Page 1 of 1

.404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Wed Jun 05, 2013 5:24 pm
by Gert Odendaal
Ek begin uitvoel dat ek nie aan `n bende behoort nie, maar ek is nou ook nie maklik en goedkoop nie, ek wil darem voel ek behoort aan `n besonders bende, een wat se wortels baie jare terug baie diep in die vrugbare grond van Afrika geanker het, daar moet ook nie baie van ons wees nie want dan sal dit miskien nie so `n besonders bende wees nie omdat daar reeds `n .30 kaliber as die grootste kaliber bende is het ek besluit om my naam by `n .40 kaliber neer te skryf. Ek voel dit sal miskien die regte ding wees om te doen, dit sal sekerlik voornemende .404 eienaars dring om hulle .404 Jeffery nou aan mekaar te begin sit... :laugh: :laugh: :laugh: Omdat dit maar `n skaars artikel is gaan dit `n rukkie vat om almal te laat aanteken..ons het ook `n geskiedenis en verhaal met elkeen saam gekry. ;D ;D Daar is ook `n slagspreuk wat ons gewere so besonders maak, uit die skitter African Dangerous Game Cartridges boek soos neergepen deur `n jagter uit ons land, Pierre van der Walt.

:The .404 Jeffery, is still delivering the goods consistently after a hundred and five years on the beat, no matter what it is facing that have teeth,claws or tusks. ."

1) Gert Odendaal : .404 Jeff is 80 jaar oud, het die laaste olifant in die Tembe gebied geskiet.

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Wed Jun 05, 2013 5:27 pm
by DWB
Word daai dolk nou dieper in my hart in geforseer en nog gedraai ook ;D

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Wed Jun 05, 2013 5:37 pm
by Gert Odendaal
Nog nooit nie, sal nooit so iets doen aan `n voornemende .404 Jeffery eienaar nie saam met die .404 Jeffery bende is julle in ons gedagtes ... :laugh: :o :o ::)

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Tue Apr 22, 2014 7:28 pm
by Kalahari Pretorius
Dagse' manne, julle maak dit ook nie makliker vir 'n man wat al 'n geruimetyd oor so 'n kaliber/geweer kombinasie sit en herkou nie..... Lank lewe die 404.

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Thu Apr 24, 2014 9:39 am
by Gert Odendaal
Kalahari Pretoruis
Ek sien jy skiet jou .458 Lott, ja, jy sal sekerlik een .404 Jeffery moet aanskaf as `n "back -up" geweer as jy buffels en olifante skiet, definitief...moenie wag nie, jy weet nie wat jy mis nie...almal droom oor daardie .404 Jeffery , om te voel hoe hy skiet... :laugh: :laugh:

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Sun May 04, 2014 5:00 pm
by Kalahari Pretorius
><) Ja Gert, jy maak dit glad nie maklik vir 'n man nie. Ek het voordat ek die Lott gekoop het, al my P-14 aksie wat klaar mooi gemaak was se boltface laat groter sny vir die 404 Jeffery en die magasynkas self gebou, toe draai my kop na 'n nuwe geweer toe. Die probleem is dat ek nogsteeds juk vir 'n 404.

As die 404 gogga jou gebyt het, dan het hy....
Groete

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Sun May 04, 2014 6:17 pm
by Gert Odendaal
Daar was gister `n ouerige persoon wat by die kluis kom draai het om fotos van sy windbuks versameling op die skootrekenaar vir Johan te wys. Die Oom het seker by die vier honderd ou windbukse al versamel. Hy sien toe ek is besig om die 404 Jeffery doppe te re-size en te decap. Hy is nogal heel opgewonde want ek gee toe vir hom `n soliede punt .sagte punt rondte vir sy versameling ou ammo.

Ek gee toe sommer vir hom die .404 Jeffery om te skiet, na die eerste skoot geloop het, helder sy gesig op soos `n skietlamp in `n donker nag, hy glimlag van oor tot oor en roep opgewonde uit" Jis dis lekker, jis dis lekker .....ek laat hom toe `n tweede skoot skiet en toe was hy werklik in die wolke... :laugh: :laugh: Hy het oor en oor vir my bly vertel dat ek vandag sy dag gemaak het....wys jou net die klein dingetjies in die lewe tel ook soms meer as geld.... ++>: Ek dink met sy volgende draai by die kluis sal hy sy deposito neersit vir `n .404 Jeffery.... ++>: ++>: Dis hoekom ek se Kalahari Pretoruis, kry vir jou `n .404 Jeffery , jy sal die geweer elke dag wil skiet, dan het jy nie meer die .458 Lott nodig nie.... :laugh: :laugh:

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Sun May 04, 2014 7:36 pm
by Kalahari Pretorius
??? Gert jy praat van die kluis, en ek sien jy is van Witbank. Is dit die kluis by Classic arms? Jy weet, ek het al gedink om die 458 Lott se loop profiel te laat dupliseer maar net in 'n 404 Jeffery kaliber en kyk hoe loop hy en later die loop verkoop of iets??? Of ek moet kyk na 'n CZ. Dit is net jammer CZ se prys is so hoog vir die 404 maar vir die 416 Rigby amper die helfde minder as die 404 s'n. Wat maak die 404Jeffery,450 Rigby en 505 Gibbs so anders as die ander CZ magnum kalibers? Die 404 en die 375 vat dieselfde magasyn kas, so ek sien nie die logika daaroor nie.

Maar dit is regtig nie perde koop diè nie. Omdat ek 2 ander CZ gewere het, sal ek daarvan hou om die 3de een ook 'n CZ te maak. My kop sê 416 en my hart sê 404.

Ek herkou nog aan diè een....

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Mon May 05, 2014 7:35 pm
by Gert Odendaal
Kalahari Pretorius
Dit is eintlik baie maklik... :laugh: Die .416 Doppe/koeels is baie duur, .404 doppe/punte is nie so duur nie en ook bekombaar by plaaslike winkels. Die .404 Jeffery skiet sag maar dodelik, die .416 Rigby skop baie meer so jy kan leer "flinch"...Almal wil `n .404Jeffery he, al het hulle `n .416 of `n .458....as jy een wil laat bou praat met Johan Greyling, hy bou `n werks geweer met geen bells en whistles nie....baie billike prys. So , sien jy nou...baie maklike keuse... ;D :laugh: Ongelukkig sal geen .404 Jeffery eienaar sy geweer verkoop nie... ;D

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Mon May 05, 2014 8:07 pm
by DWB
Oom Gert ek is bevrees 416 is effe goedkoper en meer bekombaar...

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Mon May 05, 2014 8:14 pm
by Sako75
My 404 begin binnekort herrys vanaf 'n egte WJ Jeffery "barreled action" wat weer mooi aanmekaar gesit moet word saam met 'n paslike kolf om as 'n outentieke WJ Jeffery 404 Jeff te eindig.

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Mon May 05, 2014 8:15 pm
by DWB
Mooi man! Kan nie wag om hom te sien nie!

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Mon May 05, 2014 9:55 pm
by Kalahari Pretorius
++>: Jaaaa Neeeeee lyk vir my hier is manne wat ander mense in 'n hoek wil druk..... En dit nogal behoorlik wil doen met daardie oorspronklike WJ. Hahaha. Dit behoort iets spesiaal te wees. Geniet hom. Ek het 'n paar jaar gelede 'n Cogswell & Harrison gemis op Guntree. Hy was mooi. Oom Gert kan oom vir my Johan Greyling se nommer stuur sodat ek met hom kan praat. Ek sal dit baie waardeer. Groete vir eers.

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Tue May 06, 2014 3:38 pm
by Kalahari Pretorius
Is daar nie dalk nog 404's wat iewers in 'n game dept se kluis stof vergader nie?

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Tue May 06, 2014 9:08 pm
by Gert Odendaal
DWB wrote:Oom Gert ek is bevrees 416 is effe goedkoper en meer bekombaar...
Agge nee Deon, moet nou nie `n goeie storie met feite beduiwel nie, ek het nou net die man omgepraat om liewer die .404 Jeffey roete te gaan dat daar meer doppe en punte vir die .404 Jeffery vervaardig kan word op die lang termyn... ++>: ++>: :laugh:

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Tue May 06, 2014 9:10 pm
by Gert Odendaal
Sako75 wrote:My 404 begin binnekort herrys vanaf 'n egte WJ Jeffery "barreled action" wat weer mooi aanmekaar gesit moet word saam met 'n paslike kolf om as 'n outentieke WJ Jeffery 404 Jeff te eindig.
Sako , nou is jy in goeie geselskap...ons is maar min, maar getalle is ook nie `n waarborg nie.... :laugh:

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Sun Jul 20, 2014 3:31 pm
by Dries101
Daars n foto van my 404. Aangesien hy nou uit die kluis uit is. 22 duim Walther loop, Dwm mauser aksie. Recknagel QD mounts. Gebou deut Sabi rifles en so paar veranderinge deur Steve Fourie

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Sun Jul 20, 2014 8:16 pm
by Ralph Badenhorst
Dries101 wrote:Daars n foto van my 404. Aangesien hy nou uit die kluis uit is. 22 duim Walther loop, Dwm mauser aksie. Recknagel QD mounts. Gebou deut Sabi rifles en so paar veranderinge deur Steve Fourie
Mooi geweer,

Dries101 het oom Steve die kolf gestrip van daai Clear Coat wat Sabi op die kolwe verf?

Groete

R jr.

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Sun Jul 20, 2014 9:23 pm
by Dries101
Hi Ralph ek het vir hom gevrae sonder enige finish, daai een self gedoen met Trade Secret olie. Steve het vir my n nuwe voorste visier opgesit asook n plat barrelband en n ingelegde rear sling in die kolf. Ek het ook stippeling op die 1/4 ter rib laat bysit aangesien die wapen moes her blou word

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Sun Jul 20, 2014 9:29 pm
by Ralph Badenhorst
Dries101 wrote:Hi Ralph ek het vir hom gevrae sonder enige finish, daai een self gedoen met Trade Secret olie. Steve het vir my n nuwe voorste visier opgesit asook n plat barrelband en n ingelegde rear sling in die kolf. Ek het ook stippeling op die 1/4 ter rib laat bysit aangesien die wapen moes her blou word
Goeie call op finish en Trade Secrete . As ek my kolwe kla geolie het vat ek sommer n earbudd en asetone en maak die checkering mooi skoon van eenige oortollige olie en vat Schaftol Extra dark met n ou tande borsel en borsel dit in die checkering in. As daar mooi hout gryn/lyne is maak die Scaftol dat dit uitstaan.

Groete

Ralph jr.

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Sun Jul 20, 2014 9:32 pm
by Dries101
Ralph Badenhorst wrote:

Doen dieselfde gewoonlik, sal die schoftol probeer as ek weer n finish doen

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=31&t=25296

Daais die proses op die 404 gewees

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Sun Jul 20, 2014 9:58 pm
by Ralph Badenhorst
Dries101 wrote:

Ekt dit dop gehou, soms as ek met n plank werk wat groot poree het vat ek 1200grit wet skuurpapier en maak dit klam en skuur (polish - party mense noem dit mudding/sludge) die kolf tot n glans afwerking - verminder jou tyd om poree te ful en poree is gewoonlik ligter van kleur ook - daarna begin ek met my olie afwerking wat omtrent 3 weke neem. Ek stain gladnie my kolwe nie want meestel van my walnut blanks wat ek gaan uitsoek het ongelooflike kontras tussen die mineraal lyne/fiddelback/burl - ekt ook gevind dat party kolwe wat gestain word oor tyd baie donker word en mens verloor baie lewe(kleur,mineraal lyne etc.) van jou mooi kolf

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/1_zps90ac0b45.jpg[/image]

Geniet jou wapens

Groete

R

Re: .404 Jefferey Bende Geskiedkundige lidmaatskap.

Posted: Sun Jul 20, 2014 10:06 pm
by Dries101
Ja enige roulyn finish oksideer vir seker nog n jaar na die tyd, eks maar versigtig met die rooi olie want wat vandag mooi lyk is oor 6 maande te donker. Ek doen ook n slurry fill op groot poriee soos claro maar met goeie engels is dit gewoonlik nie n probleem nie.

Groete