Page 1 of 1

308 Lyttelton RSA akkuraatheid

Posted: Sun May 26, 2013 4:01 pm
by Arno C
Hallo menere

Ek is nuut op die forum en graag die volgende met julle deel. Het verlede jaar my oorlede pa se 308 op my naam gekry en toe bietjie begin navorsing doen oor die geweer. Na die deur gaan van vele posts agter gekom dat dit die Lyt. RSA aksie moet wees. Die geweer se ser no is OB762V-155 gemerk Rep van Suid Afrika. Op die aksie is daar L - 155 gegraveer. Ek neem aan dit moet die Veld of die Vrystaat model wees. Hierdie geweer het nog die oorspronklike Weaver scope op van sy era.

Ek reken my pa het die geweer in die laat 70's of vroee 80's gekoop. My pa was nie n aktiewe jagter nie en het selde met die 308 geskiet. Hy meestal probleem diere met sy oopvisier 303 geskiet. Ek het die geweer goed skoon gemaak en na n geweersmid geneem om te toets en te kyk waar hy skiet. Tot sy verbasing was hy nog 100% in gewees. Skiet deur dieselfde gat op 100 meter met standaard PMP 150 gryn patrone. Ongelooflik inaggenome dat die geweer seker 20 jaar gelede n skoot geskiet. Ek het verlede week die eerste keer met hom gejag en het darem twee springbokke geskiet.

Net n nuwe scope opsit dan het ek 'n baie lekr jaggeweer.

Baie groete

Re: 308 Lyttelton RSA akkuraatheid

Posted: Sun May 26, 2013 5:17 pm
by Wismit
Hi Arno,

gaan kyk gou hier: http://jaracal.com/viewtopic.php?f=126&t=3367 en vertel ons bietjie meer van jou self.

W.S

Re: 308 Lyttelton RSA akkuraatheid

Posted: Sun May 26, 2013 8:08 pm
by Charles.308
Welkom Arno
Stuur n foto of 2 van die geweer

Re: 308 Lyttelton RSA akkuraatheid

Posted: Sun May 26, 2013 8:57 pm
by wlm
Arno
Jy het regtig 'n puik skiet-yeter in jou besit.

Re: 308 Lyttelton RSA akkuraatheid

Posted: Sun May 26, 2013 10:11 pm
by Hein M.
Arno C wrote:Hallo menere

Ek is nuut op die forum en graag die volgende met julle deel. Het verlede jaar my oorlede pa se 308 op my naam gekry en toe bietjie begin navorsing doen oor die geweer. Na die deur gaan van vele posts agter gekom dat dit die Lyt. RSA aksie moet wees. Die geweer se ser no is OB762V-155 gemerk Rep van Suid Afrika. Op die aksie is daar L - 155 gegraveer. Ek neem aan dit moet die Veld of die Vrystaat model wees. Hierdie geweer het nog die oorspronklike Weaver scope op van sy era.

Ek reken my pa het die geweer in die laat 70's of vroee 80's gekoop. My pa was nie n aktiewe jagter nie en het selde met die 308 geskiet. Hy meestal probleem diere met sy oopvisier 303 geskiet. Ek het die geweer goed skoon gemaak en na n geweersmid geneem om te toets en te kyk waar hy skiet. Tot sy verbasing was hy nog 100% in gewees. Skiet deur dieselfde gat op 100 meter met standaard PMP 150 gryn patrone. Ongelooflik inaggenome dat die geweer seker 20 jaar gelede n skoot geskiet. Ek het verlede week die eerste keer met hom gejag en het darem twee springbokke geskiet.

Net n nuwe scope opsit dan het ek 'n baie lekr jaggeweer.

Baie groete
;)

Welkom pel

Geluk! Jy het nou die beste "jaggeweer"! Meer akkuraat sal jy nie kry nie!

Moet net nie hierdie ou gun uitneem vir 'n "walk & stalk" nie -hy gaan jou doodmaak...

Hein M

Re: 308 Lyttelton RSA akkuraatheid

Posted: Mon May 27, 2013 12:29 am
by KalahariKlong
Baie lekker gewere en bitter akuraat as die manne wat hom aan mekaar gesit het hulle job geken het.
Ek het my beste of sal ek sê grootste geluk skoot nog met 'n lyttelton geskiet.

O ja en baie welkom hier by ons.

Groete
KK

Re: 308 Lyttelton RSA akkuraatheid

Posted: Tue May 28, 2013 8:57 pm
by Arno C
Nog fotos

Re: 308 Lyttelton RSA akkuraatheid

Posted: Tue May 28, 2013 9:03 pm
by Jaco Bezuidenhout
Arno,baie geluk met n puik roer. Ek wag vir my 243 RSA Littleton President model se liksens,ook nog met n ou Weaver scope op. Het die roer dadelik gekoop toe ek hom sien. Groete Jaco

Re: 308 Lyttelton RSA akkuraatheid

Posted: Fri May 31, 2013 9:07 pm
by Daan Els
Hi Arno,
Beslis die Vrystaat veld model. Soos die manne reeds genoem het, besit jy n stukkie Afrikana. Hierdie was sekerlik die eerste jaggewere wat deur Musgrave fabriek vervaardig was. Slotaksie en loop vanaf LIW, by Musgrave aanmekaar gesit en die kolf is deur Musgrave gemaak. Die Musgrave familie, Oom Ben, Trevor & Bennie het n groot rol gespeel in die ontwerp.
Geniet hom,
Daan

Re: 308 Lyttelton RSA akkuraatheid

Posted: Mon Sep 09, 2013 6:33 pm
by johneiman
hi, ek het twee gewere gebou op hierde aksies, baie akkuraat, wil n derde een bou maar benodig n extrator , kan jy my dalk help

Re: 308 Lyttelton RSA akkuraatheid

Posted: Mon Sep 09, 2013 8:34 pm
by DawieKotze
Arno - soos die manne gesê het - dis sommer 'n baie lekker roer daai. Wat akuraatheid betref, sit ek hom in enige klas rakgeweer wat jy vandag kan koop. Pas hom op en hy sal jou vriekaste vol hou! Snaaks hoe baie ou Musgraves die Weaver scopes op gehad het. Het self een gehad met so "TV screen"

Groete

Dawie