Page 1 of 2

Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Jun 26, 2013 9:49 am
by alecjohnson
Ek en my een vriend het noudiedag aant praat gegaan en soos gewoonlik kom ons op 'n of briljante of hiper K#K idee uit. Die idee is met swartkruit wat nou by party plekke onbekostigbaar raak, hoe sal dit loop as mens byvoorbeeld S385 in 'n voorlaaier sit in plaas van Swartkruit?

Ons gaan dit nie doen nie! net gewonder of dit sal werk of nie en of iemand dit dalk gedoen het.

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Jun 26, 2013 10:09 am
by Pvdw
Julle speel nou met die leeu se bal!!! as jy dit gaan probeer sal ons sekerlik van jou in die koerant lees! :): ??? :'(

Daar is net 1 maatskapy wat so paar jaar terug 'n nitro voorlaaier kon bou en die is ook glad nie populêr nie.

Darm bly om te sien jy gaan dit nie probeer nie ;)

Peet

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Jun 26, 2013 10:26 am
by alecjohnson
okay dankie. noggals lekker gelag oor die idee. net so terloops nie een van ons het voorlaaiers nie.

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Jun 26, 2013 11:15 am
by LUAN
Ek het ook die idee gehad gistraant maar toe gedink ek mors liewer nitro kruit in my doppie geweer as voorlaaier dis nie dit werd. Jy kan jou eie swartkruit maak so terloops....

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Jun 26, 2013 1:05 pm
by Chris Swart
.303 wrote:Ek het ook die idee gehad gistraant maar toe gedink ek mors liewer nitro kruit in my doppie geweer as voorlaaier dis nie dit werd. Jy kan jou eie swartkruit maak so terloops....

Dit is net so gevaarlik :): :): :):

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Jun 26, 2013 3:50 pm
by Polla1983
Chris Swart wrote:
.303 wrote:Ek het ook die idee gehad gistraant maar toe gedink ek mors liewer nitro kruit in my doppie geweer as voorlaaier dis nie dit werd. Jy kan jou eie swartkruit maak so terloops....

Dit is net so gevaarlik :): :): :):


Chris...glad nie gevaarlik nie! Die proses om dit temaak is dood eenvoudig. Natuurlik, as jy dit doen met n paar 'polisie koffie's' in die hand en stywe sigare in die vertrek...kan dinge dalk sports raak!

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Jun 26, 2013 9:08 pm
by Arnold
alecjohnson wrote:hiper K#K idee
Jy het dit klaar gesê ;)

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Jun 26, 2013 10:51 pm
by Dawie
Ek ken 'n ou wat dit gedoen het. Hy't net bietjie rooklose kruit by die swartkruit gemeng en sy skietding het gebars, gelukkig het hy niks oorgekom nie.

Swartkruit wapens, selfs die modernes en replikas is nie gemaak om rooklose kruit se druk te hanteer nie.

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Sat Oct 12, 2013 11:51 am
by kierriie
Wil net weet of daar iemand is wat weet waar kan ek swartkruit kry, My geweer staan en stof opgaar. Wil n enkel loop 12 boor van myne maak, dis n modern een knak soos n haalgeweer. is dit nie n beter plan as om rooklose kruit te probbeer nie

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Sat Oct 12, 2013 12:26 pm
by LUAN
Jy het mos nou gelees dat dit nie n goeie plan is om rooklose kruit in die voorlaaier te gooi nie. Of wil jy jou kakebeen verloor? Swartkruit is skaars probeer die myne plekke soos AEL wat dit gebruik vir blasting maar dit kos heelwat.

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Sat Oct 12, 2013 2:25 pm
by JAGTERSREG-JRM
n Baie kort antwoord......BOOOOOM........en nie die mooi een wat voor n stuk lood dryf nie

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Sat Oct 12, 2013 6:29 pm
by LouisR
AEL is ongelukkig enigste plek op oomblik soos 303 gese het. Myne moet maar nog stof opgaar, ek geniet hulle vreeslik maar teen daai prys stof ek eerder meer af.

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Sat Oct 12, 2013 7:30 pm
by kierriie
Se nie ek gaan rooklose kruit ingooi nie. Wil hom by n geweersmid laat ombou na 12 boor. Moet net n 12 boor enkel loop opsit. Lyk nes my pa se 12 boor waar slagpen uitkom. Soek net n ou wat dit sal doen. Almal het 100 stories. Maar as hulle tot op maan kan kom is alles moontlik

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Sun Oct 13, 2013 11:50 am
by vriell
S&O verkoop swartkruit....DUUUUURRRRR

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Sun Oct 13, 2013 1:08 pm
by kierriie
Hulle het nie. Het Vrydag baie plekke gebel.

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Sun Oct 13, 2013 2:39 pm
by alecjohnson
Dit was 'hele ruk terug wat ek gedink het aan die idee. Nie lank daarna het ek op die afgekom ( as jy sensetief is moet nie gaan kyk nie ) die geweer het ontplof...

Dis hoe dit voor die vats gelyk het
http://3.bp.blogspot.com/_femhrxbNtS0/S71FrHVDyFI/AAAAAAAAFHM/xXTVV6RgVJQ/s1600/ATT00003.jpg

Die is 'n foto van sy geweer

http://1.bp.blogspot.com/_femhrxbNtS0/S71GA6SOSbI/AAAAAAAAFHc/xJhyiXHIT0Y/s1600/ATT00001.jpg

en as jy wil sien hoe sy hand lyk gaan kyk hier:http://seanlinnane.blogspot.com/2010/04 ... uzzle.html

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Mon Oct 14, 2013 8:54 am
by kierriie
Die savage kan jy rooklose kruit gooi volgens die berug maar die ou het nie gelees dat jy n ander hoeveelheid moet gooi as met swartkruit nie. Gooi rookloos 43gr en die swartkruit kan tot 150gr gaan. Baie groot foutjie.

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Mon Oct 14, 2013 8:59 am
by kierriie
Ek sal die proef konyn wees. Gaan 20gr 385 in my Buckstalker gooi.Op n Tafel in n skroef vasmaak en met n tou aftrek. Gaan n ronde bal gebruik want hy het baie minder weerstand as n sabot. as die geweer opblaas dan is dit dan maar so, hy staan tog in elkgeval net my kluis vol. tensy iemand hom wil he vir R3000. PM my.

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Mon Oct 14, 2013 9:06 am
by LUAN
Ja doen jy dit. Dis elk geval goedkoper om rookloos te gebruik as swartkruit en die performance is soveel meer en dan gebruik jy nog minder kruit ook. Onthou om fotos te plaas van voor en na die skoot.

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Mon Oct 14, 2013 10:16 am
by JohanvB
Alec...jou Pa gaan jou mos hard M...as jy sulke dinge aanvang...

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Oct 16, 2013 11:23 am
by Mars67
Kêrels hou liewer verby! Dit gaan nie net oor die verminderde lading nie maar ook oor die druk piek. Hy gaan dalk die eerste twee kere oorleef en dan byt hy jou as hy naby jou neus is!!!

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Oct 16, 2019 3:53 pm
by FHM
Iemand se trein het erg ontspoor... ++>:
Dit was nou die plasing van n kreefkop uit Barbados net voor my e-pos.
Dink die mods het dit verwyder.

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Oct 16, 2019 3:57 pm
by Hein M.
Chris Swart wrote:
.303 wrote:Ek het ook die idee gehad gistraant maar toe gedink ek mors liewer nitro kruit in my doppie geweer as voorlaaier dis nie dit werd. Jy kan jou eie swartkruit maak so terloops....

Dit is net so gevaarlik :): :): :):
Toe nie. Ek doen dit al jare lank. Baie veilig en baie pret. Ek laai wel nie dit in gewere nie, maar as jy begin met verminderde ladings behoort dit heel fine in 'n swartkruitgeweer te werk ;) Ongelukkig taamlik baie moeite vir relatief min kruit.

Groetnis!

Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Oct 16, 2019 4:31 pm
by Harambe
Dit is natuurlik moontlik om jou eie swartkruit te maak. Dit vat lank, maar dis nie so 'n ingewikkelde proses nie. https://www.youtube.com/watch?v=pm-7WzUrmzo



Re: Is dit 'n bom of kan dit werk?

Posted: Wed Oct 16, 2019 4:43 pm
by Hein M.
FHM wrote:Iemand se trein het erg ontspoor... ++>:
Dit was nou die plasing van n kreefkop uit Barbados net voor my e-pos.
Dink die mods het dit verwyder.
++>: Dog dis Paul Kruger wat ons waarsku teen die gevare van swartkruit :angel: