Page 1 of 2

Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Fri May 03, 2013 6:29 pm
by Carl
Oornag tariewe jagter R330/nag
Nie-jagter R300/nag

Slegs wild op jaglys mag gejag word, dit beteken jagters mag nie skote afvuur op ander diere bv jakkalse, slange of ape.

Blouwildebees bul /koei R3000
Rooihartebees bul R4000
Rooibok ram <24” R1000
Rooibokram >24” R1200

Vlakvark R650

Koedoe<45” R6,000
Koedoe <50” R9,000
Koedoe>50” R12,000
Koedoe prys volgens horinglengte. (My skoonpa wil eintlik nie koedoes laat skiet nie. ;) )

Gidse sal voorsien word, R110 per dag.
Afslag van bok R100 na normale werksure.
Koelkamer en slaggeriewe (ingesluit)
Geen jag vanaf voertuie word toegelaat nie.

25 Km vanaf Rustenburg,
Ideaal vir gesinsnaweke
Selfsorg chalets
Groot skerm TV+DSTV
Braaigeriewe
Navrae en besprekings:
Piet Nul 83265882 Drie
Julle kan hier kyk na die geriewe en die wild. http://www.biki-bini-bos.com/

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Tue May 28, 2013 1:45 pm
by Shakes
Middag manne,

Was verlede naweek vir die tweede keer by BIKI-BINI-BOS, uitstekende naweek gehad saam met die familie en vriende.

Wil net weereens vir oom Piet baie dankie se vir puik gasvryheid en 'n baie lekker jag.

Die wild is volop en lekker dik, ons het 3 rooibokke en 'n vark gekry waarvan 2 rooibokke oor die 24" was en almal bo 35 kg uitgeslag het insluitende die "unicorn".
DSC04986.jpg

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Tue May 28, 2013 2:00 pm
by Carl
Ja Shakes daar was 'n paar mooi rooibokke. Geluk ook aan manne wat met goeie jag en skiet werk die plaaseienaar se guns gewen het.
Ou een horing was lekker vet.
https://lh6.googleusercontent.com/-DatlED4_3k4/UaMGecGF1gI/AAAAAAAAEeQ/XKrjnZr4CNc/w597-h800-no/IMG-20130524-00776.jpg

Ek het nie die foto maar Shakes se rooie het my springbok ramme na Skieppertjies laat lyk.
https://lh3.googleusercontent.com/-XKIVGAY77bQ/UaMGesjcjsI/AAAAAAAAEeM/_i8wXaiCleg/w600-h800-no/IMG-20130524-00779.jpg

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Tue May 28, 2013 2:52 pm
by gillie
Welkom terug Carl, hoe het laasweek afgeloop.

Ek bedinges myself sommer oor die rooibok fotos :'( . Welgedaan Shakes en kie.

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Tue May 28, 2013 3:32 pm
by Spanner
Daai pofadder is klaar gestop jong, jy moet hom net altwee kante toebind en hom op die kole gooi !
Baie mooi bokke daai, fantastiese goeie kondisie.

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Wed May 29, 2013 7:24 am
by Carl
Gillie,
Ek wag vir so paar fotos van pelle, weer niks self geneem nie. 4 Mooi Springbokke gekry ;)

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Tue Dec 09, 2014 8:13 am
by Jakes73
Carl,

Het julle al die pryse vir 2015? Ek's opsoek na jag plek vir 3-4 (4-5 jagters) gesinne vir volgende jaar. Stuur asb aan jserfont at cisco dot com.

Groete
Jaco

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Tue Dec 09, 2014 8:19 am
by Smitstertjies
Hi Carl, ek stel ook belang in jag daar by julle vir volgende jaar.

Dankie

Martin

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Tue Dec 09, 2014 8:35 am
by PWV
Carl wrote:Geen jag vanaf voertuie word toegelaat nie.

25 Km vanaf Rustenburg,
Ideaal vir gesinsnaweke
Selfsorg chalets
Groot skerm TV+DSTV
Braaigeriewe
Navrae en besprekings:
Piet Nul 83265882 Drie
Julle kan hier kyk na die geriewe en die wild. http://www.biki-bini-bos.com/
DISKRIMINASIE! Of het julle nie bakkies op die plaas nie? ???

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Tue Dec 09, 2014 6:30 pm
by Carl
Hallo. Ek sal more pryse aanstuur.

Oom Pieter ons doen ook voorsit jag. Want die bakkies is vol water en hondekos.

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Tue Dec 09, 2014 6:32 pm
by Smitstertjies
Baie dankie Carl . Stuur asb na broncospar@mweb.co.za

Groetnis

Martin

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Tue Dec 09, 2014 7:21 pm
by douw

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Wed Dec 10, 2014 8:13 am
by japievan
Stuur asb vir my ook die pryslys.

japie@dlvafrica dot co dot za

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Wed Dec 10, 2014 12:56 pm
by RUPERT
Dankie vir my ook asb

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Mon Dec 15, 2014 12:23 pm
by matewis
Ons is 3 gesinne wat biki bini bos gaan dv einde Junie 2015. Sien uit om die vrouens en kinders bloot te stel aan hierdie wonderlike voorreg wat ons het om ons passie in God se natuur uit te leef.

Carl, sal lekker wees om te ontmoet as jy kan.

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Mon Dec 15, 2014 3:26 pm
by Carl
Soos altyd sal dit lekker wees om saam te jag. Sal sien hoe werk my dinge uit. Besige tyd by die werk dis half jaar einde.

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Mon Dec 15, 2014 6:16 pm
by Fanta300
Pryslys vir my ook (asseblief). Fantie@mail.org

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Mon Dec 15, 2014 9:07 pm
by GERT vd M
STuur maar pryse asb gertvandmerwe@vodamail.co .za

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Fri Dec 19, 2014 7:19 pm
by Brombeer
Vir my ook asb.

Dankie

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Fri Dec 19, 2014 8:02 pm
by PWV
Hoekom moet die pryslys bestel word as dit op bladsy 1 gegee word?

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Fri Dec 19, 2014 8:40 pm
by matewis
Inflasie...

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Fri Dec 19, 2014 10:29 pm
by Fanta300
PWV wrote:Hoekom moet die pryslys bestel word as dit op bladsy 1 gegee word?

2013 is geskiedenis ::)

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Sun Dec 21, 2014 7:27 am
by Carl
Oom Pieter dis 'n ou draad die.

Ek sal pryse aanstuur as ek weer op die rekenaar is. In 2015.

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Sun Dec 21, 2014 9:16 am
by JohanvB
Oom Pieter...jy gaan maar 'n toon moet klap in die veld en 'n ligter geweer kry om mee te stap..

Sê jou wat..dra my 375 vir my...dan kan Oom so nou en dan 'n skoot vat..

Re: Jag naweke beskikbaar - BIKI-BINI-BOS

Posted: Sun Dec 21, 2014 5:34 pm
by PWV
JohanvB wrote:Oom Pieter...jy gaan maar 'n toon moet klap in die veld en 'n ligter geweer kry om mee te stap..

Sê jou wat..dra my 375 vir my...dan kan Oom so nou en dan 'n skoot vat..
Jy moet respekte betoon en nie op AVBOB se stoep speel nie! ;)