Page 1 of 1
Diens van Musgrave grendel
Posted: Mon Apr 22, 2013 3:19 pm
by JohanP
Dagsê.
Ek wiul graag my Musgrave .308 Model90 se grendel oopmaak en skoonmaak.
Die probleem is ek het geen idee hoe om dit oop te maak nie.
Ek heg fotos aan van die grendel. EK het die foto van die internet af gekry. My grendel is identies.
Julle sal dalk kan raad gee.
Baie dankie vir die hulp
Re: Diens van Musgrave grendel
Posted: Mon Apr 22, 2013 9:40 pm
by mariusr
Het die selfde slot op my 30 06 maar is te bang en weet ook nie hoe ? Netnou spring daar iets los en jy soek dan die kamer vol na die, nee wat vat na die geweer manne toe het so met myne gemaak paar jaar terug!! Meeste wat ek nou doen is blaas met kompress air en gooi bietjie olie een mal per jaar!
Re: Diens van Musgrave grendel
Posted: Mon Apr 22, 2013 9:49 pm
by Giepie
My 375 se grendel lyk ook so, maar van Vektor. Sal ook graag wil weet.
Re: Diens van Musgrave grendel
Posted: Wed May 01, 2013 10:29 pm
by JohanP
EK begin wonder..... Waarom het ons nog nie ñ antwoorde gekry nie? Is daar nie ñ antwoord nie, en is ons op ons eie?
Re: Diens van Musgrave grendel
Posted: Thu May 02, 2013 7:39 am
by swc-tr
Maak seker die geweer en magasyn is ontlaai!!!
Maak grendel toe, sit veiligheidsknip (links agter op grendel) op die eerste (middelste) knippie.
Haal grendel nou uit die geweer, draai die agterste gedeelte (wat die veiligheidsknip bevat) anti-kloksgewys.
Dan kom die hele slagpen meganisme uit die slot.
Re: Diens van Musgrave grendel
Posted: Sat May 11, 2013 3:21 pm
by Daan Els
Die advies is korrek. Maak asb net seker jy haal nie toevallig die slagpen van "veilig" af nie. Die slagpen sal vorentoe spring. Indien dit gebeur, haak die haan aan bv die kant van n bankskroef en trek die slagpen terug totdat die veiligheidsknip gemaklik swaai na die middelste posisie soos toe jy hom van die grendel geskei het.
Daar is werkilk min om te diens en n goeie skoonmaak en bietjie olie op bewegende dele sal genoeg wees. "Less is better" wanneer ons olie by n geweer gebruik, net genoeg, dit is al!
Maak seker die haanhulsv"cocking piece" is weer reg terug geskroef in die grendel. Indien hy skeef staan, gaan hy jou kolf , ens , lelik krap.
Groete
Daan
Re: Diens van Musgrave grendel
Posted: Sat May 18, 2013 9:11 pm
by Charles.308
Wanneer en na hoeveel jare moet aksie /slagpen gestrip word en skoon maak word?????
Re: Diens van Musgrave grendel
Posted: Sat May 18, 2013 9:16 pm
by tripodmvr
Ek sou sê ten minste jaarliks voor jy die jagveld betree.
Re: Diens van Musgrave grendel
Posted: Sat May 18, 2013 9:24 pm
by mariusr
Ek sal weer se so elke paar jaar hang natuurilk af hoeveel jy skiet as jy veertig skote skiet per jaar glo ek nie dis nodig behalwe so druppell olie per jaar vir die veer en mooii afvee!
Re: Diens van Musgrave grendel
Posted: Sat May 18, 2013 9:33 pm
by Charles.308
Ek stuur seker so 300 patrone per jaar em moet bieg het nog nooit slot /slagpen gestrip en skoon gemaak nie(Musgrave RSA geweer),so wat julle se is dat ek sal moet plan maak en doen,ek weet julle verduidelik hier bo ,maar is maklik om te strip of eerder vat na gunsmith.Ek is erg oor my geweer en hoe nie daarvan om aan iets te krap wat nie juik nie!
Re: Diens van Musgrave grendel
Posted: Sat May 18, 2013 9:38 pm
by Daan Els
Charles,
Altyd beter om wapensmid te besoek, tensy jy die moed bymekaar skraap en self probeer, maar n man moet weet wat jy doen, ons weet tog dat vuurwapens maar sensitief kan wees as n mens .......soos jy se......krap waar dit nie jeuk nie.
Re: Diens van Musgrave grendel
Posted: Sun May 19, 2013 8:07 pm
by Charles.308
Oom Daan ek hom gestrip gekry,presies soos julle verduidelik het,ek was verbaas hoe maklik dit is.
Dankie vir inligting
Re: Diens van Musgrave grendel
Posted: Sun May 19, 2013 8:36 pm
by Daan Els
Mooi, ek is bly as dinge uitwerk!
Maak seker jy sit hom weer dieselfde terug!
Groete
Daan