Page 1 of 1
243win minimum doplengte
Posted: Tue May 14, 2013 9:19 pm
by vossie1
Naand manne,ek wil graag hoor wat is die absoluute minimum dop lengte vir die 243 win, en waneer trim n men's as dit klaar gevuur en geneck size is of voor jy dit Gefireform het? Ek sien maks lengte is 2.045 en min word as 2.035 gegee, sal dit moelikheid maak as jy korter as 2.035 gaan?
Dankie
Vossie
Re: 243win minimum doplengte
Posted: Tue May 14, 2013 9:23 pm
by TOKELOS
Vossie
Ek kan nie jou vraag beantwoord nie maar wil graag weet hoekom jy dit vra.
Vra jy dit omdat jou doppe korter is nog voor jy gesny het?
Myne is wel korter (ek praat nou van die doppe!)soos hul uit die pakkie kom
Re: 243win minimum doplengte
Posted: Tue May 14, 2013 9:35 pm
by vossie1
Tokelos ek sal hoop jy Praat van jou doppe

Man ek wil maar net weet want die 243 het al klaar so n kort nek,ek glo jou doppe sal langer word na jou eerste fire form,ek het gelees van ouens wat se doppe 2.025 is wil weet of dit n groot Verskil sal maak en of dit enigsins gevaarlik sal wees.
Re: 243win minimum doplengte
Posted: Wed May 15, 2013 6:37 am
by tripodmvr
'n Dop langer as die maks lengte kan voor in jou kamer vasgedruk word en ekstra spanning op jou koeël plaas. Dit word dus vasgeknyp en kan baie hoër drukke veroorsaak. Dit is 'n gevaarlike situasie en kan ook keer dat die patroon wil kamer. Met enige kaliber moet getoets word vir doplengte alvorens die dop herlaai word.