Page 1 of 1

Groen/swart lens.

Posted: Tue May 28, 2013 6:29 pm
by Roberto
Hello manne

Ek's opsoek na 'n groen/swart lens vir 'n 170mm Night Stalker en ek weet nie waar om te soek nie.As iemand my dalk kan help sal ek baie bly wees.

Re: Groen/swart lens.

Posted: Wed May 29, 2013 7:45 am
by Dawid
Roberto,

Jy behoort dit te kan kry by die mense by wie jy jou Nite stalker gekoop het en indien nie bestel dit direk van die verskaffer...Die swart lens neem ek aan is jou IR lens.
Hoop jy kom reg

Re: Groen/swart lens.

Posted: Wed May 29, 2013 8:06 am
by Roberto
Dawid

Ek bly hier in die Noord-Kaap se platteland,hier is nie eintlik verskaffers nie,as jy my dalk kan help met waar ek sal kan bestel sal ek bly wees.

Re: Groen/swart lens.

Posted: Wed May 29, 2013 8:14 am
by Gerhard
Verduidelik bietjie hoekom jy n groen en n IR lens soek asb?

thanks,

Re: Groen/swart lens.

Posted: Wed May 29, 2013 12:32 pm
by Dawid
Roberto,

Het jou ge PM

Re: Groen/swart lens.

Posted: Wed May 29, 2013 6:06 pm
by basie
Roberto

Het so twee weke terug so swart filter vir die 170 Lightforce by Kloppers in Bloem gesien. Weet nie of hy op die Nitestalker sal pas nie. Hulle is vrek duur.

Basie

Re: Groen/swart lens.

Posted: Thu May 30, 2013 9:55 am
by Roberto
Ek sit met baie skelm jakkalse wat redelik ligsku is,ek gebruik tans rooilens en 'n dimmer.Nou wil ek 'n proef maak met groen en swart(hulle sien ek is net bitter duur) om te kyk of dinge nie dalk beter gaan nie.Ek verstaan die groen is vir diere met ligsensitiewe oe.So terloops ek is in die Vosburg omgewing.

Re: Groen/swart lens.

Posted: Thu May 30, 2013 9:57 am
by Roberto
Dawid

As jy die goed getoets het laat weet my asb.Ek is in die Vosburg omgewing.

Re: Groen/swart lens.

Posted: Thu May 30, 2013 10:02 am
by Gerhard
Roberto,

Het jy al dag roep probeer?

Dis meeste van die tyd goeie medisyne vir lig sku jakkalse

Re: Groen/swart lens.

Posted: Thu May 30, 2013 4:03 pm
by basie
Roberto

Soos ek verstaan het jy infrarooi nagsig toerusting nodig saam met die swart/infrarooi filter. Jy kan niks sien met die blote oog nie.

Mooiloop
Basie

Re: Groen/swart lens.

Posted: Fri May 31, 2013 9:09 am
by Roberto
Basie
Baie dankie ou maat ek het heltyd oor dit gewonder,nou weet ek ook hoekom daai lens so vrek duur is.Baie dankie vir die info.

Roberto

Re: Groen/swart lens.

Posted: Fri May 31, 2013 9:11 am
by Roberto
Gerhard

Ja ek het dagroepe al probeer sonder enige sukses,die terein is hopeloos te plat met geen wegkruipplek nie.Ek het al tot bo in 'n windpomp gesit en met die foxpro probeer roep maar ek het nie reggekom nie.

Roberto