[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1823: Undefined array key 243
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1823: Undefined array key 243
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on value of type null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
JARACAL • anealing masjien
Page 1 of 1

anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 12:01 am
by baboonstalker
Ek het vir my 'n anealing masjien ontwerp wat effens verskil van die modelle wat tans bekikbaar is. My masjien verhit een dop op 'n slag terwyl dit in die vlam roteer.
Is daar 'n behoefte vir die tipe gadgets plaaslik en sou enige van julle belangstel in so 'n masjien?

My prototipe kort nog 'n basis plaat en klamp vir die gasvlam, maar die meganisme funksioneer goed. Spoed kan gestel word.
Image

Hier is 'n video (jammer vir die selfoon kwaliteit)

http://s261.photobucket.com/albums/ii62/zoeper/?action=view&current=14092010.mp4

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 6:33 am
by DSBW
Ek sal belangstel ja, maar wat kos dit?

Dawie

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 7:39 am
by Piet Breedt
Wat koel die doppe af nadat hulle deur die vlam was, en waar sal die vlam wees op die voorbeeld? As die vlam op die port sit net voor die een wat die dop laat uitval, dan kan mens hom seker in koue water laat val as hy aanbeweeg na die volgende een. Is die tyd verstelbaar wat die dop onderhewig is aan verwarming?

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 8:18 am
by Beyers
BAboonstalker
Moenie vir 'n Suid Afrikaner 'n prentjie wys en vertel dat die ding baie duur is nie. Ons maak hom sommer self. Mooi so
Beyers

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 8:29 am
by baboonstalker
Beyers, ek is ook 'n Suid Afrikaner, en hier is myne wat ek sommer self gemaak het!  ;D

Piet,  Jy sit jou doppe op tussen 4uur en 9 uur, Die vlam is aan die linkerkant (9uur) op die foto.Die oomblik as die dop uit die vlam beweeg begin hy self afkoel en ek dink nie dit is nodig om hom in water te dompel nie. Tussen 9uur en 3uur(waar hy uitval) het die dop tyd om in lug af te koel voor hy in jou houer val.
Hy is ten volle verstelbaar vir tyd in die vlam. (+- 6-18 sekondes)

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 9:16 am
by Beyers
Sal interessant wees om met tempilac te toets of jy die regte temperatuur kry.

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 9:21 am
by Jagtersdok
Baboon

Baie nice masjien, maar ek dink die proses van dompel in die water is juis nodig.

Met yster en staal as jy dit verhit en vinnig afkoel verhard die materiaal, maar met brass is dit anders om. Jy maak dit sagter deur vinnig af te koel, waar braas verhard as dit stadig afkoel of deur "work hardening". Dit is maar wat ek orals gelees het oor die metalurgiese proses

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 9:35 am
by baboonstalker
Neels,

Sov?r ek weet het die afkoel geen efek op die kristalstruktuur van die brass nie. Mense dompel dit slegs om te verhoed dat die hitte verder deur die dop versprei. Deur tempilac onder nie skouer aan te sit weet jy presies wanneer die skouer by die kritieke temperatuur is vir die struktuur om te begin verander en anealing plaas te vind. As jy dit op die oomblik uit die vlam verwyder sal die dop onmiddelik begin afkoel. Selfs al versprei die hitte dan verder teen die dop af, sal dit steeds nie bo die kritieke temperatuur gaan nie en geen verandering(anealing) sal laer af in die dop gebeur nie.
Ek sal verder oplees oor die proses, en as dit nodig is kan ek 'n ekstra poort sny vir die manne wat verkies om te dompel.
Die lekkerte van die masjien is dat as jy eers die "timing" reg het, jy nie weer tempilac hoef te gebruik nie.

(O- ja, ek is die "stalker", die bobbejaan is die een voor die loop) ;D
Pieter

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 11:21 am
by tafjak
Bekruiper(die ou agter die bobbejaan)

Sal nogal wil weet hoe v?r die projek is, kan nog die een uit die buiteland stop as joune nie te v?r van klaar is nie. Prys?

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 12:18 pm
by baboonstalker
Tafjak,

My prototipe sal later vandag heltemaal klaar wees. As mense belangstel sal ek teen die einde van die maand nog 5 kan maak. Ek sit die prys op sodra ek klaar gebou en uitgewerk het.

Die ou agter die geweer, maar voor die bo'jaan

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 4:52 pm
by 243Songdaug
Baboonstalker.

Laat weet wat die prys sal wees - ek sal beslis belangstel.

Net een vraag:  Laat die masjien ook die doppies geleidelik roteer soos hulle draai - sso die Ken Light masjien?  Dit gaan veroorsaak dat die vlam die doppie regrondom bykom.

O ja, jy is heel reg brass raak sagter agv die verhitting - die afkoel het nie veel daarmee te doen nie.

Groete.
Jaco.

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 5:59 pm
by baboonstalker
Ja Jaco, die doppie draai in die rondte terwyl hy in die vlam is, maar die wiel met doppe staan elke keer stil sodat net een dop op 'n slag in die vlam is.
Pieter

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 6:53 pm
by Piet Breedt
Pieter, ek het n hele batch doppe opgevoeter met my eerste probeerslag van anealing. Oom Kassie en Hercules Louw het my vertel dat die dop te veel hitte gekry het laer af in die dop alhoewel ek met Tempilac gewerk het, sowat 2mm vanaf die skouer van die dop.

Ek het die vlam net op die nek gerig, maar hy was blykbaar te warm alhoewel ek hom dadelik verwyder het as die Tempilac verkleur het.

Ek het erge "case seperation" ondervind, en al die doppe het morsaf gekraak so 15mm vanaf die agterkant.

Ek gebruik nou n baie kleiner vlam en het gelukkig nog nie weer n fout gemaak.

Re: anealing masjien

Posted: Wed Sep 15, 2010 7:00 pm
by 243Songdaug
Piet.

Lees bietjie die stuk wat Termanator oor sy Ken Light skryf, daarin noem hy 'n belangrike ding wat BAIE reg is.  Ons oorverhit ons doppe, al wat nodig is is dat die dop se kleur verander dan drop jy hom.

Glo my hy is reg, dit werk nogal so.

Groete.
Jaco

Re: anealing masjien

Posted: Thu Sep 16, 2010 7:37 am
by boeta
Manne

Verskoon my maar ek is baie dom met die herlaai goete,hoekom aneal julle die doppe.

Boeta

Re: anealing masjien

Posted: Thu Sep 16, 2010 8:47 am
by baboonstalker
Boeta,

Kyk na hierdie link. Hulle verduidelik die hele gedoente in detail.
http://www.6mmbr.com/annealing.html


Pieter

Re: anealing masjien

Posted: Thu Sep 16, 2010 9:30 am
by 243Songdaug
M?re Boeta.

Nie dom nie nog net onkundig.

Soos 'n mens die doppe skiet en herlaai rek en krimp hulle natuurlik met die gevolg dat hulle geleidelik harder raak en op die einde van die dag skeur die doppe.  Gewoonlik in die nekarea.

Soos die dop harder raak verander die necktension wat die dop op die punt het ook natuurlik ook en dit veroorsaak dat die wapen minder akkuraat kan skiet, want die tension verskil van dop tot dop.

Dus anneal ons die doppe om hul lewensduur te verleng en ons bevorder dus ook akkuraatheid.

'n Baie eenvoudige proses wat jou lekker kan laat sukkel as jy nie die regte ondersteuning of opleiding het nie.

Groete.
Jaco

Re: anealing masjien

Posted: Thu Sep 16, 2010 9:39 am
by Jagtersdok
Pieter

Vrek nice artikel. Ek het nou daar gesien wat hy s? dat die vinnig afkoel nie 'n verskil maak nie. Ek dink dan daai masjien van jou gaan heel bakgat werk.

Het jy al 'n prys op hom?

Re: anealing masjien

Posted: Thu Sep 16, 2010 9:58 am
by boeta
Ai dankie manne,nou weet ek ook iets by.

Boeta

Re: anealing masjien

Posted: Thu Sep 16, 2010 9:03 pm
by KSV
Boeta,

Die slegding van herlaai is hoe meer jy weet hoe meer tools het jy nodig!

Hein

Re: anealing masjien

Posted: Fri Sep 17, 2010 7:21 am
by boeta
KSV

Daai het ek nogal agter gekom,en die goed werk mos soos n vrou,die eendag werk alles mooi en die volgende dag kry jy niks reg met die goete nie,maar dit bly maar leker

boeta

Re: anealing masjien

Posted: Sun Sep 19, 2010 6:56 pm
by Christo
baboonstalker wrote: Ek het vir my 'n anealing masjien ontwerp wat effens verskil van die modelle wat tans bekikbaar is. My masjien verhit een dop op 'n slag terwyl dit in die vlam roteer.
Is daar 'n behoefte vir die tipe gadgets plaaslik en sou enige van julle belangstel in so 'n masjien?

My prototipe kort nog 'n basis plaat en klamp vir die gasvlam, maar die meganisme funksioneer goed. Spoed kan gestel word.
Image

Hier is 'n video (jammer vir die selfoon kwaliteit)

http://s261.photobucket.com/albums/ii62/zoeper/?action=view&current=14092010.mp4



Ek het hom gister sien werk by die wynlandskiet. Nogals impressive,

Die man het die vermo? om die tipe goed te maak.

Re: anealing masjien

Posted: Mon Sep 20, 2010 11:11 pm
by baboonstalker
Safari and outdoor sal voortaan die alleenverspreider van die masjien in SA wees.
Die manne wat reeds aangedui het dat hulle belangstel kan my kontak en ek sal hulle nog kan voorsien.
Pieter - 02334 43183/ 082 9545 830/ gokinetix {at} telkomsa.net
Safari and outdoor (John of Hendrik) - 086 111 4330
Hier is die voltooide produk in aksie op 243 doppe
http://www.youtube.com/watch?v=GxXm1RNWjC4&feature=channel

en so lyk hy nou:
Image

Re: anealing masjien

Posted: Tue Sep 21, 2010 9:24 am
by tafjak
Stalker

Gelukkig is ek 'n Zimbabwi?r.