Leeftyd van herlaaibare batterye
Posted: Wed Sep 15, 2010 11:57 am
Ek gebruik nou al 'n paar jaar 'n hele paar van die GP herlaaibare batterye in virskillende grotes. Ek het ook twee ander handelsmerke wat ek gebruik.
'n Tydjie terug merk ek toe op dat twee van die AAA batterytjies (een GP en een van die ander handelsmerke) lyk of dit aangeslaan is by die positiewe pool.
Ek het die batterye in my jag broek se sak vergeet en dit is gewas met batterye en al. Daar was, as ek reg onthou omtrent vier batterytjies in die was en net twee was aangeslaan. Die positiewe pole was effens skurf en ek vermoed dit was as gevolg van die waspoeier/natigheid. Ek het my nie veel aan die batterye gesteur nie en dit probeer herlaai. Dit is toe dat ek agter kom die spesifieke twee batterye wil nie laai nie.
My charger (ENERGIZER) het 'n LED wat aandui dat die batterye laai en wat uitdoof as die batterye vol gelaai is. Nadat ek die batterye se koppe glad geskuur het sodat hulle maksimum kontak kan maak, het hulle gelaai. Die GP battaerytjie wil egter nou van niks weet na daai eerste sessie nie, terwyl die ander een wel laai. Ek kan nie dink dat die wassery die batterye se werking sal verniettig nie.
My batterye is al so oud dat van hulle se plastiek omhulsel besig is om af te kom, maar hulle lewer nog dieselfde diens as altyd. Ek sukkel glad nie met die AA batterye nie.
Nou wil ek weet of daar van julle manne is wat kan raad gee?
1. Is dit moontlik dat herlaaibare batterye ook kan "lek" soos die nie-herlaaibare batterye?
2. Bou hierdie GP herlaaibare batterye ook 'n "geheue" op? Ouens het nou al vir my gese dat dit die geval is, maar die projure saam met die
batterye praat niks daarvan nie, of anders het ek dit mis gelees. Ek kan self ook nog nie agterkom dat hulle 'n geheue opbou nie.
Manne soos Taffie, Tomcat ens. wat die batterye daagliks gebruik behoort te weet hoe lank hulle hou. Laat weet assebkief manne. Eksal dit waardeer.
Groete
Caller