Page 1 of 1

Pak van loop

Posted: Wed Jul 03, 2013 4:35 pm
by Quinna
Hello manna en Daan.

Ek wil by die wat dit nou al gedoen het hoor wat hul se. Ek het n .270 by my oupa geerf en die roer het n baie sagte plek in my hart. Ek dink daar aan om die aksie te pak.

Ek wil nou hoor by die manne wat is die beste manier om te gan, ek het nou al gehoor van glass bedding en pillar bedding en dan ook is dit moontlik om die loop te laat float of sal dit nie aangeraai word nie.

Ek hoor graag wat julle se

Re: Pak van loop

Posted: Wed Jul 03, 2013 4:59 pm
by PWV
Kan jy 'n foto van die geweer hier opsit?

Re: Pak van loop

Posted: Wed Jul 03, 2013 5:06 pm
by wlm
Google is jou beste vriend.

Re: Pak van loop

Posted: Wed Jul 03, 2013 7:09 pm
by Armand Steenkamp
Pak die aksie float die loop.

Groetnis

Re: Pak van loop

Posted: Wed Jul 03, 2013 7:55 pm
by DawieKotze
Vind presies uit watter aksie jy het. Van Musgrave se aksies is die Santa Barbara weergawe van die K98 en 'n geweersmid (Johan Crouse by S&O) het vir my gesê dat daardie aksie nie goed doen met pillar bedding nie. Jy bed net die aksie.

Re: Pak van loop

Posted: Thu Jul 04, 2013 9:26 am
by Quinna
Dankie almal ek al n foto op sit sal vnd gou n paar neem.

As ek dit nie mis het nie is dit n Santa Barbara, ek het ook ma gedink om hom S&O toe te vat lat die manne daar kyk en vir my se wat die beste sal wees.

Groete

Re: Pak van loop

Posted: Fri Jul 05, 2013 10:35 am
by Quinna
Hello oom driepoot. Hier is die foto's

Re: Pak van loop

Posted: Fri Jul 05, 2013 12:46 pm
by swc-tr
Jou geweer se aksie is 'n K98, nie die Santa Brabara kommersiële Mauser aksie wat op ouer Musgraves gebruik is nie.
Pak in elkgeval net die aksie, freefloat die loop.