Page 1 of 2

Watter High -End Boog

Posted: Tue Jul 02, 2013 9:02 pm
by JHS
Naand almal

Ek doen bietjie huiswerk oor i paar boe en wil net bietjie insette hoor asb
die Bowtech Invasion die Bowtech Insanity cpx die Bowtech Expierence die Bowtech Destroyer 350 en die Pse x force omen en die Pse dream season evo is daar enige ingligting en voorkeure aan hierdie boe en hoekom die voorkeure wat is die pryse wat hierdie boe afsonderlik 2de hands sal wees en meer inligting asb
hulp sal waardeur word Dankie

Re: Watter High -End Boog

Posted: Tue Jul 02, 2013 9:15 pm
by HennieC
Daar is net 2 boe op die mark.
'N nuwe Monster en 'n Ou Monster :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Watter High -End Boog

Posted: Tue Jul 02, 2013 9:23 pm
by VdWalt
My D350 skiet draaie om n Monster met n baie smoother draw. >:D

Re: Watter High -End Boog

Posted: Tue Jul 02, 2013 10:01 pm
by JPS
Van der Walt,

stem 100% saam jou. My detroyer en Invasion vet ek enige dag bo enjge Monster......

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 6:46 am
by egenis
Ek skiet met PSE Dreamseason DNA.

Amper die spoed van 'n Omen maar nie so aggresief nie.
Baie maklik om te tune
Jy hoef ook nie ander cams te koop as jy drawlength en dies meer stel nie.
Lifetime guarantee op die limbs - hulle vervang dit lag lag vir jou (imts dit nie ge-dry fire is nie)
En vir my is dit seker die boog met die mooiste vorm wat ek nog gesien het.

Ek sal nie so boog 2de hands koop nie - nie van iemand wat ek nie ken nie in elke geval. Op een van die Boog forums is daar wel iemand wat 'n Omen verkoop vir 6k of net onder dit... Nie seker nie...

Ek is vrek happy met daai ding en sal dit aanbeveel.

http://pse-archery.com/c/compound-bow

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 7:15 am
by VdWalt
egenis wrote:Ek skiet met PSE Dreamseason DNA.
Ek sal nie so boog 2de hands koop nie - nie van iemand wat ek nie ken nie in elke geval. Op een van die Boog forums is daar wel iemand wat 'n Omen verkoop vir 6k of net onder dit... Nie seker nie...
Ek is vrek happy met daai ding en sal dit aanbeveel.
http://pse-archery.com/c/compound-bow
Dis my broer se Omen - prys is R 5500 en is 70 - 80 pond boog - en hy
skiet weer draaie om my D350! Sy kop het op tradisioneel vasgehaak en dis hoekom
hy wil verkoop. Ek het op 'n jaar of wat lank 'n 80 pond Monster 6 geskiet en ek moet
sĂȘ daar is regtig nie vir my 'n verskil tussen die Omen en die Monster se draw nie, die
Omen is net vinniger.

My Hoyt Turbo Hawk se draw was die lekkerste maar as jy bietjie spoed soek moet jy
of ponde jaag of bereid wees om bietjie moeilike cams te trek.
Ek vat eerder die cams - as jy hom getrek het is die ponde wat jy vashou lekker lig
en jy kan konsentreer op jou skoot, jy hoef nie te worry die boog gaan jou blaaie
tot op jou bors pluk nie. (Veral as die bok loop en jy moet weer ontspan)

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 8:47 am
by SV MAD (Henk)
Manne, Uit die bowtech boee genoem sal ek die experience vat, blykbaar skiet hy baie lekker.

Ek sal die Omen vat, maar omdat 'n aggresiewe draw curve my nie pla nie. As die omen in 90pond gekom het, het ek hom dadelik gekoop.

Hoyt het ook die vector turbo, wat by die 340fps is. Baie gladde trek (met 7duim BH as ek reg onthou). Hoyt is moer sterk boee.

Mathews, ek reken as ek 'n Mathews MOET besit, dan sal dit n Monster wees.

Beste raad is om afsprake te maak en die boee te gaan skiet en vir jou self uit te sort wat die lekkerste skiet

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 8:49 am
by Eugene
SV MAD (Henk) wrote:Beste raad is om afsprake te maak en die boee te gaan skiet en vir jou self uit te sort wat die lekkerste skiet
Goeie raad! Wat vir jou pel werk, gaan nie noodwendig vir jou werk nie!

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 8:53 am
by Gerhard
Eugene wrote:
SV MAD (Henk) wrote:Beste raad is om afsprake te maak en die boee te gaan skiet en vir jou self uit te sort wat die lekkerste skiet
Goeie raad! Wat vir jou pel werk, gaan nie noodwendig vir jou werk nie!

100%

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 12:25 pm
by HennieC
Al wat ek sal voorstel is vra die verkoops persoon wat verkies hy en dan kyk na presies die selfde ponde en trek lengtes en volgens dit gaan jy na wat jou hart se :)
Die rede hier oor is dat sekere ouens vir jou 'n Monster met 'n langer trek lengte gee wat 70 lbs gestel is en dan gee hy vir jou 'n Hoyt wat die regte trek lengte is en laer ponde gestel is. Dan reken hy voel self watter een skiet die lekerste. so koop jy dan die een wat nou makliker is wat net verkoops tegniek is.

Spoed is nie altyd alles nie. ;D

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 1:17 pm
by Zack Benade
Spoed is nie altyd alles nie.
As 'n Hoyt man het ek ook maar altyd hierdie gesegde gebruik. ++>: ++>: ++>:

As dit by 'n jag boog kom is spoed en pylgewig baie belangrik. :angel:

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 1:22 pm
by VdWalt
Zack Benade wrote:
Spoed is nie altyd alles nie.
As 'n Hoyt man het ek ook maar altyd hierdie gesegde gebruik. ++>: ++>: ++>:
As dit by 'n jag boog kom is spoed en pylgewig baie belangrik. :angel:
++>: ++>:

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 1:23 pm
by henried
Ek is ook n' Mathews fan :laugh:
Hulle is meer as net 'n boog maatskapy...

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 1:28 pm
by VdWalt
henried wrote:Ek is ook n' Mathews fan :laugh:
Hulle is meer as net 'n boog maatskapy...
++>: ++>: Dis hoekom ek 'n Bowtech het, ek koop
maar by 'n mpy wat in boee spesialiseer...!

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 1:29 pm
by henried
VdWalt wrote:
henried wrote:Ek is ook n' Mathews fan :laugh:
Hulle is meer as net 'n boog maatskapy...
++>: ++>: Dis hoekom ek 'n Bowtech het, ek koop
maar by 'n mpy wat in boee spesialiseer...!
;D :) ;)
Mathews se hart is op die regt plek.

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 2:48 pm
by Roger
Hoyt Spyder Turbo of as budget n kwessie is, Hoyt Vector Turbo...

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 2:52 pm
by Gerhard
ek het gewag vir die brand bragging om te begin... hehehe

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 2:59 pm
by Roger
Gerhard wrote:ek het gewag vir die brand bragging om te begin... hehehe
LOL!

Maar ek het Diamond besit en Bowtech, Mission, Reflex en Mathews al geskiet en vir MY was die Hoyt nog die beste boog. Goeie kwaliteit, smooth draw en genoeg poeier.

++>:

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 3:00 pm
by Gerhard
Nee wat...

Ek het sommer van die begin af geweet ek gaan nie sukkel nie...

Toe koop ek Bowtech!!!

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 3:21 pm
by SV MAD (Henk)
Roger wrote:
Gerhard wrote:ek het gewag vir die brand bragging om te begin... hehehe
LOL!

Maar ek het Diamond besit en Bowtech, Mission, Reflex en Mathews al geskiet en vir MY was die Hoyt nog die beste boog. Goeie kwaliteit, smooth draw en genoeg poeier.

++>:
Amen, dankie vir die waarheid!

Re: Watter High -End Boog

Posted: Wed Jul 03, 2013 3:33 pm
by henried
Blou bul.... :o

Soos jy kan sien gaan jy baie antwoorde kry... ;)
Skiet en voel watter een jy van hou.

Ek het baie goeie goed van die Assassin ook gehoor, self Bear.

Re: Watter High -End Boog

Posted: Thu Jul 04, 2013 6:57 am
by egenis
Ai.... soveel mense wat sommer heel van die pad af is...
;D


JHS het advies gevra oor 'n top end boog en julle praat hom mal met mathews, hoyt en dies meer...
Kry julle nie skaam om so vir die man te lieg nie!

:laugh:

Re: Watter High -End Boog

Posted: Thu Jul 04, 2013 8:48 am
by Eugene
JHS, jy gaan nooit instemmigheid kry oor watter boog die beste is nie, dis soos die 308 vs 30-06 debat of die Toyota vs Isuzu en BMW vs Mercedes debat. :P

Gaan kyk wat werk vir jou en waarmee jy gemaklik voel. Dis nie die naam wat die bok dood nie, dis die BH en pyl en die ou wat bepaal waar daai pyl heengaan!

Moet ook nie so bekommerd wees oor spoed en ponde nie. Ek het al tot elande met my Drenalin met 515gr totale pylgewig met 100gr BH geskiet en pyl was elke keer dwarsdeur. Oefening, vertroue en skootplasing, dis die belangrike goed, die naam van die boog is 'n absolute bysaak en eers belangrik om die kampvuur... ;)

Re: Watter High -End Boog

Posted: Thu Jul 04, 2013 8:53 am
by henried
Eugene wrote:....die naam van die boog is 'n absolute bysaak en eers belangrik om die kampvuur... ;)
...en op die forum!.. :laugh:

Re: Watter High -End Boog

Posted: Thu Jul 04, 2013 8:59 am
by SV MAD (Henk)
Bwahahaha!

Boog brand name bashing is tog so lekker, en in so goeie gees!

Eerlik waar, daar is nie 'n slegte boog daar buite nie. Gaan skiet en kyk waarvan jy hou. Spoed is nie als, my pyle vlieg maar teen 260fps maar hulle skiet net so dood soos 'n pyl wat 310fps travel!