Page 1 of 1
U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Sat Oct 16, 2010 12:44 pm
by B C
Die ding lyk baie oulik, hanteerbaar en bekostigbaar. Het iemand hom al beproef en vergelyk met ander roep toerusting. Ek moet 'n roeper kry, maar wil net eenkeer koop.
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Sat Oct 16, 2010 5:21 pm
by Raven
B C wrote:
Ek moet 'n roeper kry, maar wil net eenkeer koop.
Raven
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Sat Oct 16, 2010 6:19 pm
by Dawie
B C wrote:
Ek moet 'n roeper kry, maar wil net eenkeer koop.
Foxpro FIRESTORM
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Sun Oct 17, 2010 8:58 am
by Freddie101
Dawie
Vertel bietjie meer oor firestorm. Weet jy het iewers iets daaroor geskryf. Kan jy die klanke se name ook op remote sien? Hoeveel klanke en prys?
Groete Freddie
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Sun Oct 17, 2010 9:31 am
by Dawie
Hallo Freddie
Ek die ding laasnaweek vir die eerste keer aanskou. Hendrik het hom van S&O af saamgebring stickertjie het ges? R4500 as ek reg onthou. Hy vat 200 klanke en jy kan die name oppie remote sien.
http://www.gofoxpro.com/products/digital_calls/product_firestorm.php
en dan het hy nog die Foxbang ding ook
http://www.gofoxpro.com/foxbang.php
Hy sal ook meer volume h? as die Spitfire vir daai winderige jagte.
Hmmmm oulik n?!
Kojak
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Wed Nov 24, 2010 12:25 pm
by Pit
Het iemand al die U-Remote Caller(R800) beproef? Sal ook graag objektiewe opinies wil h?. Ons weet die Foxpro's is goed en bekend. Die vraag is og die U-remote bruikbaar is vir iemand wat nie elke dag skiet nie en net die nodigste wil h
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Wed Nov 24, 2010 12:36 pm
by Stefan764
Hallo Pit. Welkom op die Forum.
Die u-Remote caller is by JJ Wapens beskikbaar tee R1495 as ek die SA Jagter reg lees...
As jy wil raad he oor die roeper, Freek het noudie aand lekker sukses met hom gehad (Sien OTA4 post)
Ek weet die manne hier is FoxPro bedinges....
Groete
Stefan
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Wed Nov 24, 2010 1:15 pm
by Pit
Dankie Stefan. Wat is OTA4 post, hoe vind ek dit?
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Wed Nov 24, 2010 1:22 pm
by Geno
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Wed Nov 24, 2010 1:53 pm
by WOLF
Manne
Ons het by n vorige posts baie gesels oor verskillende roepers.Die kort en lank is dat daar vlg my geen probleme opgeduik het met enige foxpro nie.Ek self het daai fury(wat baaaaie duur is)maar het nog geen probleme met hom gehad nie.Het ook maar met ander roepers begin met baie probleme en onmiddelik van hulle ontslae geraak.Een roeper het sommer die plaaslike radiostasie opgevang. :-*Wat die battery lewe betref uitstekend.Ek bebruik ag 2700 herlaaibare batterye wat met gemak drie aande hou.Ek het nog n stel wat ek saamry as ek langer uitgaan.Francois het die foxbang ook verduidelik,maar ek hou sommer vir "baklei of stress"reg as gaan skiet.
WOLF
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Wed Nov 24, 2010 2:46 pm
by BLOK
BC lees hier wat se oom Freek van die U_Caller
Blok.
Manne, gisteraand 'n interesante stukkie apparaat in my hande gehad. Meeste van ons is bekend met FOXPRO en Tewis Van Outshoorn roepers. Waarvan FOXPRO die mees gewildste onder Jaracal geledere is.
Soos genoem met my post op OTAIV het ek 'n nuweling tot die bedryf saam met my gehad tydens die jag gisteraand. Ek het slegs my FOXPRO SPITFIRE roeper saam geneem as back-up v?rder was ons uit gewees met slegs Gideon se volledige jag uitrusting. Die man het bel? in 'n U-Caller as sy roep apparaat.
Enige iemand hier rond bekend met 'n U-Caller?
Wel om die minste te s?, ek was aangenaam veras. Nadat Gideon sy roep CD van Heinrich Funck ontvang het, het hy 8 klanke op sy nuwe roeper gelaai (die maksimum wat op die roeper gelaai kan word). Nou kyk ek was ook aanvanklik skepties oor slegs die 8 klanke - maar as ons mooi gaan dink, hoeveel verskillende klanke gebruik mens regtig tydens so 'n aand uitstappie? Ek gebruik nie sommer meer as 5 nie.
Die U-Caller werk min of meer op die selfde beginsel as die FOXPRO. Klanke word op roeper gelaai en daarna word die klank beskrywings oor gelaai op die remote. So wanneer jy roep, selekteer jy die klank op die remote en dit speel dan direk van die roeper af. Die U-CALLER se remote het ongelukig nie so 'n fancy screen soos die SPITFIRE nie, maar jou klanke is genommer van 1 tot 8 op die remote en jy kies slegs die nommer om jou klank te speel.
Alhoewel die U-Caller op min of meer die selfde beginsel as die FOXPRO werk, beweeg dit in 'n mark klas van sy eie. Hierdie produk is 'n baie meer ekonomiese alternatief teenoor wat mens vir 'n FOXPRO sou betaal en bied slegs die basiese "features". Ek is nie 100% seker nie maar ek dink hy word in Ierland gebou. Klank suiwerheid is baie goed en ons het gevind dat die roeper to op 100m gemaklik opvang. Teen R1495 vir die roeper is dit myns insiens 'n baie goeie alternatiewe opsie vir nuwelinge wat die jakkals roep ding wil toets of wie se begroting dood eenvoudig nie 'n FOXPRO of 'n Tewis kan bekostig nie.
Ons het gisteraand goeie sukses met die U-CALLER behaal en ek is oortuig daarvan dat in die regte hande kan hy dodelik op Vlekkie wees.
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Sun Dec 19, 2010 9:12 pm
by B C
Dankie BLOK, ek het toe besluit om die kans te vat en die U-Caller gekoop. Ek was nog net een aand uit, maar hy het my nogal beindruk, behalwe dat jakkie nie sy opwagting gemaak het nie, maar ek sal hom een van die aande aankeer. Ek het die roeper so 90 tree van my af gesit en as jy die remote se knoppie druk reageer hy dadelik, sou hom net graag bietjie harder wou he, maar jakkie hoor seker beter as ek.
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Tue Dec 28, 2010 4:40 am
by Stefan764

manne die foxpro spitfire kos hier net R1400... As ek net plek en nog geld oorgehad het...
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Tue Dec 28, 2010 7:27 pm
by immelmanw
FOXPRO SPITFIRE - NOU IN STOCK R1950.00 incl
SAFARI & OUTDOOR
willem@safariandoutdoor.co.za
086 111 4330
Groete
Willem
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Mon Jan 10, 2011 1:05 pm
by Freek
Genade maar nou drop die pryse skierlik. Die goed herhinner my aan selfone. Jare terug toe die Gauteng oorbelle uit gekom het was hulle pryse verwoed en namate die opposisie meer op die bus klim en tegnologie goedkoper word het die pryse so geval dat elke man op straat 'n selfoon dra.
Teen die pryse het niemand 'n verskoning om nie in 'n Spitfiretjie te bel? nie.
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Mon Jan 10, 2011 1:32 pm
by BLOK
Stefan
Waar is "hier" want teen daai prys sal ek n laat kers geskenk kan bekostig.
Blok.
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Tue Jan 11, 2011 8:22 am
by Stefan764
BLOKKA
Daai prys is in die BassProShop in Las Vegas... As ek nou so mooi kyk is hy nie meer so goedkoop nie... Dai vliegkaartjie doner my hele average op van "goedkoop-koop"
Stef
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Tue Jan 11, 2011 8:35 am
by BLOK
Stefan
Hoe seer maak jou nou n kind se hart, neman kersoupa kan nie persente belowe en dan nie gee nie.
Blok
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Sun Sep 25, 2011 10:54 pm
by Piet Breedt
Die Spitfire was heelweek op special vir R 1600.00 By Safari& Outdoor. Hy is nou weer op na R 1950.00 toe wat nogsteeds n baie goeie prys is. Ek het van my Spitfire opgradeer na die nuwe Wildfire, maar is klaar half spyt.
Die Wildfire is baie oulik met die wat hy 200 klanke kan hou, n recall funksie het wat met die druk van n knoppie die vorige klank speel, en dan nog 2 x klanke wat jy vooraf kies kan speel, ook met n druk van n knoppie. Hy het ook n baie oulikke funksie wat hulle die Foxbang noem. Dit is n klank wat jy vooraf kies, en as jy se maar n haas klank speel, en daar hom 2 x jakke in, en as die skoot afgaan speel hy dadelik Jakkals Distress as jy hom so gestel het, en kry jy moontlik kans om die 2de een te skiet.
Hy het ook 10 verstellings op sy klank, maar is maar net so hard as wat die Spitfire was.
Die remote werk baie maklik, en wys 6 opvolgende klanke se name, maar dit is hier waar die moeilikheid inkom. Ek kan nie die klanke lees al wil ek. Hulle is net te klein vir my ou o? in die nag. Nou moet die naby kyk bril ook saamgaan.
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Mon Nov 21, 2011 6:36 pm
by B C
Ek het toe die U-remote caller gekoop en wat sy vermoe aanbetref vir die agt klanke wat jy kan oplaai en dat hy maklik op 100m opvang het ek nie probleme nie, MAAR soos ek nou ondervinding opgedoen het loop 'n aand nie altyd soos jy beplan nie. Elke klank werk nie elke aand nie, wat vanaand werk werk nie more nie, of jy ry 'n nes raak of 'n jong klomp wat saam met mammie leer jag, dan is jou agt klanke vinnig te min en wil jy vinnig 'n spesifieke roep kry. Jy kan al jou klanke op die Foxpro laai en met die leesbare remote vinnig kry wat jy soek sonder om perongeluk die verkeerde knoppie te druk omdat adrenalien maak dat jy nie lekker onthou watter nommer is watter klank nie. Koop maar eenmaal die FOXPRO.

Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Mon Nov 21, 2011 10:05 pm
by Arno Pienaar
Piet. As ek mag vra waar het jy die wildfire gekoop en vir hoeveel ?
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Mon Nov 21, 2011 10:44 pm
by immelmanw
PIET HET BY - SAFARI & OUTDOOR - GEKOOP
WILDFIRE
R3000
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Tue Nov 22, 2011 1:24 am
by Dawid
Re: U- Remote caller van JJ Wapens
Posted: Thu Nov 24, 2011 4:51 pm
by Piet Breedt
Kyk my opst op Foxpro Wildfire Toets