Page 1 of 1

Myl 14 Galjoen

Posted: Wed Oct 06, 2010 12:40 am
by Chucky
het nou eers op die ou foto afgekom.
het hom gevang dec 2008 die 27dec, dag na die kompetisie.

ek en my beste vriend het by myl 14 gaan kamp(onwettig), toe het ons heeldag goed gevang.
na midag tyd tel iets op en hardlop maar dit voel soos n groot vis met n kleinvis se mentaliteit, hy rattle dai 2 piece uitmekaar uit.

na so 10 min se spook toe het ek hom hier in die voorste brander gekry, waar ek kon sien dit n mooi steenbra en murphy's law daar spoeg hy die hoek uit,of iets het gebeur wat nie moet nie, en toe ek agterkom wat gebeur het toe staar ek na n kaal hoek en ek sien hom weer en duik, in die proses beland daar n paar penne in my arms en bors maar ek heti dit daai tyd gevoel nie. toe die brander terug trek toe staar ek na n monster galjoen.

die ou beer het so net onder 4kg geweeg.
apart van al  die pyn en moeite was hy regtig lekker gewees vir aandete.

het na hom weer n paar grotes by myl 14 gevang maar nie weer naby 4kg nie. net n paar 2kg en dis dit.

geniet dit manne as jou lyn nie in die water is nie kan jy nie n vis vang nie!

Image

groete
robert

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Wed Oct 06, 2010 8:19 am
by Raven
Chucky,
Baie mooi vis daai, ek weet Freddie101 gaan jaloers wees op daai ene.  ;)
Raves

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Wed Oct 06, 2010 8:37 am
by Louis102
Raven wrote: Chucky,
Baie mooi vis daai, ek weet Freddie101 gaan jaloers wees op daai ene.  ;)
Raves
Raves, het jy geweet "Yol Bolsin" beteken eintlik "Eet Galjoen"?  Freddie, het jy al 'n 108 DVD onder o? gehad?

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Wed Oct 06, 2010 8:39 am
by Louis102
Chucky

As 'n Galjoen so knop hier op die voorkop maak, dan is dit sommer 'n mooi Galjoen.  Mooi vis daai.

Louis

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Wed Oct 06, 2010 8:45 am
by namhunt
Chucky

Mooi vis, baie geluk. Ek soek nog so meneer.

Groete
Daan

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Wed Oct 06, 2010 8:49 am
by Raven
Louis102 wrote: .....het jy geweet "Yol Bolsin" beteken eintlik "Eet Galjoen"?
Nee glad nie, ek wou ook nie vra op darie stadium. Iets van Swart Balsem of Ouma medisyne het in my kop vasgesteek  ;D  ;D  ;D

Gelukkig is ek nog jonk genoeg om te leer  ;D

Raves

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Wed Oct 06, 2010 10:27 am
by Jeagermeister
Moet darem net nie die vis so VEEEEEEER voor jou uithou vir die foto nie...

is soos die manne wat Daar doeer agter die vark gaan sit en dan die foto neem, lyk amper of daai vark nie agterop 'n bakkie gaan pas nie..

Maar nogsteeds 'n meneer @ 4kg..

Stywe lyne..

DB

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Wed Oct 06, 2010 11:37 am
by Chucky
haha ja nee kyk as julle manne iewers om en by die 15de dec in swakop gaan wees kan ek jule die gat gaan wys anes oet ons sandwhich toe gaan ek het daar n plek waar ke nohg nie 1 dag trueg gekom het met minder as 20 galjoene nie. .

ek wet ibaie nie maar ek wet genoeg. ek het n paar plekke waar ek hulle kan vang maar by myl 98 is daar n plek net so 3 k na die witmossel strand waar mens mooi steenbras trek.  my ouma het al n 18kg en n 22 kg steenbra uitgetrek. .

so ja weskus het nog lewe, net nie so baie nie. . maar wi gaan di dec myl 108 toe ek wil samgan.  .

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Wed Oct 06, 2010 10:25 pm
by Nico de Jager
Jis Chucky
Geluk met jou mooi vis, ek sien in laasweek se koerant iemand het n galjoen van 6.2 kg by Danabaai naby George gevang. Dis iets om te sien, ek sal kyk of ek foto in die hande kan kry en opsit.
Groete
Ribbok

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Thu Oct 07, 2010 12:34 am
by Chucky
ja nee kyk dit is n moooi vis daai ek net so 1.2 kg kort.

maar daai is suid africa. . .ek is dambly namibia het ok nog lewe aan die kus.

durban, oh jinne waar begin ek. daai is die lekerste plek om te vang as jy n boot het. . .

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Thu Oct 07, 2010 1:54 pm
by Ooploop
Chucky

Dis n ''allemuntige'' Galjoen daardie!

Groete
Ooploop

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Thu Oct 07, 2010 4:17 pm
by Chucky
haha baie danki. . .dai ding was ryk gewees ek het vir die volgende week nie gaan visvang nie. . want by enige visvang plek is die toilette nie naby genoeg nie!!

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Wed Feb 02, 2011 10:41 am
by Hunter xxx
Baie mooi Galjoen

Hier is my bielie en nog so paar.

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Wed Feb 02, 2011 1:11 pm
by Monrique (SJ)
Hunter xxx

Lekker man

Jy was seker n tydjie besig om die outjies te vang as ek so na die wit drommetjie vol lee Tafel blikkies agterop die bakkie kyk?? ;D ;D ;D ;D

Groetnis
SJ

Re: Myl 14 Galjoen

Posted: Wed Feb 02, 2011 4:48 pm
by Hunter xxx
SJ

Jy weet mos dit is harde werk ;) Ek moet ook se die wit emmertjie is my sinker in. Maar nou ja. dit bly lekker.