote:
As dit naby 100m gaan kan dit nogsteeds werk, mits jy dan 80-100pond skiet. Onthou net dat die pyl lekker swaar moet wees om nie so vinnig sy spoed te verloor nie
Het jy dalk 'n idee wat die spoed van die pyl is net voor impak? Kan dit gemeet word?
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 4:29 pm
by Jakkalsgat
Zack
Nie 'n idee nie maar dit voel net vir my dit moet met 'n gradeboog gemeet word as mens na gewig en spoed kyk.
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 5:37 pm
by SV MAD (Henk)
Jaco, sal more foto post van bwb wat Ek geskiet het.
nee wat, Ek oefen maar so ver Ek kan. Vorm is alles in boogskiet, hoe verder ny skiet hoe meer kan jy probleme Sien. Ek oefen enige iets tussen 40 en 80m zodat dk kan zien als is reg, met bhs ook aan. Zit gee jou net gemoedsrus as jy so n sloot moet vat.
My vraag is, op 80m, wat sal die afname in spoed wees tussen n pyl soos Gerhard wat 450gr teen 310fps, of n stadige zwaar pyl soos 775gr teen 260fps. Wat sal afname wees in KE en momentum tussen 2 pyle as mens lang afstands wil skiet?
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 6:38 pm
by egenis
Mmm 30m - 50m weet ek is my limit. Sal nie kans vat op langer afstand nie. Op teiken ja - want hy bly stil staan maar 'n bok-ding beweeg...
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 7:05 pm
by LUAN
Ekt gehoor van n vlakvark wat vinnig omgeswaai het met die fluit van die pyl dat hy toe op sy anderkant getref is. Vlakvark se reaksietyd is 0.2sek so dink net hoe ver hy sal weg wees op langer afstande?
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 8:01 pm
by Zack Benade
My vraag is, op 80m, wat sal die afname in spoed wees tussen n pyl soos Gerhard wat 450gr teen 310fps, of n stadige zwaar pyl soos 775gr teen 260fps. Wat sal afname wees in KE en momentum tussen 2 pyle as mens lang afstands wil skiet?
Ek is 'n leek maar hier is dit soos ek dink.
Ek sal nie baie omgee oor KE en momentum nie maar eerder aan 'n platter trajek wat die pyl 100% by sy teiken gaan uitbring. 'n Klein deursnee broadhead wat minder windsensitief is maar beslis nie 'n expandable broadhead nie.
FOC is vir my baie belangrik as afstand 'n faktor begin word want die wind gaan ook pla.
Die pyl van 400-500gr sal meer geskik wees vir die langer skote op gemiddelde grote wild. Veral by langafstand boogjag is die regte afstand jou eerste prioriteit. Dit moet 100% reg wees.
Swaarder pyle soos in die 700-800gr klas word by groter diere (dikker vel en been struktuur) gebruik. Hulle word meestal op korter afstande geskiet. As jy 'n akkurate sight type vir 'n 700-800 grein pyl wil kry vir tot 80m gaan dit darem baie lank wees. Jy het twee leniale nodig.
Ek weet 'n goeie gewig vir die groter diere is so 450-550gr as daar oor 'n lang afstand geskiet gaan word.
Ek kan vir jou "Archery Advantage" gee wat al jou vrae sal beantwoord aangande spoed, Sight types en KE. Jy het ongelukkig twee sight settings op twee verskillende afstande nodig.(by een op 20 en een op 80m)
As ek 'n langafstand jagter was sou ek die regte pyl gewig op Archery Advantage uitgewerk het wat die regte trajek, FOC,spoed en KE op my eie persoonlike maksimum skiet afstand sou gee. Die regte trajek sal vir my 'n baie hoe proriteit gewees het aangesien 1 yard 'n paar duim kan wees op 80m. Ek sou my minder aan KE en momentum gesteur het want die eerste reel vir my is om 100% raak te skiet.
Re: Langafstand Boogjag in Suid Afrika
Posted: Wed Apr 17, 2013 8:36 pm
by Gerhard
Zack Benade wrote:My vraag is, op 80m, wat sal die afname in spoed wees tussen n pyl soos Gerhard wat 450gr teen 310fps, of n stadige zwaar pyl soos 775gr teen 260fps. Wat sal afname wees in KE en momentum tussen 2 pyle as mens lang afstands wil skiet?
Ek is 'n leek maar hier is dit soos ek dink.
Ek sal nie baie omgee oor KE en momentum nie maar eerder aan 'n platter trajek wat die pyl 100% by sy teiken gaan uitbring. 'n Klein deursnee broadhead wat minder windsensitief is maar beslis nie 'n expandable broadhead nie.
FOC is vir my baie belangrik as afstand 'n faktor begin word want die wind gaan ook pla.
Die pyl van 400-500gr sal meer geskik wees vir die langer skote op gemiddelde grote wild. Veral by langafstand boogjag is die regte afstand jou eerste prioriteit. Dit moet 100% reg wees.
Swaarder pyle soos in die 700-800gr klas word by groter diere (dikker vel en been struktuur) gebruik. Hulle word meestal op korter afstande geskiet. As jy 'n akkurate sight type vir 'n 700-800 grein pyl wil kry vir tot 80m gaan dit darem baie lank wees. Jy het twee leniale nodig.
Ek weet 'n goeie gewig vir die groter diere is so 450-550gr as daar oor 'n lang afstand geskiet gaan word.
Ek kan vir jou "Archery Advantage" gee wat al jou vrae sal beantwoord aangande spoed, Sight types en KE. Jy het ongelukkig twee sight settings op twee verskillende afstande nodig.(by een op 20 en een op 80m)
As ek 'n langafstand jagter was sou ek die regte pyl gewig op Archery Advantage uitgewerk het wat die regte trajek, FOC,spoed en KE op my eie persoonlike maksimum skiet afstand sou gee. Die regte trajek sal vir my 'n baie hoe proriteit gewees het aangesien 1 yard 'n paar duim kan wees op 80m. Ek sou my minder aan KE en momentum gesteur het want die eerste reel vir my is om 100% raak te skiet.
Goeie antwoord...
Gelukkig as ek geoefen is kap ek die balonne op 80 yards met 450gr pyle sonder sukkel.
Sou dit seker reg kry met 300gr pyle ook.
Of met 750gr pyle uit my 90# Tribute...
Die risiko van kwes op n lang afstand skoot is legio...
Sodra die pyl di snaar verlaat het jy nie meer invloed oor waar die impak gaan wees nie...
30 yards op bokke soos rooibok en n vlakvark is al ver...
My les geleer op my enigste vlakvark met die boog op 45 yards ...