Page 1 of 2

Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Wed Jun 05, 2013 8:43 pm
by douw
Vertel bietjie wat is 'n moet elke keer as julle gaan jag?

Ek sal sommer begin met : 'n wildspotjie met genoeg "mushrooms" en dan een of ander broodjie soos potbrood of 'n selfgebakte broodjie.

Las asb aan.

Groete
Douw

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Wed Jun 05, 2013 8:56 pm
by WitWillem (Charl)
Die eerste bok wat val se rump neem ek en maak schnitzels met parmesan en tjips!!

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Wed Jun 05, 2013 10:21 pm
by tripodmvr
Douw

Ons het tradisioneel die laaste aand 'n potjie - nie noodwendig wild nie. 'n Bierbroodjie op die kole loop daarmee saam. Sien die koppe dink dieselfde.

WW
Wanneer kry ek ook uitnodiging vir daardie lekker wat jy van praat?

Ek dink die meeste manne het maar die brunch na die oggendjag wat eiers, wors, spek ens insluit. Een van die lekkerste etes wat mens kan eet.

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:17 am
by Smirre
More
My mond water as ek dink aan die Roomslakke op die laaste jag
Daar is dadelik besluit dat dit 'n permanente dis op die spyskaart sal word

maak so:
kap ui en knoffel fyn
Gooi dit in platboompot en braai met olie of botter
haal pot af om af te koel
gooi nou slakke ,room en beefstock in die koeller pot en op stadige vuur so 25 min todat die room dik is

Ons eet dit op brood

Sal dit bietjie vir Jakkalsgat voorsit!!!

Smirre

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:23 am
by Sarel
Die eerste bok se lewer gaar maak !

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:25 am
by Marc
Vars Lewer en Niertjies met uie, sampioene en room op 'n bed krummel pap soos net JM hom kan maak. Sommer met die intrap slag 8)
Vars Bosveld Prawns
Potbrood of Bierbrood in die platboom met regte botter en Appelkoos konfyt
As ons fancy wil wees maak ons rugstring gestop met Avo en Chedar en toegdraai met beacon.

Belangrikste is dat al die geregte buite op 'n hardekool vuurtjie gedoen met word, met 'n bosveld asem wat oor hom blaas. Dis net nie dieselfde by die huis nie :(

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:26 am
by Frikkiedbr
Smirre, is dit tuin slakke?

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:36 am
by Smirre
Frikkie
Wat die oog nie sien nie ....
Nee jong my skoonpa se dogter voorsien die slakke in vacuum sakkies vir my

Smirre

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:40 am
by Frikkiedbr
Ja ja ken daai een ++>: ++>:

O ok, ek gaan dit beslis probeer, dankie vir die reseppie ;)

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:44 am
by Riaan Beeslaar
Vars wilds lewer en niertjies in 'n suursous met potbrood op die kole gebak of lekker krummelpap daarby.

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:45 am
by BRNO (Pierre)
Ons tradisie vir die eerste aand vark boud tjops (wat ek altyd koop), lekker groot en dik gesny, met krimmelpap en sous (wat my pel se pa altyd maak). Hel hy loop mooi!

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:47 am
by Gerrie Smith
Bullie Beef gebaai met uie in platboom pot, nes dit mooi kleur kry, gooi moerby-eiers in, geklits, geniet saam aartappels wat in foelie tussen die kole gele het tot dit begin sag voel! Tannie ballas chutney, en heelwat later bietjie Eno's, en sie daar.

P.s: Moerby-eiers - Eiers waar by enige speserye by gemoer is. En Room!

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:49 am
by Cor Jacobs
Ons maak altyd potjie op die dag wat ons op die plaas opdaag aangesien dit gewoonlik nie n jagdag is nie, en ons genoeg tyd het.
Dan soos ek sien baie ander manne ook doen, n soet suur lewer en niertjie gereg saam met pap, en die laaste aand altyd n steakbraai.
Hierdie thread gaan my net honger maak... ;D

Groete

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:54 am
by Eugene
Ek het verlede maand saam met kliente gaan jag en die kos was bobaas!

Daar is geen krag nie en alle kos is op die vuur gemaak!

Hierdie was, onder andere op die spyskaart:

Hoenderpensies en -hartjies
Spareribs en chips
French toast
Soet-suur lewer
Koedoefillet, gestop met murg en mushrooms
Skuisrib met varsgebakte brood
Rooibok en skaapskenkel pot!

Die manne het my net weer gewys dat jy nie swak hoef te eet as jy jag nie!

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:55 am
by BRNO (Pierre)
Gerrie Vark wrote:Bullie Beef gebaai met uie in platboom pot, nes dit mooi kleur kry, gooi moerby-eiers in, geklits, geniet saam aartappels wat in foelie tussen die kole gele het tot dit begin sag voel! Tannie ballas chutney, en heelwat later bietjie Eno's, en sie daar.

P.s: Moerby-eiers - Eiers waar by enige speserye by gemoer is. En Room!
Nou verlang ek darrem erg na Ellisras. Daar is die een ook altyd een van die disse van die dag.

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 9:21 am
by Geno
Ons braai altyd 'n vet skaap rib.
Regop, soos die Kalahari-manne en die Suidwesters.
Saam met krummelpap en uiesous.
Spoel dit af saam met 'n lang Captain Morgan en Coke.

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 9:45 am
by WitWillem (Charl)
Tripod - laat weet dan maak ons 'n plan .. ek is net bietjie ver van jou af (kaap)

Stem - die lewer is altyd 'n MOET

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 9:51 am
by Doomslayer
Eerste aand van die eerste jag van die jaar is ditvet skaaptjops. Hierdie jaar het ons 'n heel skaaprugstring gebraai. Morsig man morsig. Daarmee saam bruin sampioene gebraai op die vuur met knoffelbotter, 'n knoffelbroodjie en miskien iets groen vir die gewete....
Die laaste aand maak ons properses aansit ete met vleis (baie, gewoonlik 'n heel rump), tjips, 3 slaaie, gebakte poeding (woolies se malvapoeding loop glad) ens.

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 10:26 am
by FHM
Riaan Beeslaar wrote:Vars wilds lewer en niertjies in 'n suursous met potbrood op die kole gebak of lekker krummelpap daarby.

Riaan ek deel jou kamp! Dan sny ons so paar stukke Gemsbok vetderm en hart ook in by daai suursous. Ek bring 2 x groot Omajowas - wilde mushrooms -kry net na eerste reens langs / op miershope hier in Suidwes - sommige so groot soos n bord! Smeer lekker dik knoffelbotter en rooster toe! ;) Sal DREUN saam daai suursous!

Julle manne maak my maag grom... ;)

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 10:51 am
by Frikkie die Rot
Daar misluk my dieet.

Demit maar dit klink diep lekker!

Kerrie tjoppies met roosterbrood, kaas en konfyt of stroop vir aand een.
Winddroog skaapribbetjie met braaibroodjies en driebone slaai aand twee.
Springbok fillet gestop met groenvye,feta en swatrpeper en mash aand drie
Steak en tjippies aand vier

Voorgeregte wissel tussen skaapsterte, lewer en netvet, porkrashers ens.

Kerrie springboktong pot asook kerrie afval met stamp mielies is ook altyd 'n wenner!!

Groetnis,
Frikkie

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 11:56 am
by Riaan Beeslaar
FHM

Nou praat jy, sal sommer 'n man lus maak om daar in Suid-Wes 'n jag te kom deurmaak.

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 12:49 pm
by BRNO (Pierre)
Geno wrote:Ons braai altyd 'n vet skaap rib.
Regop, soos die Kalahari-manne en die Suidwesters.
Saam met krummelpap en uiesous.
Spoel dit af saam met 'n lang Captain Morgan en Coke.
Geno, ons vang hom ook altyd so in daai regop rooster as ek Douglas se wereld toe gaan. Sommer so in die middel van die plaas in die rooi sloot.

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 1:14 pm
by Jakkalsgat
Smirre wrote:
Sal dit bietjie vir Jakkalsgat voorsit!!!
Smirre

Dit klink belowend, lek nou al my lippe af.

Eerste aand maak ons gewoonlik staanrib op swarthaak vuur saam met pap en sous.

2de aand is maar gewoonlik groot eet, wild rugstring of fillet wat as hy gevries was op sy eie tyd moet ontdooi. as ons vir middagete uit die veld kom vlek ek hom en stop met rou beesmurg en bloukaas. Hy word dan weer toegssteek met tandestokkies en binne in 'n bak vol "french saladressing" gele tot vanaand. Terwyl hy le en wonder oor sy sondes maak ek 'n knoffel en room aartappel in die pot met genoeg sous vir die steak ook of soms ekstra Bloukaas en uie sous.
Ek braai hom op die warmplaat tot net voor 'n veeaarts nie meer sy lewe kan red nie, die murg smelt in jou vleis in en los jou met die bietjie kaas in die middel. Net voor ek hom afhaal gooi ek grof met swartpeper en gooi hom vol brandewyn en "flambay" hom so bietjie tot brandewyn weggebrand is. Sny nou skywe en sit voor saam met aartappels en braaibrood met tamatiekonfyt en koperpennie slaai.

Vir nagereg is daar gewoonlik "bananna surprise" met neute, speelroom en liquer om dit af te sluk.

Groete

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 1:19 pm
by FHM
Jakkalsgat wrote:

Goeie dnner jy sal maak dat mens jou kom kuier net vir die kos! Klink simpel lekker!

Ek gaan nou nie meer op die topic kom lees nie - my maag grom al in stereo!

Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart

Posted: Thu Jun 06, 2013 1:39 pm
by douw
magtig maar julle man is skoon uitspattig!!

Klink lekker. Sal vanaand bietjie rustig kom deurlees en my inkopielysie vir volgende week uitwerk.

Dankie aan almal se insette.

Groete
Douw