Page 1 of 1
Soldeer van Haelgeweer rib
Posted: Mon Oct 11, 2010 6:59 pm
by Beyers
HELLLPPPP asb ek het 'n haelgeweer met 'n los rib.
Wie kan dit regmaak sonder om die geweer op te v...v...v...voeter
Beyers
Re: Soldeer van Haelgeweer rib
Posted: Mon Oct 11, 2010 9:05 pm
by Beretta
Beyers
Ek hoor die manne praat van Valley Arms in Wynberg JHB Bruce Wentzel.Of oom Ginger in PTA
Groete
Beretta
Re: Soldeer van Haelgeweer rib
Posted: Tue Oct 12, 2010 7:03 am
by Kruger
Weet nie of jou geweer 'n dubbelloop is nie, veral side by side. Dit is een ding om die rib terug te soldeer en iets heel anders om dit reg te doen by 'n dubbelloop. Deesdae word die regulering met laser gedoen maar vroeer jare is die lope half aanmekaar soldeer en dan geskiet om te kyk of beide lope op dieselfde plek skiet. Indien nie is hulle weer losgemaak, verstel en weer soldeer totdat beide op dieselfde plek skiet.
Indien jou geweer 'n side by side dubbelloop is sal jy dit in die hande van n kundige moet laat.
Re: Soldeer van Haelgeweer rib
Posted: Tue Oct 12, 2010 7:48 am
by Beyers
Dankie.
Enige kontak nommers asb