Page 1 of 2

Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 10:29 am
by Celesti@NiteCoreSA
Goeie more manne

Ek het nooit besef waarvoor mens altyd jou sak mes gebruik nie - 'n goeie sak mes is net soos 'n goeie flits. Jy weet nooit jy het hom nodig tot jy hom by jou begin dra nie. (So se hubby Louis) So is jy ook een van die manne wat jou betroubare klein mes by jou dra reliously?

Indien wel vertel ons vir interesante dinge wat jy vandag jou mes voor gebruik het

Byvoorbeeld, ek en Louis het gisteraand 'n boek in Exclusive Books in Menlyn (met toestemming) oop gesny sonder om die boek te beskadig. Ek het nooit gedink mens sal 'n sak mes daarvoor gebruik nie :o so vertel ons jou storie...

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 10:58 am
by Hugo
CAble tie vAn n pakkie af gesny in n meeting.

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 11:00 am
by PWV
Skaam om vir jou te vertel wat ek alles met 'n sakmes kan doen. :-[ :-[

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 11:00 am
by Freek
Celesti, 'n man sonder 'n mes... is soos 'n Foxpro sonder baterye - dit werk nie. 'n Man sny mos gereeld aan iets.

Myne word aangewend vir die volgende:
1. Biltong kerf
2. Braaivleis pakke oop sny
3. Toetsnit op braaivleis rooster om te sien of die vleis gaar is (braai omtrend elke dag)
3. Keel af sny (bokke)
4. Wire stripper
5. Groente skil en sny (kombuis)
6. Bokse oop sny
7. Toue afsny
8. Salami sny
9. Kaas sny
10. Blik oopmaker
11. Slagwerk
12. Sakke oopsny
13. As my dogter die eerste boyfriend by die huis aanbring, sal hy natuurlik ook voorgestel word aan my mes en gewaarsku word om sy hande tuis te hou. Die knipmens mog hier aangewend word as 'n moontlike kastrasie tool.
14. Skroewe draaier (wanneer nodig)

Het darrem al vanoggend myne gebruik om onder my vinger naals skoon te krap... 8)

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 11:01 am
by KC
Ek gaan nou nou n blik S365 se binne "welsh plug" oop/af karring met myne.

So biedjie herlaai vir more

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 11:02 am
by FCLoretz
ek het biltong met sakmes geeet vandag.

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 11:07 am
by gillie
Boks haelgeweer ammo oopgesny... ;D

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 11:09 am
by Freek
Boks haelgeweer ammo oopgesny...
Ja nee, hier is nou 'n sprekende voorbeeld - 'n man met 'n mes, hou nie van sukkel nie.

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 11:20 am
by Chris Swart
The man that said "A dog is a man's best friend"
Clearly never had a good knife...

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 11:33 am
by Ockert1992
Bokse oop gesny en tou gesny by werk.

'n Goeie sak mes kom altyd handig te pas. Dra myne elke dag by my. Hy moet altyd lekker skerp wees nie. Min dinge wat my so moeilik maak soos 'n stomp mes.

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 11:33 am
by Chris Swart
Ek dra al van ek 12 is elke dag 'n knipmes aan my, ek het die afgelope 19 jaar presies drie keer my mes by die huis gelos behalwe op die paar geleenthede wat ek op 'n vlegtuig was. Ek het selfs voor die kansel gestaan met 'n mes in my sak (Ja laat kom maar die grappe)
Ek beskou myself as half-aangetrek as ek nie my mes en beursie aan my het nie

Ek kan eerlikwaar sê daar gaan nie 'n dag verby wat ek nie 'n mes nodig kry nie.
Ek sny gereeld bokse oop, maak pos oop, sny toue of cable ties...
Ek Sny heeltemal te min biltong...

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 12:08 pm
by Tarzan
As Leatherman geld as sakmes, dan loop ek nie die oggend uit sonder hom nie! Sou ek agterbkom ek het hom agtergelos, draai ek maar by voorbaat om om hom te gaan haal, want ek gaan hom nodig kry!

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 12:25 pm
by Gerhard
My knipmes het vir die laaste paar weke nie gewerk nie.

Hy het op die plaas uit geval maar die jong het hom op getel toe hy beeste skuif tussen kampe.

Maar het vanaand weer my mes terug.

My leatherman staan intussen in vir alles wat oop gesny moet word.

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 12:42 pm
by BenG
Freek wrote:Celesti, 'n man sonder 'n mes... is soos 'n Foxpro sonder baterye - dit werk nie. 'n Man sny mos gereeld aan iets.

Myne word aangewend vir die volgende:
1. Biltong kerf
2. Braaivleis pakke oop sny
3. Toetsnit op braaivleis rooster om te sien of die vleis gaar is (braai omtrend elke dag)
3. Keel af sny (bokke)
4. Wire stripper
5. Groente skil en sny (kombuis)
6. Bokse oop sny
7. Toue afsny
8. Salami sny
9. Kaas sny
10. Blik oopmaker
11. Slagwerk
12. Sakke oopsny
13. As my dogter die eerste boyfriend by die huis aanbring, sal hy natuurlik ook voorgestel word aan my mes en gewaarsku word om sy hande tuis te hou. Die knipmens mog hier aangewend word as 'n moontlike kastrasie tool.
14. Skroewe draaier (wanneer nodig)

Het darrem al vanoggend myne gebruik om onder my vinger naals skoon te krap... 8)

Alles met dieselfde mes? >:D

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 12:43 pm
by Chris Swart
BenG wrote:

Hoekom nie?!?!

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 12:49 pm
by BenG
Chris Swart wrote:

Kan net dink hoe geurig heerlik daai stukkie tjop is wat jy van die vuur af sny met die mes wat jy vanmore jou naels mee skoon gemaak het.

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 12:59 pm
by JTM
Ek het myne gebruik om 'n data kabel na van my toerusting te bewerk en tans eet ek 'n stukkie oorskiet steak uit my kosblik met sy hulp.

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 1:37 pm
by Freek
BenG... moenie worry nie, as ek en jy saam braai sal ek nie vir jou sê ek het naels skoon gemaak nie. Wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie.

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 2:24 pm
by Lourens Potgieter
So 20 jaar terug was ons by Hartenbos met vakansie, saam my ouers. Ons ry vir die dag Mosselbaai toe, by daai groot vlooimark....daar was 'n man met klomp messe wat hy self aanmekaar slaan....ek en my pa kyk daarna en stap toe aan....ek stap na so 20 minute terug, daar was 'n knipmes met een lem wat my oog gevang het....ek knyp oë toe en betaal die R500....daai tyd was dit BAIE geld vir my, maar jaar of wat gewerk.....elk geval, wys my pa die mes, hy hou ook daarvan en ons stap terug...daar was net een.......

Die mes is elke dag in my pa se sak....het nog nie weer een gekoop nie want ek het nie weer een gekry wat my oog so vang soos daai een nie...en ek wil nie weet wat daai tipe custom mes deesdae kos nie!!!Seker in die omgewing van Stephen se messe...eina!

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 2:26 pm
by Lourens Potgieter
Ek het R50 cheapies wat in my viskas lê...sal seker eendag die mes by my pa terug kry!

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 2:31 pm
by Riaan Beeslaar
Die volgende goed moet jy oor seker maak voordat jy die huis in die oggend verlaat,
Specticals
Testicals
Paybook
and pass
en natuurlik 'n goeie sakmes

Groete
Riaan

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 2:37 pm
by BenG
Freek wrote:BenG... moenie worry nie, as ek en jy saam braai sal ek nie vir jou sê ek het naels skoon gemaak nie. Wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie.

Hehe. Ook waar.

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 2:50 pm
by Beretta
Die maklikste is dra 2 messe. Jy moet altyd n Swiss Army knive of rooi mes in een van jou sakke dra waarde vir geld moet nog gemaak word.
Beretta
Ns wat ek wou sny op hierdie goeie dag word as kroon wild beskou ;D ;D ;D

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 3:10 pm
by Johan JvR
Myne sommer gou met die cutting torch skoongebrand en toe die een werker uitgehelp met 'n besnydenis...

...grappie..

Re: Waarvoor het jy jou sak mes vandag gebruik?

Posted: Fri May 03, 2013 3:47 pm
by BenG
Nee sies Johan, ons werk hier met kos!