Page 1 of 2

Led Lenser Flitse

Posted: Tue Oct 26, 2010 11:07 am
by Raven
Manne,
Ek soek gou bietjie raad, ek wil 'n nuwe flits koop en wonder watter een sal julle kies.

Die P14 of M14 led Lenser?? Ek mik vir die M14, wil net weet of enige van julle al bietjie gespeel het met hulle.

Dankie
Raves

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Tue Oct 26, 2010 11:23 am
by Botma
Dag Raven

Ek het die P14..baie goeie flits en hy skyn n bars hou...op sy box staan 300m wat hy kan skyn, nog nie self gemeet nie, maar eks seker hy sal baie naby aan dit kom. As jy wil kan ek myne vir jou bring dan kan jy hom eers toets en kyk, maar eks baie tevrede

Botma

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Tue Oct 26, 2010 11:45 am
by Raven
Botma,
Dankie vir die offer.

Wat het jy betaal vir jou P14??
Die M14 se lumens is nog beter as die P14 sien ek op die net, en ek wil nou eenkeer koop en klaar koop.

Raven

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Tue Oct 26, 2010 11:55 am
by Skolla
Raven
Gaan google bietjie Energizer rechargeable spotlight.
Hulle s? spotlight maar is n handheld flits.
Uitstekend.
Hy laai met n sigaret lighter plug of 220.
By ons verkoop hy soos soetkoek, ek het self ook een en wil nie n ander een h? nie.
Skolla

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Tue Oct 26, 2010 12:11 pm
by Botma
Raven

ek het N$ 600-00 betaal ... ek weet nie hoe M14 lyk nie.. ek het maar op die p14 besluit, want hy het n lekker sak wat jy aan jou belt kan sit en die flits is nie in jou pad nie, die energizer skyn ook lekker ( nie soos die Led Lenser) maar hy is vir my te groot gewees.

Botma

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Tue Oct 26, 2010 12:26 pm
by Beretta
Raven
Kyk op candlepowerforum op die net daar sal jy al jou antwoorde kry oor die led lenser.Laat weet die prys miskien kan ek jou help
Groete Beretta

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Tue Oct 26, 2010 12:52 pm
by Raven
Beretta,
Ek kan kan die M14 kry vir R750.00 hier in NAM.
Botma,
Die M14 is bietjie kleiner(lees korter) as die P14, en hy het ook 'n lekker "belt clip"
As jy happy is met die P14, dan gaan ek dalk net daai M14 moet koop, dit krap aan my, en die jeuk is lekker.
Raven

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Fri Oct 29, 2010 12:12 am
by Francois Marais
Norton

Ek is ook indie mark vir een, kyk of jy nie kan arm draai as jy twee sou vat nie.

Mooi loop
Francois

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Fri Oct 29, 2010 11:50 am
by Raven
FM,
Hy skop vas op N$750.00. Ek het darem bietjie discount gekry.

Ek het een vir jou gevat.

Norton

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Mon Nov 01, 2010 6:22 am
by Calldo
Raven, FM

Julle sal nie spyt wees oor julle keuse nie. Lig op batterye, sterk gebou. Gebruik myne al vir meer as 'n jaar.

Groete
Calldo

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Mon Nov 01, 2010 8:07 pm
by iceman1982
Ja nee manne,
Watter een jy ook al koop sal dit eenkeer koop wees. Ek het die P14. En ek se jou jy kan met die ding gaan jag. Lig op betterye.  En gebou om te hou. Kyk die Duitsers bou nie k*k nie.
Uistekende produk.

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Tue Nov 02, 2010 11:00 am
by Plasmodium
Ek het so paar led lenser flitse in dir P reeks, en hulle is uitstekend. Het nou die dag die M7 gekoop, en het baie meer funksies as die P's.
Baie lekker flitse!

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Thu Dec 02, 2010 12:00 am
by Francois Marais
Raven

Dankie vir die flitsie, hy skyn sommer n barshou, heel impresive.

Mooi loop
Francois

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Fri Dec 03, 2010 9:06 am
by Raven
FM,
Plesier ou maat, ons luister wat s? Louis as hy syne bietjie daar in die suide getoets het op 'n lekker donker aand  ;)

Norton

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Fri Dec 03, 2010 1:13 pm
by Rasmus
Ek het gister n MT7 persent gekry. Hy skyn self dat dit klpa wil hom nog gaan toets op die plaas. Maar in die dorp skyn hy heel gaaf.

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Fri Apr 01, 2011 12:05 pm
by Coenie (Swift)
Het Ledlenser MT7, soos julle weet skyn hulle baie goed. Het dit op 223 vector gesit en gebruik dit met groot sukses veral as die man wat lig nie is waar ek wil wees nie. Het selfs lensies by awsomtools bestel in rooi en groen.

Die rooi is goed tot so 100m skat ek maar kan nie dier id nie, maar die groene is goed tot op 150 en jy kan id.

So wanneer ek alleen is gebruik ek spotlight om te id en dan die ledlenser met groen lens of net so om te skiet het al so 4 jakkie en een rooikat geskiet. Is ook handig wanner jy ondersteuning bied vir ander wat vanaf bakkie skiet en dan die jakkie gaan haal, veral vir daai wat nie mooi geskiet is nie en nog 'n skoot soek of weghardloop dan kan jy skiet want die lig is waar jy kyk.

Geniet julle Ledlensers!!!

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Fri Apr 01, 2011 12:17 pm
by Gerhard
Swift wrote: Het Ledlenser MT7, soos julle weet skyn hulle baie goed. Het dit op 223 vector gesit en gebruik dit met groot sukses veral as die man wat lig nie is waar ek wil wees nie. Het selfs lensies by awsomtools bestel in rooi en groen.

Die rooi is goed tot so 100m skat ek maar kan nie dier id nie, maar die groene is goed tot op 150 en jy kan id.

So wanneer ek alleen is gebruik ek spotlight om te id en dan die ledlenser met groen lens of net so om te skiet het al so 4 jakkie en een rooikat geskiet. Is ook handig wanner jy ondersteuning bied vir ander wat vanaf bakkie skiet en dan die jakkie gaan haal, veral vir daai wat nie mooi geskiet is nie en nog 'n skoot soek of weghardloop dan kan jy skiet want die lig is waar jy kyk.

Geniet julle Ledlensers!!!
Wys bietjie hoe jy hom vas sit op die geweer en hoe jy die lig aan en af sit...

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Fri Apr 01, 2011 4:35 pm
by C.J.
Ek het vir my een van daardie LED lenser's gekoop. My pa se ek moet versigtig wees met daardie flits, ek gaan die veld aan die brand steek!
Hulle lig 'n bars hou!

C.J.

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Fri Apr 01, 2011 5:58 pm
by Gerhard
As jy nou lekke lig soek om jakkals te soek in die nag nadat jy hom om gedop het.

Kry vir jou die H14 kop lig van Led lensor.

Ek het nog nie so kop lig tee gekom nie.

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Sat Apr 02, 2011 9:33 am
by Coenie (Swift)
Hi Gerhard,
Op my rekenaar kan ek geen fotos sien nie, net op di selfoon.... Weet ni hoekom nie dalk kan iemand my help?

Jy koop by ledlenser n gun mount is R70 - 80 sit lekker stewig, netjies duursaam kan maklik verstel en afhaal. Op my vektor lig hy op 100m so 2 derdes oor die teiken wat goed is vir sku goedjies, ek sal maandag probeer fotos oplaai.

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Sat Apr 02, 2011 12:16 pm
by Biker
Gerhard wrote: As jy nou lekke lig soek om jakkals te soek in die nag nadat jy hom om gedop het.

Kry vir jou die H14 kop lig van Led lensor.

Ek het nog nie so kop lig tee gekom nie.
Gerhard
Is daai koplig konvensioneel of led?
Groete Biker

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Sat Apr 02, 2011 1:36 pm
by Francois Marais
Biker

Ek dink by die laaitie se shop is van hulle, dink ek moet ma een aanskaf voor ons trippie, hier is n you tube video van hulle.....

http://www.youtube.com/watch?v=3pAU9PwiXdg

Hier is so n bietjie write-up oor hom.......
http://www.candlepowerforums.com/vb/sho ... Lenser-H14
http://www.ledlenser.co.za/products/H14.html
http://www.torchdirect.co.uk/led-lenser ... utput.html

Biker, die naam se dit, LED Lenser, sorry maat, kon him nie laat glip nie  ;D ;D ;D ;D ;D Dit moet die St Nowhere koors wees.......

Mooi loop
Francois

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Sat Apr 02, 2011 4:24 pm
by Gerhard
Biker wrote:
Gerhard wrote: As jy nou lekke lig soek om jakkals te soek in die nag nadat jy hom om gedop het.

Kry vir jou die H14 kop lig van Led lensor.

Ek het nog nie so kop lig tee gekom nie.
Gerhard
Is daai koplig konvensioneel of led?
Groete Biker
Biker,

Is n led lig.

Hy gooi n lig met 4 pen lights wat jy nie sal glo nie.

Jy sal met gemak n jakkals op 100meter in die nag skiet met die kop lig

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Sat Apr 02, 2011 4:49 pm
by fanie17
Ek het n M7R op die skou gekoop,is rechargeable,het ook n montering gekry om aan n geweer vas te sit,die prys was ,ek dink,so omtrend R1000,00 Hy skyn n bars hou.

Re: Led Lenser Flitse

Posted: Sat Apr 02, 2011 5:21 pm
by Christo
Het iemand 'n prys op die H14's. Al prys wat ek kry is op hulle website vir +- R700.00. Miskien moet ek een kry vir StNowhere