Page 1 of 1
Aantal musgraves
Posted: Sun May 26, 2013 8:29 am
by Charles.308
Hi
Weet iemand hoeveel Musgrave daar gebou was(naastenby)
Re: Aantal musgraves
Posted: Sun May 26, 2013 10:28 am
by NEGE3
Vanaf 1971 tot 1996. Moet verby 100,000 wees. Het op 'n tyd oor die 6000 per jaar gemaak.
Groete.
Re: Aantal musgraves
Posted: Sat Jun 01, 2013 9:45 pm
by Daan Els
Ek weet ongelukkig nie. Die laaste jare, 1992-1996 so om en by 2500pj + omtrent 4000 Musler haelgewere, sien die SAPS gebruik hul steeds. Pasmaak gewere seker so 10/maand. Lope, om en by 3500-5000.
Aantal werknemers was seker so +- 80. Musgrave hoofbestuurders was Trevor Musgrave, Maruis de Beer ( ook LIW se baas geword), Abie Koch & laaste, Johan vd Berg.
Musgrave was gereed vir die Amerikaanse mark, toe hulle om watter rede ookal, besluit het ons moet inskakel by LIW, wat ongelukkig nie die gevoel vir jaggewere gehad het nie. Die Amerikaanse mark was geskat op om en by 2000 Musgraves / maand, dit net aan versamelaars!
n Mooi toekoms het gewag!
Groete
Daan
Re: Aantal musgraves
Posted: Sat Jun 01, 2013 10:00 pm
by Daan Els
6000 is bietjie groot, ek dink lope is getel as aantal gewere omdat die loop gelisensieer was. Die SA wapenhandel was Musgrave glad nie goedgesind nie.......hoekom, omdat ons met belastingbetalers se geld befonds was......ongeag of ons wins gemaak het, asook die feit dat elke geweer se prys ad-valorum belasting van 20% ingesluit het, nogtans was ons in onguns. Uitvoere het al hoe meer belangriker geword en die era na 1994 was ons nie beskore. Net toe ons ernstig oor uitvoere begin raak het, is ons water en ligte afgesit in Nov 1996.
Met my terugkeer uit Europa in Okt 1996 was ons bestelboek reeds vol bestellings vir ons RSA, Mod90 en lope, selfs Blazer wou by ons lope bestel, het die voorreg gehad om n paar dae in hul fabriek te spandeer, so ook in Mannlicher & Swarovski! Ons was verskriklik opgewond......maar nou ja, die nuwe manne aan stuur by Denel het nou nie eintlik belanggestel in jag nie, en was hul besluit uitsluitlik emosioneel en ek waag om te noem, polities van aard......jag/boer/Afrikaner??
Hoef ek meer te se?
Hierdie is egter my beskeie opinie!
Groete,
Daan Els
Re: Aantal musgraves
Posted: Sun Jun 02, 2013 7:42 am
by Marc
Ek sal nogal saam stem Oom Daan, dis vrek hartseer

Re: Aantal musgraves
Posted: Mon Aug 19, 2013 3:04 pm
by Dries Skiet
Wat n ramp!!!!! Baie dankie vir die inligting, al maak dit n mens hartseer om te lees.