Goeiemore almal.
Ek is op soek na `n bietjie raad met die 45/70 (Marlin Lever Action).
Ek het twee koeëlgewigte beskikbaar, naamlik die 300gr Hornady HP en dan `n cast 420gr punt. Gebruik nuwe blik S335.
Ek wil `n "plinking" lading en jag lading vir beide hierdie uitwerk. Ek het met oom Mauritz se artikel gelees, en so `n bietjie op Quickload gespeel (burn rate gestel op 1.24, nuwe Somchem data. Moet nog oor chrony skiet), en kom op met die volgende:
300gr:
Plinking: 45.2gr S335 vir so +/- 1690fps (node 12).
Jag (springbokke, blesbokke): 52.8gr S335 vir +/- 1970fps (node 9).
Volgens oom Mauritz kan die Marlin met `n 300gr tot so 58gr of 59gr S335gemaklik hanteer (weet nou nie watter lot S335 natuurlik nie). 59gr kom tot net so onder 40,000psi, wat baie ouens reken die Marlin se limit is. Dit sal 2200fps gee, en ek glo recoil sal indrukwekkend wees. Die Amerikaners (Randy Garrett) laai ook sy 420gr +P ammo vir die Marlin so hoog, en is heel gemaklik met die tipe van druk. Sal hierdie tipe ding maar los vir later.
420gr cast:
Plinking: 41.5gr S335 vir so 1572fps (node 13). Dalk bietjie styf vir "plinking", kan hom selfs nog bietjie afbring na so 1300fps toe.
Jag (eland spesifiek, vlakvarke, enige iets diekant van buffel): 44.9gr S335 vir so 1702fps (node 11). Glo hy sal baie hard slaan, voor en agter die geweer. Sal baie goeie penetrasie lewer, op enige iets.
Maksimum gebruiksafstand van beide die ladings is 150m (MPBR). Daarna val hy te vinnig.
Ek sal graag bietjie inset wil kry wat die 45/70 skiet, en die wat QL beter as ek verstaan. Lyk die ladings min of meer realisties/veilig?
Sal dit waardeer as iemand dalk `n paar resepte het om te deel.
Baie dankie.
Schalk

