Page 1 of 1
Pap Brandsel........
Posted: Wed Jul 03, 2013 7:50 pm
by Sarel
Soos ek hier nou tik, eet ek bietjie pap aan brandsel sommer so uit die pot uit met bietjie melk. Partykeer eet ek dit so droog met bietjie botter en suiker.
Wie hou nog daarvan?......
P.s. Ek weet die Kapenaars en Vrystaters is nie so lief vir stywe mieliepap nie
Re: Pap Brandsel........
Posted: Wed Jul 03, 2013 8:19 pm
by mariusr
Re: Pap Brandsel........
Posted: Wed Jul 03, 2013 8:31 pm
by Jacquesb
Heng Sarel, Nou praat jy van lekker ontbyt!
Met dik botter op vir 'n paar sekondes gemicrowave!!
Groetnis
Re: Pap Brandsel........
Posted: Wed Jul 03, 2013 8:51 pm
by Nickvn
Baie lekker, geniet dit ook. Hy moet so mooi bruin wees net nie swart nie. Met botter suiker en melk, konings kos.
Re: Pap Brandsel........
Posted: Fri Aug 02, 2013 3:42 pm
by Hannes stof trapper
Ek smaak ook n stukkie pap aanbrandsel dit loop vir my mooi.
Hier in Juba maak ek baie pap en vreet daai aanbrandsel graag
Re: Pap Brandsel........
Posted: Fri Aug 02, 2013 6:07 pm
by mariusr
Hannes ek dink daar word gese die dunste boek in die wereld is die Sudanse kookboek of een of ander land daar naby jou!! He he! Bly jy darem pap om te eet!!?
Re: Pap Brandsel........
Posted: Fri Aug 02, 2013 6:25 pm
by FrancoisN
Ek eet hom ook. Net so met botter gesmeer. Dis soos koek vir n ...........!!!!
Re: Pap Brandsel........
Posted: Fri Aug 02, 2013 8:01 pm
by Christo
Net met suiket, koud. Op sy lekkerste
Re: Pap Brandsel........
Posted: Fri Aug 02, 2013 8:33 pm
by junglejulian
Snaaks watse goed n mens van jou kleintyd kan onthou..my oupa was n norse grompot maar hy KON papmaak...
Daar was elke dag n nommer 3 pot met pap gemaak op die vuur..die laaste bietjie pap en brandsel sal dan met n half blik kondensmelk,bietjie melk,blik heelpit mielies,bietjie bruinsuiker en heelwat botter weer warm gemaak word en die 5 nefies elkeen met n lepel so om die pot ons geeet dat jou maag wil bars..