Page 1 of 1
Hierdie is nou `n regte "kluis mes"
Posted: Thu Jun 06, 2013 7:56 pm
by Gert Odendaal
Ek laai `n paar fotos op rakende `n vorige gesprek oor `n kluis mes, `n mes wat jy nie gebruik nie en net mee "bragg" soos iemand die definisie gebruik het. Ek het my opinie oor `n kluis mes en julle sal weet hoe ek daaroor voel. Maar ek sien ook ander manne se opinies raak en respekteer dit. Maar ek het hard gaan soek dat ek darem ook `n "kluis mes " kan besit, dat ek darem nou nie uitvoel tussen die gerespekteerde" Kluis-mes" manne nie. Hierdie is my beste poging wat ek kan definieer as `n "kluismes" Ek hoor graag van julle manne wat julle opinie is rakende my definisie van `n kluis mes....
Die redes dat hy in my kluis is , is seker ooglopend?
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010860_zps47073514.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010866_zps8ff13075.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010861_zpsd178c3ca.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010865_zps7c6230fe.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010863_zpsb04e2899.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010866_zps8ff13075.jpg
Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"
Posted: Thu Jun 06, 2013 8:04 pm
by Silent Hunting
Maak hulle nie meer so nie.
Hoekom is ou goed altyd so mooi?
Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"
Posted: Thu Jun 06, 2013 8:11 pm
by LongWolf
Gert
dit is juis uit respek dat hierdie so n lekker plek is om te kuier.
my 2x kluismesse het ek aan my swaer bemaak, hy het nou n hele uitstalling gemaak.
wanneer ek weer by hom gaan kuier sal ek met sy toestemming n foto of 2 kry en dan hier laai.
jou kluismes is in n besonderse goeie toestand.
Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"
Posted: Thu Jun 06, 2013 9:08 pm
by Gert Odendaal
LongWolf wrote:Gert
dit is juis uit respek dat hierdie so n lekker plek is om te kuier.
my 2x kluismesse het ek aan my swaer bemaak, hy het nou n hele uitstalling gemaak.
wanneer ek weer by hom gaan kuier sal ek met sy toestemming n foto of 2 kry en dan hier laai.
jou kluismes is in n besonderse goeie toestand.
Ja, Lonewolf ek dink ons praat van so plus/minus 24 jaar wat ek die "kluismes " het...was eers op `n bord monteer maar het nie vir my reg gelyk nie, nou is hy afgehaal en bly in die kluis....

Ek kan draad ook met hom knip. hy het baie gebruike, ek wou hom al verander het of mooier gemaak het , weet net nie of ek iets aan hom kan verander wat hom mooier en "meaner " gaan laat lyk nie, daarom los ek die verander aan hom tot ek eendag weet wat ek wil doen met hom...

Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"
Posted: Thu Jun 06, 2013 9:11 pm
by Gert Odendaal
Silent Hunting wrote:Maak hulle nie meer so nie.
Hoekom is ou goed altyd so mooi?
Omdat hulle ou goed is , kyk maar nou na my , lyk nie te sleg na ek soveel keer al opgebruik is nie , ek is darem mooi ook gemaak, baie jare terug, net soos my kluismes...

Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"
Posted: Thu Jun 06, 2013 9:14 pm
by Hein M.
AK47 bayonet...
Wonder wat sy geskiedenis is
Baie mooi kluismes sowaar! Ek soek nog so 'n LAAANG ou Bowie vir die kluis.
Mooiloop!
Hein M
Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"
Posted: Thu Jun 06, 2013 9:48 pm
by Gert Odendaal
Hein , jy is reg, jammer ek kon nie die AK 47 saambring nie, maar daardie tyd was dit "vreemde wapens" en ons moes alles agterlaat vir Unita. Alhoewel as ek tussen `n R4 en Ak moes kies sou ek nog steeds die R4 gevat het, al die ander manne sal met my verskil, maar my R4 wat ek in Infanterie-skool gehad het was baie akkurater en lekkerder om mee te skiet..

Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"
Posted: Fri Jun 07, 2013 6:24 am
by Gerhard
Re: Hierdie is nou `n regte "kluis mes"
Posted: Fri Jun 07, 2013 7:14 am
by Born2Late
Ek het n mes wat my oorlede oupa uit Noord Afrika gebring het met die 2e wereld oorlog. Dit het n koper skede en n mooi gebuigde lem met maan patroontjies op uitgesny.Was seker een of ander Egiptenaar s'n.