Page 1 of 1
Watter boog vir beginner?
Posted: Tue Jun 25, 2013 9:31 pm
by Wismit
Goeie naand,
my laaitie(11jr) het my oorreed dat ons bietje die boog jag ding ook probeer.
Sekerlik kry mens boee wat wissel van `n "ford" tot "Ferari".
Ek is opsoek na die "Howa" van boee. Nie die beste nie maar ook nie die slegste nie maar goeie waarde vir geld. Ek sal graag bokke wat wissel van rooibok tot BWB vir my laaitie en vir my dan ook eland kan skiet.
Enige raad vir `n boog vir my laaitie en myself sal wardeer word.
W.S
Re: Watter boog vir beginner?
Posted: Wed Jun 26, 2013 5:55 am
by Gerhard
Waar bly jy W.S?
Re: Watter boog vir beginner?
Posted: Wed Jun 26, 2013 7:03 am
by egenis
Gaan loer na die:
http://www.huntersfriend.com/2013_Diamo ... eryone.htm
Dis baie goeie boog vir 'n laaitjie - kan sy ponde van 5# af opstel na 70# toe.
Dan is die draw length varstelbaar van 13" tot 30", hy kan letterlik die ding skiet tot hy eendag werk en sy eie boog gaan koop.
As jy die kit koop kry jy die boog, sight en arrow rest. Hy moet dan net 'n release en pyle kry. Dan is hy reg om tr oefen.
As jy meer details nodig het kontak gerus vir Kobus en gesels met hom - sy nommer is hier:
http://www.stealthadventures.co.za/Contact_Details.aspx
Re: Watter boog vir beginner?
Posted: Wed Jun 26, 2013 7:31 am
by Zack Benade
Verstelbaarheid van ponde en drawlengte is eerste vereisde want die mannetjie gaan van 11jaar baie verander in ligaam sterkte en lengte. Die boog moet verstelbaar wees om hierby aan te pas.
Re: Watter boog vir beginner?
Posted: Wed Jun 26, 2013 8:12 am
by Eugene
Jy kan kyk na die Mission Craze, lekker verstelbaar en teen 'n goeie prys ook. Dink dit was laas so R4500 vir die pakket. Ek hoor die ouens sê hy is nie akkuraat nie, maar ek het al minstens 3 pyle ge-robin met my vrou se boog, so ek byt swaar aan daai storie...
Sterkte en kom vertel wat jy gekoop het.
Re: Watter boog vir beginner?
Posted: Wed Jun 26, 2013 8:31 am
by henried
Ek het Diamond Razer Edge vir my seun gekoop, als was R3600...
Kan ook baie stel.
Re: Watter boog vir beginner?
Posted: Wed Jun 26, 2013 8:35 am
by Geno
Lila het 'n Diamond Rock 2.0
Bitter lekker boog.
Re: Watter boog vir beginner?
Posted: Wed Jun 26, 2013 9:33 am
by Roger
Diamond Infinite Edge, stel van 5# - 70# en van ek dink 16" - 30" draw. Was laaste geadverteer vir R3800 met RAK kit.
Re: Watter boog vir beginner?
Posted: Wed Jun 26, 2013 9:37 am
by SV MAD (Henk)
Enige van die boee wat die manne hier noem sal werk. Jy sal maar die laaitie moet vat dat hy skiet en se watter skiet lekkerste.
Re: Watter boog vir beginner?
Posted: Wed Jun 26, 2013 9:41 am
by henried
Gesels met die "National Archery School Program: ouens, en hoor of daar nie 'n klub naby jou is nie.
Hulle het die Genisis , wat 'n lekker maklikke boog is, nie vir jag bedoel nie, maar jou seun sal kan skiet en sien of hy van die sport hou.
Jy sal van hulle boë kan gebruik tot jy seker is dit is wat jou seun wil doen.
My seun het gehou van die idee, hy het nie gedink dit was so baie oefen nie...
Re: Watter boog vir beginner?
Posted: Fri Jun 28, 2013 9:33 am
by VgxRaven
Hi W.S,
Jy kan kyk na die Diamond Infinite Edge vir jou seun en dan sal ek sê kyk na die Bowtech Assassin vir jouself, hy kan van 50-70 ponde stel en hy skiet soos 'n droom. (Ek is maar 'n Bowtech man

)
Maar gaan skiet 'n klomp boogies en kyk watter een voel vir julle die lekkerste.
Sterkte met die boog soek, die sport is vreeslik verslaawend, ek en my vrou het so 3 maande terug begin skiet en ons is nog nie 1 dag spyt nie.
Jy kan die ouens by Archers Edge kontak, hulle sal jou mooi help.
http://www.archersedge.co.za/
Groete,
Vincent