Page 1 of 1
Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Sun Jun 02, 2013 7:50 pm
by Johan Nel
Manne,
Het iemand 'n resep vir 'n geskikte olie vir messlyp. Ek gebruik 'n Lansky stel vir al my slypwerk en moet nou weer olie kry, toe wonder ek oor selfmeng. Ek onthou ek het iewers gelees van 'n mengsel met huishoudelike olie en parafien?
Groete,
JHN
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Sun Jun 02, 2013 7:54 pm
by tripodmvr
'n Baie goedkoper en minder morsige middel is Sunlight vloeibare opwasseep. Die smeermiddel moet die yster wegneem en in suspensie hou. Die seep in sy onverdunde vorm vervul die rol baie goed. Jou mes word ook sommer gewas terwyl jy hom skerp kry.
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Sun Jun 02, 2013 7:58 pm
by NEGE3
Dankie vir die raad. Moet ook juis weer olie aankoop. Gaan dit probeer.
Groete.
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Sun Jun 02, 2013 9:34 pm
by Johan Nel
Dankie tripod,
Ek gaan dit nou-nou sommer uitprobeer om te sien hoe dit werk. Ek wil egter graag 'n olie gebaseerde slypolie mengsel ook kry. As daar manne is met so 'n reseppie, laat weet asseblief.
Groete,
JHN
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Sun Jun 02, 2013 10:38 pm
by tripodmvr
Dink jy gaan die olie weggooi as jy sien hoe mooi die seep werk. Die seep vervoer ook beter synde dit nie alles kontamineer as dit per ongeluk uitlek nie. Geoliede brood en ander kos proe nie lekker nie.
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Sun Jun 02, 2013 11:25 pm
by Pappabeer
Ek gebruik olyfolie al vir jare. Dit werk goed op die lansky. Mengsel van baba olie en arnica werk ook. Ek het dit anderdag gevat toe die koskas leeg was. Nog n voordeel van n physioterapeut vrou...
Weet daar is ook n mix met automatic transmisie olie, maar nie seker wat bykom nie.
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Mon Jun 03, 2013 12:15 pm
by Johan Nel
tripodmvr wrote:Dink jy gaan die olie weggooi as jy sien hoe mooi die seep werk. Die seep vervoer ook beter synde dit nie alles kontamineer as dit per ongeluk uitlek nie. Geoliede brood en ander kos proe nie lekker nie.
Ek het toe nooit gisteraand hierby uitgekom nie, ek wil vanaand gou twee messe slyp. Seep word ook gebruik om noupassende pype te koppel,(PVC) so dit maak sin. Ek laat weet julle hoe ek dit ervaar het.
Groete,
JHN
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Mon Jun 03, 2013 12:23 pm
by VdWalt
Hierdie is nou net op gewone stene?
Diamant kry nie olie nie, né?
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Mon Jun 03, 2013 12:24 pm
by Johan Nel
VdWalt wrote:Hierdie is nou net op gewone stene?
Diamant kry nie olie nie, né?
Dis korrek ja, met diamantstene gebruik mens water.
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Mon Jun 03, 2013 12:37 pm
by Geno
tripodmvr wrote:Dink jy gaan die olie weggooi as jy sien hoe mooi die seep werk. Die seep vervoer ook beter synde dit nie alles kontamineer as dit per ongeluk uitlek nie. Geoliede brood en ander kos proe nie lekker nie.
Brood en seep is ook nie lekker nie.
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Mon Jun 03, 2013 12:45 pm
by tripodmvr
Brood en seep is ook nie lekker nie.[/quote]
Gewag vir julle slimjanne. Seep gaan jou laat borrels poep, maar darem nie sommer laat vrek nie.
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Mon Jun 03, 2013 1:04 pm
by FHM
Pappabeer wrote:Ek gebruik olyfolie al vir jare. Dit werk goed op die lansky. Mengsel van baba olie en arnica werk ook. Ek het dit anderdag gevat toe die koskas leeg was. Nog n voordeel van n physioterapeut vrou...
Weet daar is ook n mix met automatic transmisie olie, maar nie seker wat bykom nie.
Die een ken ek, my oorle pa het dit vir jare gebruik op sy oliesteen

Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Mon Jun 03, 2013 2:22 pm
by Johan Nel
tripodmvr wrote:Brood en seep is ook nie lekker nie.
Gewag vir julle slimjanne. Seep gaan jou laat borrels poep, maar darem nie sommer laat vrek nie.[/quote]
Hêhêhê

,
Gelukkig het ek 'n fobie oor skoon messe en werksarea as dit by vleiswerk kom, dus sal my messe gewas wees met seperige warm water voordat ek dit gebruik, maak nie saak of ek met seep of olie geslyp het nie.
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Mon Jun 03, 2013 3:06 pm
by tripodmvr
Seep was makliker af as olie.
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Mon Jun 03, 2013 3:36 pm
by Johan Nel
Een ding wat nog altyd 'n las was is die olie opbou in die Lansky boksie (plastiek) waarin alles inpas. Met seep is dit iets van die verlede.
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Tue Jun 04, 2013 7:41 am
by Johan Nel
Ek het toe die skottelgoedseep as smering gaan probeer en dit werk verseker. Ek het 'n paar goedjies opgetel wat ek aan gewoond moet raak. Mens gebruik meer seep as wat jy olie sou gebruik. Die seep kom op die vashougedeeltes van die slypsteen wat dit dan glibberig maak. Die seep word droog, maw verloor vog. Mens spoel die seep af, dus pla dit nie regtig nie, dis maar net 'n waarneming.
Ek wil weereens vra, as daar iemand is met 'n olie reseppie, wil jy nie met ons deel nie, asseblief.
Groete,
JHN
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Tue Jun 04, 2013 11:17 am
by LoveHenties
Ek het die regte lansky olie gekoop by cape union vir R20
Re: Self-gemengde olie vir slyp van messe?
Posted: Tue Jun 04, 2013 9:12 pm
by Chrisjan
Ek het vir die eerste keer vanaand die seep opsie gebruik. My messe is skerper as ooit. Niks is vol olie nie, en dit voel of die taak die helfte van die tyd neem.
Ek stem saam dat dit meer glibberig is en jy gereeld seep moet byvoeg.
Vir die res van my lewe gaan ek hierdie opsie gebruik. Dankie vir die goeie raad.