Page 1 of 1
Hulp met voorlaaiers
Posted: Wed May 15, 2013 9:29 am
by alecjohnson
Waar kan mens in die weskaap nuwe voorlaiers koop?
Wat kos die kruit per 500g/1kg
Watter bybehore is nodig vir 'n beginner?
Een van my kolegas wil graag een kry so enege hulp sal waardeer word.
Re: Hulp met voorlaaiers
Posted: Wed May 15, 2013 9:50 am
by LUAN
Watse tipe ou is hy? Jy kry moderne inline voorlaaiers wat scopes vat en met haelgeweer primers werk
Dan kry jy jou tradisionele voorlaaiers met lang lope oop visiere,peep sights, wat flintlocks gebruik vir ontsteking wat nie altyd afgaan. die tradisionele gewere het n stadige groefdraai wat meer geskik is vir balle skiet waar inline n stywer groefdraai het wat meer bedoel is vir sabbots skiet. Dit is duurder maar kan baie akuraat wees. Party is ook heel suksesvol met loodkoeels en baie min met loodballe.
Kruit vooraad is tans die grootste probleem om die goed te kan skiet. Ons hoop maar dinge verander en dat ons weer binnekort kruit kan he om baie te skeit.
Bybehore:
Powder flask
Powder funnel
Powder measure
Baie skoonmaak lappies(gebruik ou tee-shirts)
Laai stok
Short starter
Primers/percussion cap
Sannadex/buschalk/swiss/wano/regte swartkruit (Sannadex was op n tyd so R220/500g)
Koeels
Anti seize grease/copper slip (in die geval van n inline met breach plug)
Re: Hulp met voorlaaiers
Posted: Wed May 15, 2013 10:18 am
by alecjohnson
Dankie vir die vinnige reply. Hy soek verkieslik n voorlaaier wat n scope kan vat waarmee mens kan jag. Weet jy dalk of mens so iets in die wes-kaap kan koop en hoeveel so iets sal kos?
Re: Hulp met voorlaaiers
Posted: Wed May 15, 2013 10:25 am
by LUAN
Ek ken nou nie die winkels in die Wes kaap waar is julle gelee? Soek op guntree onder die voorlaaier afdeling daars altyd n klompie inlines beskikbaar. Dis hulle wat gewoonlik scopes vat. Kyk na Pedersoli rolling block .50cal
Traditions pursuit/vortek .50cal. ,CVA, Lyman Mustang, Tompson Center omega, impact
Re: Hulp met voorlaaiers
Posted: Wed May 15, 2013 10:30 am
by LUAN
Kyk na die een weet net nie of daai tasco scope nog heel is. Maar dis nie n slegte prys. Ouens wil nou ontslae word van die goed want jy moet nou n competency he vir die goed. Eks seker jy kan n winskopie raakloop.
http://www.guntree.co.za/component/list ... Itemid=152
Re: Hulp met voorlaaiers
Posted: Thu May 16, 2013 7:42 am
by Mars67
.303 gee goeie raad. As jy of jou vriend baie meer wil oplees oor voorlaaiers gaan kyk bietjie op
http://www.whitesmoke.co.za
Een fout wat nuwe belangstellendes maak is om te dink dat as jy 'n inline met 'n teleskoop op koop kan jy hom met "magnum" ladings in 'n moderne geweer verander sonder op te hoef te sukkel om 'n lisensie te kry. Dit is nie die geval nie. Hy bly 'n voorlaaier met jou beperkings op die afstand waaroor jy kan jag met hom. Jou koeƫl val baie meer en dit is daarom baie belangrik dat jy die trajek goed leer ken.
Re: Hulp met voorlaaiers
Posted: Thu May 16, 2013 7:59 am
by Hardyman
More Alec,
Hy kan ook bietjie gaan loer op
www.helber.co.za As ek reg is het hulle agente in die Kaap en kan hy n redelike verskeidenheid by hulle bestel.
Groetnis