Page 1 of 1

165/150gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 2:32 pm
by Hennie van der Merwe
Hi almal,

Met diè dat Barnes koeëls eers volgende maand SA toe kom, het ek besluit op 165gr Hornady GMX's.
Die herlaai data is redelik skraps hiervoor, tensy mens die Sonchem boekie gebruik en Barnes se data gebruik, aangesien hulle redelik naby mekaar is...ek dink.

Het enige van julle werkbare data? Wat is die maksimum spoed tov die GMX, of bly dit vas per die sonchem boekie, ongeag die koeël?

Dankie vir die hulp.

Groete,
Hennie

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 2:55 pm
by Carl
Hennie
Hierdie is wat ek gekry het van Marius.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 165+gr+gmx
My voorstel - begin by 48gr S355 en gaan op in 1 grein inkremente met maks spoed van 2850 as boonste perk - dit behoort nie maks druk te oorskry nie. Kyk waar jy beste groep kry en verskaf die ladings met spoed en groepgrootte. Nou kan mens met QL begin bereken na 'n vaste punt toe.

Ek het gemiddeld van 2665 gekry met die 48gr S355 - lot is bietjie stadig glo 009 05. Akkuraatheid was goed, maar wisselvallig. Die GMX is nie presies soos Barnes X in Somchem se boekie nie, volgens Hornady is dit = normale koeels. Dit het egter 'n langer draevlak so druk is hoër.

Die 150gr is 'n beter koeel vir die 30-06. As die 165 vir jou werk ek het 38 koeels vir jou.

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 3:01 pm
by Hennie van der Merwe
Thanks Carl.
Nog nie die koeels gekoop nie.
Hoekom sê jy is die 150gr beter? Ek het nog nie besluit watter gryn ek gaan gebruik nie.
Ek is wel 'n groot voorstander van 150gr Barnes TTSX.

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 3:06 pm
by Carl
Hennie,
Dit gaan maar oor die lengte van die koeels. Daai 165gr is laank en ek dink dit was dalk my probleem met akkuraatheid.
Hoor wat ek sê ek het al snyers geskiet op 100m so die probleem kan op 'n ander plek wees. En ek het nie die data in QL gesit nie.

Ek skiet nou 150gr GS Customs wat mooi werk. Die 300 WM manne skiet die 165greine. Johan Reyneke skiet ook die in sy 30-06. Dalk kan hy help met QL ook, druk.
Watter geweer het jy, looplengte? Doppe en volume?

EN jy gaan sukkel om 150's te kry.

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 3:14 pm
by Hennie van der Merwe
Ek het n Brno 30-06, 24" loop. Dink dis 1/10 draai. Winchester doppe, maar weet nie wat die volume is nie.
Camdix het 150gr GMX.

Ek skiet baan met die 180gr Hornady SST en hulle groeppeer mooi, daarom dat ek die GMX oorweeg (in afwesigheid van Barnes)

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 3:21 pm
by Carl
As Camdix het dan is dit reg. Dan kan jy Somchem se inligting vir minimum - maksimum ladings gebruik. Hornady se website
* Compatible with conventional reloading data

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 3:34 pm
by FCLoretz
Hennie,

Ek het nou onlangs 150gr GMX gekoop. Die 165gr is bietjie lank, dit is hoekom ek 150gr gekoop het. Ek gaan Saterdag eerste keer baan toe met hulle. Maar ek laai 55gr S365 in winchester doppe.

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 3:41 pm
by Hennie van der Merwe
Thanks Frederick.
Gaan dan die 150gr koop en try.

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 3:45 pm
by FCLoretz
As jy tot na die naweek wil wag vir laai data kan ek jou beter help met dit.

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 3:50 pm
by Hennie van der Merwe
Gatjeuk is 'n las wat ek swaar dra...ek hou hierdie thread fyn dop Frederick, fyn sê ek jou :-)
Gaan in elk geval solank die 150's koop.

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 3:59 pm
by Johan Reyneke
Hennie

Ek het ook aanvanklik met laasjaar met 165gr geskiet, maar gaan ook nou oorgaan 150gr toe. Die redes is maar die lengte van die koeel. Hy moet te ver in die dop indruk wat jou baie kruit spasie laat verloor.

Ek het nog nie lading gedoen op dit vir my geweer nie, maar wel op my seun se 308. Die 150 loop baie mooi.

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 4:01 pm
by Hennie van der Merwe
Thanks johan.
Baie ouens op die internet kla dat die GMX nie mooi omklink teen laer spoed nie. Het jy dit al ervaar?

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 4:12 pm
by Johan Reyneke
Ek het my 165gr so 2780fps geskiet.

Ek het laas jaar 'n blouwildebees geskiet(blad) met die 165gr op so 150m, en geen probleem gehad nie. Ek kon nie koeel herwin nie maar die wondkanaal was redelik wat vir my aandui dat dit moes omgeklink het. My dogter het 'n gemsbok(blad) op 180m geskiet en dit was dieselfde gewees.

Ek skiet normaal nooit verder as 200m meter nie. Ek weet ook hier is ander lede wat GMX baie goed praat, soos Ludwig oa.

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 4:13 pm
by FCLoretz
Johan Reyneke wrote: Ek weet ook hier is ander lede wat GMX baie goed praat, soos Ludwig oa.
Ludwig jag eksklusief met die die GMX uit sy 300wm

Re: 165Gr GMX / 3006 herlaai data benodig

Posted: Tue Apr 23, 2013 4:17 pm
by Hennie van der Merwe
Dankie Johan. Tusen Carl, Frederick, jouself en Ludwig is ek nou oortuig dat die 150gr die hoed vir Sannie is.