Page 1 of 1

Knoffel Murgbene en Roosterbrood

Posted: Fri Jun 14, 2013 9:31 am
by Frikkiedbr
Knoffel Murgbene en Roosterbrood

12 murgbene (Niks vleis aan nie, grotes met baie murg)
kwart kop olyfolie
4 eetlepels Botter
1 groot ui fyn gekap
15 huisies knoffel, gekneus
Vars kruie
250 ml rooiwyn
250 ml groente aftreksel
Growwe sout en baie varsgemaalde swartpeper

In lekker groot kastrol, verhit olie en botter saam, braai ui en knoffel,kruie, saam..tot lekker bruin.
Druk murgbene tussen die uiemengsel in, , plat neer teen die bodem..
Gooi ander bestanddele versigtig oor en prut matig tot murg sag en geel is, en onderaan begin vasbraai..draai versigtig om braai bruin aan onderkant, .moenie roer nie..!!. Laat rus vir so 2 min...bedien op roosterbrood.

Re: Knoffel Murgbene en Roosterbrood

Posted: Fri Jun 14, 2013 9:33 am
by Carl
Moenie die cholestrol pille vergeet ;)

Re: Knoffel Murgbene en Roosterbrood

Posted: Fri Jun 14, 2013 10:24 am
by gillie
Carl wrote:Moenie die cholestrol pille vergeet ;)
Lag ek nou lekker, wou nou net se ek het darem nuwe voorraad cholesterol pille gekry vir hierdie !

Ek gaan nou ophou verder lees aan die resepte... middagete is heeltemal te ver !

Re: Knoffel Murgbene en Roosterbrood

Posted: Fri Jun 14, 2013 10:33 am
by Zack Benade
Brandewyn saam met die murg neutraliseer die cholestrol. ++>: ++>:

Re: Knoffel Murgbene en Roosterbrood

Posted: Fri Jun 14, 2013 10:58 am
by Carl
Nee Zack, net rooiwyn help - Google biki French Paradox. Hulle sĂȘ niks van "Ricky Louw" en Coke nie. ++>:

Re: Knoffel Murgbene en Roosterbrood

Posted: Fri Jun 14, 2013 11:09 am
by Zack Benade
ek sal maar regtig die naweek rooiwyn en branderwyn probeer.

Re: Knoffel Murgbene en Roosterbrood

Posted: Fri Jun 14, 2013 11:11 am
by Carl
Nie?

Re: Knoffel Murgbene en Roosterbrood

Posted: Fri Jun 14, 2013 11:13 am
by Zack Benade
Thanks Carl, klaar reggemaak.

ek wil sonder grappies dit die naweek probeer. By ons kos murgbene R5 per kg. Dit klimk nie te duur nie.