Page 1 of 1
Boog te koop
Posted: Wed Jun 05, 2013 12:25 pm
by Johan04
More Manne
Ek het n Browning Micro Adrenalin boog wat te koop is .Rede vir verkoop,my seun het die boog gebruik en die boog is nou te klein vir hom.Dit is die ideale boog vir kinders of vrouens.
Die boog is sonder 'n sight,rest en stabeliser.
Die boog is n linkerhand boog.
IBO spoed van 265-273fps
Trek lengte 18-28 duim.
Gewig 3,4lb
R1500
Groete
Johan
Re: Boog te koop
Posted: Wed Jun 05, 2013 12:28 pm
by VdWalt
Ek stel belang - hou asb bietjie vas ek sal jou nou nou laat weet
Ponde ?
En kan die trek lengtes so gestel word op die boog?
Re: Boog te koop
Posted: Wed Jun 05, 2013 12:43 pm
by Johan04
vd Walt
Die trek lengte kan op die boog gestel word.Nie seker oor ponde.
Johan
Re: Boog te koop
Posted: Wed Jun 05, 2013 12:54 pm
by BRNO (Pierre)
Jammer vir die LH, anders sou ek vd Walt se arm probeer druk het. My seun skiet by die skool langboog, maar wil ook met die compound begin oefen. Hy is 7.
Jy het nie dalk n paar oefen pyle waarvan jy wil ontslae raak nie?
Re: Boog te koop
Posted: Wed Jun 05, 2013 1:58 pm
by Johan04
Pierre
Ek het nog n seun wat die pyle oorgevat het,jammer ek kan jou nie help nie.
Johan
Re: Boog te koop
Posted: Wed Jun 05, 2013 2:33 pm
by BRNO (Pierre)
Johan04 wrote:Pierre
Ek het nog n seun wat die pyle oorgevat het,jammer ek kan jou nie help nie.
Johan
Bakgat. Dankie!
Re: Boog te koop
Posted: Wed Jun 05, 2013 3:53 pm
by VdWalt
Die ou het nie nou geld nie - so die boog is weer oop vir die volgende man.
Re: Boog te koop
Posted: Wed Jun 05, 2013 5:23 pm
by BRNO (Pierre)
Johan, gaan die LH en RH regtig n verskil maak? Hoe oud is jou seun wat nou die boog laat gaan?
Re: Boog te koop
Posted: Wed Jun 05, 2013 6:00 pm
by Johan04
Pierre
Lang storie. Ek het n 2ling,een regs en een links.Hulle het die boe ontgroei,hul trek lengte is nou 30 duim.Ek moes nou vir hul ander boe aanskaf en die Browning boe is nou oortollig,maar hul klein boet wil toe ook boogskiet en neem toe die regterhanse boog oor. Ek sit nou met die linkerhandse boog wat te koop is.Die 2ling is nou 18 jaar en kleinboet 12.Die boog pas hom perfek.
Of die LH RH n verskil gaan maak weet ek nie,ek neem aan jy wil weet of n RH kind met n LH boog kan skiet? Toe ek die boe gekoop het,het die handelaar die LH kid getoets dat sy regteroog dominant is en het aanbeveel dat hy regs moet leer skiet,wat ons toenie gedoen het nie,om verskeie redes,maar ek dink tog jy kan leer links of reg skiet met n boog of n geweer.
Ek probeer my bes om n foto te plaas van die boog,sonder sukses. Kan jy dalk hep?
Groete
Johan
Re: Boog te koop
Posted: Thu Jun 06, 2013 7:51 am
by BRNO (Pierre)
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Johan04Boog.jpg
Re: Boog te koop
Posted: Thu Jun 06, 2013 8:05 am
by Johan04
Dankie Pierre vir die foto.
Die boog is die RH boog.Die een wat tekoop is lyk net so.maar is net LH sonder die ekstras.
Johan