Sal jy 'n buffel uit 'n treestand uit skiet met 'n boog?
Ekself, sal nie. Ek sou hom te voet jag, dis mos waaroor dit gaan?
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 8:06 am
by G-force
Mahala ja,betaal dan nee.
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 8:06 am
by Gerhard
Oppi voete ...
Ek vir hulle te veel op 5 tree uit die hide gesit en kyk en dis niks om uit n hide of tree stand buffel te skiet nie.
Hulle raak mak op voer...
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 11:32 am
by Dimitri
As ek n' buffel wil jag sal ek hom nie uit n' treestand skiet nie want ek sien dit nie as jag nie. Dit geld ook vir koedoes, rooibokke, vlakvarke en al die ander diere. Die enige uitsonderings, vir my, is iets soos bv n bosvark wat amper ontmootlik is om te walk en stalk.
Maar as ek by n' plaas aankom en die boer my vra om n' buffel te skiet (vir watookal rede) en dat ek nie mag walk & stalk nie sal ek nie n' probleem he om vir hom een te SKIET.
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 11:41 am
by DWB
Net bang manne wat voor die tyd al in die boom klim
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 11:43 am
by Eugene
Elke ou het seker sy idee van wat jag en wat skiet is en ek raak nie meer betrokke in daai debatte nie. Vir MY is die trill van buffeljag met die boog, juis om hom te voet te jag en jou skoot binne 15y te kan maak!
As ek hom uit 'n hide of treestand moet skiet, sal ek eerder verby hou...
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 11:45 am
by Zack Benade
Boom klim gang verseker jou voorland wees.
Ek klim eerder voor die tyd rustig in die boom as om binne 'n sekonde deur 50 pendorings te probeer kruip.
Mag ek bakkie ry?
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 12:19 pm
by SV MAD (Henk)
Zack Benade wrote:Boom klim gang verseker jou voorland wees.
Ek klim eerder voor die tyd rustig in die boom as om binne 'n sekonde deur 50 pendorings te probeer kruip.
Mag ek bakkie ry?
Stem saam.
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 12:25 pm
by SV MAD (Henk)
ander ding is, ek kan nie die foto sien nie, maar ek sal daai buffel dril met my boog dat hy fkn luister! maak nie saak hoe hy staan nie!
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 12:53 pm
by Zack Benade
Henk
So praat 'n man mos wat hou van ponde.
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 12:53 pm
by Gerhard
SV MAD (Henk) wrote:ander ding is, ek kan nie die foto sien nie, maar ek sal daai buffel dril met my boog dat hy fkn luister! maak nie saak hoe hy staan nie!
Jy kan dalk so liggies verras word met daai stelling...
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 1:05 pm
by SV MAD (Henk)
Maar as ek in n treestand is... Okay soos ek gese het, ek kan nie die foto sien nie.
Sal wel my pyle opstoot na so 1000 of 1100gr, hulle behoort mooi te loop teen so 200-220fps, dan kan ek n buff n Vrystaat hartskoot skiet en ek sal genoeg penetreer tot in die vitals. Met meer as 1 MOM slug sal daai pyl nie sommer stop nie.
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 1:18 pm
by Arnold
Soek mens nie vir moeilikheid as jy gaan buffels skiet te voet nie en is dit nie hoekom jy dit doen nie ... ?
As dit nie die rede is nie kan jy hom mos maar uit die boom skiet of vanaf die bakkie met jou 6br of dalk van die stoep af met 'n 50 cal
Eendag gaan ek moeilikheid soek met 'n .416 Rigby in my hande ...
Re: Sal jy?
Posted: Thu Jul 04, 2013 1:23 pm
by SV MAD (Henk)
Ek dink dit hang af.
Ja, daar is kans dat hy jou kan trap. So boogjag is baie gevaarliker as geweerjag in die opsig.
Gaan ek net so 'n rush kry as die buffel onder my staan ek en skiet uit treestand uit vergeleke as wat ek hom bekruip? Ek dink so.
Gaan die foto vir my se ek het hom bekruip of uit 'n boom geskiet? Ek dink nie so nie, die foto vertel net dat jy hom geskiet het.
Dus, as jy (soos ek) jou lewe liefhet, vermy die onnodige riskantheid, neem die onnodige gevaar uit die situasie. Of gaan jy wens, as jy getrap word deur die buffel, dat jy liewerste nog in die boom moes gesit het sodat jy ekstra dae saam met jou kinders kon kuier?