Page 1 of 2

Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Sun Jun 23, 2013 5:10 pm
by Karooklong
Hi Manne,

ek moet vir my 'n roeper koop - kan die manne wat nou al ondervinding het van die verskillende roepers laat weet wat hulle nou sal koop.

Dankie

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Sun Jun 23, 2013 7:35 pm
by ruger
Ek het 'n foxpro spitfire en is baie tevrede daarmee

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Sun Jun 23, 2013 8:04 pm
by uitenwaj
Wat is jou budget?

Sover ek weet is die spitfire nou van die mark af. Die Foxpro Wildfire +-R2500 is nou jou intree model. Ek het een van die wildfire roepers en werk baie goed.

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Sun Jun 23, 2013 8:55 pm
by Karooklong
Ek wil nie regtig meer as R3000 betaal nie, maar is bereid om genoeg te betaal om die regte/ordentlike apparaat te hê.

Hoe verskil die Wildfire van die Spitfire? hoeveelheid klanke en batterye.

Weet julle wat kos die Firestorm?

Waar kry mens die beste pryse op roepers, ligte en dimmers?

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Sun Jun 23, 2013 9:08 pm
by grumpy
Praat met Geno. Sover ek weet het hy n nuwe van die states in gebring. HY ken baie van die goed. OU hand met dit!

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Sun Jun 23, 2013 9:54 pm
by uitenwaj
Toe ek met S&O manne by Huntex gepraat het het hull gese hulle kan nie meer die Spitfire nuut kry nie en die WildFire is nou die intree model so dit is nou tussen die Wildfire vs Firestorm

WildFire - +-R2500
FireStorm - +-R4700

WildFire - 200 klanke
FireStorm - 200 klanke

WildFire - 1 luidspreker
FireStorm - 2 luidsprekers

WildFire - 4AA batterye
FireStorm - 8 AA batterye (gehoor hulle eet batterye)

WildFire - TX9 remote (9v batt)
FireStorm - TX9 remote (9v batt)

WildFire - kan net met remote beheer word
FireStorm - Kan met remote of op roeper self beheer word

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Sun Jun 23, 2013 10:02 pm
by immelmanw
Karooklong wrote:Hi Manne,

ek moet vir my 'n roeper koop - kan die manne wat nou al ondervinding het van die verskillende roepers laat weet wat hulle nou sal koop.

Dankie
Naand,
Jy koop n Foxpro of n Foxpro of n Foxpro!

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Sun Jun 23, 2013 10:05 pm
by uitenwaj
Ek Het my stoel gekoop by
Ian Beytell - viewtopic.php?f=119&t=7815

Roeper kan jy koop by
jackalpro.com of Safari and Outdoor of Hot Hower arms in krugersdorp

My Hand Held en Riflemount LightForce 170 Ligte teen goeie pryse gekoop by
Jannie Nel - 082 894 9643

Het my Dimmers gekoop by:
Henk Ellis - 081 798 6802
email: henkellis0@gmail.com

CD's met klanke kan jy koop by forum ouens soos Jaracal (het ook DVD's, Tafjak, Jason en so aan.

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Mon Jun 24, 2013 8:19 am
by Danie01
Dink die Wildfire sal aan jou behoeftes voldoen. Ek het n Firestorm destyd gekoop nog teen R4000, baie lekker roeper en ek het nie meer nodig nie. Dit wat die firestorm ekstra het teenoor die wildfire is goed wat ek nie gebruik nie. Ek gebruik altyd net die een speaker en gebruik altyd die remote en werk nooit van die roeper self af nie, mens plaas mos die roeper in die veld. Dan het wildfirre die voordeel van 4 AA batterye teenoor die 8 van firestorm. Vir die funksies wat firestorm ekstra het, wat mens elkgeval nie gebruik, is die wildfire n beter opsie. Ek sou die wildfire elkgeval bo die spitfire verkies, al sou ek n spitfire in die hande kon kry.

Groete
Danie

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Mon Jun 24, 2013 10:48 am
by stan man
ekself het n spitfire,en is baie tevrede.
as ek moes vervang sal dit n wildfire wees. die enigste probleem vir my is die geskryf op die remote. ek sukkel om die wildfire se remote te lees. die skrif is vir my middeljarige oe te klein

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Mon Jun 24, 2013 1:55 pm
by Karooklong
Manne ek het vandag pryse uigevind van die Wildfire - R3300 by verskeie plekke met 1 jaar waarborg.

Die ouens by Wildman in Graaff -Reinett hou die Western rivers modelle aan. Die Navajo kos R2250, kan 400 klanke vat en die remote werk tot 250yrd. Ek lees van die manne het al die Apache - hy kos R3900. Hulle het ook 'n 3 jaar waarborg teenoor die 1 jaar van die Foxpro.

http://www.cabelas.com/product/Western- ... 376080.uts

Wonder maar net - maar as niemand die ding ken nie sal ek nie die proefkonyn wil wees nie.

Dankie solank vir al die raad manne ek waardeer opreg !

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Mon Jun 24, 2013 2:02 pm
by Karooklong
Skuus ek kry nie klaar nie, maar ek dink ek het my antwoord gekry deur na die reviews te kyk op die US site:Cabelas

In kort die Navajo het 3 ouens review en die gemiddeld was 3.5/5
Die Wildfire het 29 ouens review en hy kry 4.5/5

Sê maar wat julle dink !

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Mon Jun 24, 2013 4:17 pm
by Henry 7
Vra vir Johans oor die Apache-hy sal jou kan sê

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Mon Jun 24, 2013 7:05 pm
by johans
immelmanw wrote:
Karooklong wrote:Hi Manne,

ek moet vir my 'n roeper koop - kan die manne wat nou al ondervinding het van die verskillende roepers laat weet wat hulle nou sal koop.

Dankie
Naand,
Jy koop n Foxpro of n Foxpro of n Foxpro![/qu
hoekom?

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Mon Jul 01, 2013 2:06 pm
by Karooklong
Manne het enige van julle al die Primos Turbo Dog gebruik?? Ek kan een kry vir heelwat minder as die Wildfire.

Hulle werk net met mp3 klanke.

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Mon Jul 01, 2013 9:14 pm
by RV
Karooklong

Ek ken nie die goed nie maar het baie goeie goed gehoor van die western river produkte.Ook nog niks sleg gehoor van foxpro produkte

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Wed Nov 13, 2013 12:50 pm
by Francois Hugo
Hello Manne,

Ek is in die mark vir 'n roeper, ek sien hier in die onderwerp dat almal omtrent die Wildfire aanbeveel, maar as ek die foto op foxpro so bekyk lyk dit maar dieselfde as my stukkende Spitfire??? Ek was tevrede met die Spitfire, maar het uit die begin maar gesukkel met die oorlaai van klanke, die memory card het maar gesukkel om kontak te maak en nou op die einde is daar geen kontak nie, vandaar die soek na 'n nuwe roeper!!

Wat is die verskil en is dit wel die moeite werd om die WildFire te koop en is die Wildfire se klankkaart bedryf beter as die Spitfire s'n!!!! ::) :(

Safari Outdoor het net die Firestorm, maar die klink my is diep swaar op batterye en dit is nogal 'n klomp koste om 'n roeper aan die gang te hou deesdae met batterye - my ondervinding met herlaaibare batterye nie te goed nie :( .

Die Shockwave is erg duur, die beskikbare roepers wat ek kan kry lyk my na Wildfire (my keuse oor minder batterye - en prys as ek eerlik moet wees); Firestorm en die shockwave.

Wat sal julle doen of koop??

Groete uit die Namakwaland

Francois

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Wed Nov 13, 2013 12:59 pm
by Geno
Shockwave is awesome, maar met 10 AA's in roeper en 3 in die remote raak hy nogal duur 9m te dryf. Maar ek is steeds baie gelukkig met hom.
Die Wildfire is ook baie oulik. Ek het al 8 nagte gejag op n stel batterye...

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Wed Nov 13, 2013 1:01 pm
by Yogi
Ek het die turbo dog vir my gekry, altyd 'n Firestorm geleen en moet sê, my ondervinding is die turbo dog vir my baie beter. Nie 1/10de so swaar op batterye nie, opvangs is beter, kleurskerm op die remote en vir my die lekkerste, jy kan sien op die remote of die speaker binne opvangs area is. Volume kan stel van 1 tot 100 en nie soos die foxpro se 1 tot 10 nie.
Jy kan "Favaroutes" en ander profiles op die remote opstel. Kompak en die remote clip sommer vas aan die roeper as jy dit gaan bêre. Sal hom sterk aanbeveel en is darem nie te duur nie.

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Wed Nov 13, 2013 1:36 pm
by Dawie
Yogi wrote:Ek het die turbo dog vir my gekry, altyd 'n Firestorm geleen en moet sê, my ondervinding is die turbo dog vir my baie beter. Nie 1/10de so swaar op batterye nie, opvangs is beter, kleurskerm op die remote en vir my die lekkerste, jy kan sien op die remote of die speaker binne opvangs area is. Volume kan stel van 1 tot 100 en nie soos die foxpro se 1 tot 10 nie.
Jy kan "Favaroutes" en ander profiles op die remote opstel. Kompak en die remote clip sommer vas aan die roeper as jy dit gaan bêre. Sal hom sterk aanbeveel en is darem nie te duur nie.
Hallo Yogi

i.v.m. Turbo Dogg

Het jy al jou eie klanke opgelaai?

Kan die screen se "backlight" afskakel?

Die Firestorm het ek agtergekom trek krag al is hy afgeskakel by die knoppie, ou moet sy batterye diskonekteer.

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Wed Nov 13, 2013 2:13 pm
by cassie_calvinia
francois
die wildfire is darm heelwat lekkerder as die spitfire.
die roepers is wel dieselfde, maar remote is baie beter.
hy vat ook dink 200 klanke. so, jy laai als 1 keer op, en nooit weer nie.
dit help noggals baie.

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Wed Nov 13, 2013 3:13 pm
by Dawie Malan
Die Firestorm eet net batterye as jy altwee speakers gelyk aansit. Dis nie nodig nie.

En niks werk so lekker soos herlaaibare batterye nie.

Groete

Dawie

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Thu Nov 14, 2013 8:25 am
by Yogi
Dawie, ek kon hom noggie dim nie, maar jy kan 'n "night mode" kies wat baie sagte rooi is op die ogg en gladnie jou nagvisie opvoeter nie.
Ja ek het al my eie klanke opgelaai, druk net die USB kabel in die rekenaar en copy gewoonweg, geen spesiale sagteware nodig nie. As jy dan die remote aanskakel sal hy self met die roeper kommunikeer en sien dat daar nuwe tracks by is en homself opdateer, wireless(bietjie tydsaam maar pla nie).
Sal hom sterk aanbeveel.

Yogi

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Thu Nov 14, 2013 10:33 am
by Dawie
Yogi wrote:Dawie, ek kon hom noggie dim nie, maar jy kan 'n "night mode" kies wat baie sagte rooi is op die ogg en gladnie jou nagvisie opvoeter nie.
Ja ek het al my eie klanke opgelaai, druk net die USB kabel in die rekenaar en copy gewoonweg, geen spesiale sagteware nodig nie. As jy dan die remote aanskakel sal hy self met die roeper kommunikeer en sien dat daar nuwe tracks by is en homself opdateer, wireless(bietjie tydsaam maar pla nie).
Sal hom sterk aanbeveel.

Yogi
Hallo Yogi

Ek toets een op die oomblik.

Ek het sy screen op die rooi, maar ek kry hom nie dat hy wil afskakel nie.

Die ander ding is dat die naam van die tracks wat op die screen verskyn, op die Turbo Dogg wat ek gekry het, is nie die "Filename" nie.
Ek moet eers die klank se "Properties" oopmaak en dan die "Details" click en dan die "Title" verander.
So die naam wat op die screen verskyn is die "Title".

Nogal 'n lang storie.

Tensy joune anders werk en die filename gebruik.

Cheers

D

Re: Watter roeper moet ek koop ?

Posted: Thu Nov 14, 2013 11:35 am
by Yogi
Nee, dieselfde. Party programme se "ripping" gee die korrekte naam, maar die meeste nie.
Ek kan daarmee saamleef, jy doen dit gelukkig net een keer.