Page 1 of 1
Vinnige vel bewaring
Posted: Sun May 05, 2013 9:49 am
by Cobus(Cobb)
My volgende jagtrip het nie slaggeriewe en koelkamer nie, maar ek wil graag 'n mooi vel terugbring...gids kan en sal gou slag, maar dan moet karkas maar in trailer met vriesbottels en komberse....
Die vel sal ek dan gou in 'n emmer met 'n oplossing wil sit teen bakteria en toekomstige hairslip....
Het iemand vir my so resep.....water, sout, Dettol??
Ek luister
Cheers
Re: Vinnige vel bewaring
Posted: Sun May 05, 2013 10:53 am
by NEGE3
Cobus
Ek vat 'n sak growwe sout saam en gooi die vel in die son oop en gooi hom 'n dik laag sout laat hy al die vog trek. Dit het nog altyd vir my gewerk en het nog nooit skade gehad nie. Ek vat die vel natuurlik dadelik vir verwerking sodra ek by die huis is. Ek weet nie waarmee hulle dan met die vel verder behandel nie.
Ek het het velle wat al 20 jaar oud is en makeer niks.
Groete.
Re: Vinnige vel bewaring
Posted: Sun May 05, 2013 11:13 am
by Cobus(Cobb)
9...
Ja, ons maak ook so, maar diekeer is daar nie plek en tyd vir ooplĂȘ en sout nie...wil so 2 of 3 velle in 25liter drom kan sit en toemaak met die nodige oplossing...as ek tuis is later, dan weer oopvlek en sout..
Cheers
Re: Vinnige vel bewaring
Posted: Mon May 06, 2013 8:08 am
by afrikan
Hi Cobus,
Jy kan die vel as volg behandel;
Nadat die vel afgeslag is, was dit skoon (verwyder enige bloed en vleis). Gooi dan in drom wat die volgende oplossing in het - 10 liter water gemeng met 10 kg sout en 'n halwe koppie Dettol. Jy kan die vel on die drom vervoer en by die huis uithaal, oopgooi, sout en laat droog (verkieslik nie in die son nie). Moet nie die vel in 'n plastiek sak vervoer nie, die plastiek bevorder haar verlies.
Ek hoop dit help.
Groete
Pieter Swart (Afrikan)
Afrikan Tanning
Re: Vinnige vel bewaring
Posted: Mon May 06, 2013 8:24 am
by Beyers
Maak net seker dat die vel geen lug borrels het in die oplossing nie, waar daar lug is is daar plek vir bakteriee
Re: Vinnige vel bewaring
Posted: Mon May 06, 2013 10:14 am
by Cobus(Cobb)
Dankie manne,dis wat ek gesoek het.
Cheers