Page 1 of 1

Springbok Carpaccio??

Posted: Fri Jun 14, 2013 11:23 am
by foxripper
Het enige iemand miskien n lekker resep vir springbok carpaccio?
Kry nie veel informasie op die internet nie.

Re: Springbok Carpaccio??

Posted: Fri Jun 14, 2013 11:31 am
by Sarel
GEROOKTE SPRINGBOK CARPACCIO EN SOETRISSIE KOMPOT

8 porsies.

1 springbokfilet - gerook
50 ml olyfolie
50 ml balsemasyn

Plaas filet in die vrieskas tot ferm.
Gebruik ’n elektriese snymasjien of baie skerp mes om die half bevrore vleis in papierdun skyfies te sny.
Besprinkel met olyfolie en balsemasyn.


KNOFFEL EN FETA KAAS PLATBROOD
10 ml aktiewe droë gis
500 ml louwarm water
60 ml olyfolie
650 g koekmeel (1 160 ml)
12,5 ml sout
15 ml mieliemeel
15 ml olyfolie - om bo oor te smeer
50 ml knoffel puree
250 g feta kaas - in stukke gebreek
vars roosmaryn

Los die gis in die water op en laat 10 minute staan.
Roer olyfolie by.
Meng die meel en sout.
Hou 150 g van meelmengsel eenkant en vou res by die gismengsel in totdat die deeg sy vorm behou.
Knie 10 minute lank op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
Voeg nog van die meel by totdat die deeg elasties is.
Vorm ’n bal met die deeg.
Plaas in ’n bak wat liggies met olyfolie gesmeer is.
Bedek met ’n klam doek en laat 1 uur op ’n warm plek rys of totdat die volume verdubbel het.
Knie deeg af.
Smeer ’n bakplaat met olie en sprinkel mieliemeel oor.
Rol deeg in ovaalvorm uit en plaas op bakplaat.
Verhit oond tot 200 ° C.
Laat deeg weer 1 uur lank rys.
Smeer olyfolie en knoffel puree oor.
Sprinkel feta kaas en roosmaryn oor.
Bak vir 20 – 25 minute.

Re: Springbok Carpaccio??

Posted: Fri Jun 14, 2013 11:33 am
by Sarel
1 of 2 x Springbokfillet, goed afgekoel maar nog net nie gevries nie
Olyfolie, Balsamic-asyn
suurlemoensap
Parmesaan-kaas
Spriet-uie
Swartpeper


Sny die fillet papier-dun skywe, pak uit op 'n groot plat bord.
Sprinkel olyfolie en balsamic asyn oor en druk suurlemoensap uit oor die vleis.
Rasper die kaas oor en sprinkel fyngekapte spriet-uie oor die vleis.
Maal swartpeper oor na smaak.
Laat staan in koel plek vir 1½ tot 2 ure.

Re: Springbok Carpaccio??

Posted: Fri Jun 14, 2013 11:35 am
by gillie
Fox, butterfly daai fillet so paar keer tot jy een groot dun stuk vleis het. Jy kan dan so "sousie" maak met olyfolie, suurlemoensap en bietjie gekapte kruie (vars). Hier moet jy maar jou eie voorkeure gebruik vir die kruie.
Sit dan die fillet op gladwrap so oop, gooi die sousie oor die fillet en dan rol jy die fillet toe in homself. Draai hom dan styf toe met die gladwrap en gooi hom in die freezer vir so 20 na 30 minute.

Die geheim is om hom so dun as moontlik dan te sny, so lekker SKERP mes... dan kan jy die gewone balsamic vinegar en kaas ens na smaak oorgooi.

Ek sal nou paar pics laai van die proses soos ek hom eenkeer gemaak het, daar het niks oorgebly van die rooibok carpaccio

http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/IMGP6496_zps7bc5b3cc.jpg

http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/IMGP6497_zpsa7077270.jpg

http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/IMGP6498_zps13f7a2df.jpg

http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/IMGP6506_zps8dfaade9.jpg

http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/IMGP6508_zpsd2758ae8.jpg

http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/IMGP6509_zpsf2b2355d.jpg

Re: Springbok Carpaccio??

Posted: Fri Jun 14, 2013 12:00 pm
by foxripper
Dankie Sarel & Gillie, gaan vandag my bestandele koop en jul laat weet hoe dit geproe het.

Re: Springbok Carpaccio??

Posted: Wed Jul 03, 2013 11:30 am
by 375fanatic
vat enige wilds fillet sny in 5mm skywe slaan bietjie met die tenderiser hammer tot hy dun is laat le in olyf olie en balsamic mengsel laat le te minste vir 24 uur sit parmasaan en suur lemoensap by so uur voor jy gaan eet

eet met n mes en vurk sodat jy nie dalk jou vinger ook eet nie

Re: Springbok Carpaccio??

Posted: Wed Jul 03, 2013 11:38 am
by Smirre
Nou is ek darm lus vir vleis!!!!

Ek vries my fillets of rugstringe en as ek hulle wil gebruik haal ek die stuk uit die vrieskas en laat le hom so uur.
Dan sny ek hom met die elektriese biltongkerwer ....papierdun

Re: Springbok Carpaccio??

Posted: Wed Jul 03, 2013 11:39 am
by Eugene
375fanatic wrote:vat enige wilds fillet sny in 5mm skywe slaan bietjie met die tenderiser hammer tot hy dun is laat le in olyf olie en balsamic mengsel laat le te minste vir 24 uur sit parmasaan en suur lemoensap by so uur voor jy gaan eet

eet met n mes en vurk sodat jy nie dalk jou vinger ook eet nie
;D ;D ;D