Page 1 of 1

GPS Dog Tracking Collars

Posted: Mon Nov 01, 2010 3:29 pm
by John101
Saam met my broer en n vriend het ons n paar bosvark honde en as
die honde hier in ons berge weg raak agter die varke aan sukkel ons soms om hulle te " locate ", waar hulle die vark vas keer , of selfs as hulle oor een of twee rante en deur n paar kloove is .

My vraag is , het een van julle al GPS collars op julle honde al gebruik ,
hoe goed werk dit , op watter afstande ontvang julle nog sien in die berge.
Ek sien Garmin maak n collar , weet net nie of hy al hier verkoop word nie.

Ek hoop iemand kan info deel ,

John.

Re: GPS Dog Tracking Collars

Posted: Tue Nov 09, 2010 9:46 pm
by Francois Marais
John

Het van die goete gebruik met ons Luiperdjagte, jy koop n GPS en drie collars, dis ma duur en het n jagter vir ons die stel saamgebring, was 2 jaar terug so R8000. Hulle se die reikafstand is 5 myl, weet nie hoe ver dit in regtige berg wereld sal werk nie.

Kyk na die links, en kan jy dalk meer wys word.

http://www.gundogsupply.com/garmin-astro.html
https://buy.garmin.com/shop/shop.do?pID=15512&ra=true
http://www.cabelas.com/catalog/browse/h ... _stype=GNU

Hoop dit help.

Mooi loop
Francois

Re: GPS Dog Tracking Collars

Posted: Wed Nov 10, 2010 7:50 am
by Gerhard
Ek het saam met die manne in Wartburg een Saterdag oggend gaan bosvark jag met die honde.

Hulle het die Garmin GPS Collars op hulle honde en dinge werk baie makliker.

Die honde kan weg raak vir lank tussen die suiker riet. Met die collar op ry hulle net agter die hond aan tot hulle hom sien en weer op die bakkie kry voor na die volgende area beweeg word...

Re: GPS Dog Tracking Collars

Posted: Wed Nov 10, 2010 10:16 am
by John101
Francois

Dankie vir die " links " het  daar gekyk . Hoe het die collars met die kat jag gewerk , en gebruik jy hulle nog steeds .

John

Re: GPS Dog Tracking Collars

Posted: Wed Nov 10, 2010 10:27 am
by John101
Gerhard

Dankie vir die " 1st hand " info . As jy dalk een van daai manne se nommers nog het sal ek dit waardeer as jy dit vir my kan PM , dan kan ek direk die  " PRO`S and CON`S " by hulle dalk kry .

John

Re: GPS Dog Tracking Collars

Posted: Wed Nov 10, 2010 10:29 am
by Francois Marais
John

Het baie goed gewerk, jy kon sien waar die honde is mbt jou posisie, die GPS wys ook of die hond track point of rus, hoe hy dit kan bepaal weet ek nie, maar hy doen.

Ons mag nie meer met honde jag in Namibie, en die units was die hondeman s'n, maar ek reken hy gebruik hulle nog.

Mooi loop
Francois

Re: GPS Dog Tracking Collars

Posted: Tue Sep 30, 2014 4:18 pm
by F.L.A.S.H
Dagse manne

Ek weet ek kom haal die thead agter die berg uit maar my vraag is maar die selvde

Ek is opsoek na tracking collars vir ons bosvark honde

Ek het so betjie met Garmin gepraat oor hulle Garmin Astro systeem maar dit lyk vir my of dit uintelik ontwettig is om hullebin SA te gebruik (its te doen met ICASA lisensie)

Ek werk in Amerika op die oomblik so kan die goed terug bring maar wil nie die geld spandeur as dit nie gaan werk nie.

Het eenige van julle raad asb of n epos address van iemand wat die Garmin in SA gebruik?

By voorbaat dankie

Mooiloop
Dave

Re: GPS Dog Tracking Collars

Posted: Tue Sep 30, 2014 4:21 pm
by F.L.A.S.H
Hier is die epos wat ek ontvang het van Garmin SA

"Good day sir

 

We in SA do not bring the ASTRO series into the country

These devices cannot be licensed by ICASA hence we cannot bring them in for sale

 

Kind regards"

En toe my reply

"If i was to bring one in myself would it work? 

 

Could you program it for South Africa if i sent it to you?

 

Regards"

Toe se hulle

"Good day sir

 

This would be illegal as the Astro does not have the correct ICASA license

 

Kind regards"

Nou weet ek nie

Ons soek so 5 of 6 callars vir eers met n handheld

Dankie

Re: GPS Dog Tracking Collars

Posted: Wed Nov 12, 2014 11:10 am
by Turfjakkals
More
Ek weet nie of julle al reggekom het met die tracking collars nie. Ek gebruik garmin se gps halsbande en analoog tipe halsbande om my honde op te spoor . Die garmin gps stelsel het baie funksies maar n baie beperkte afstand en is heelwat duurder as die analoog stelsels. Die herlaaibare battery op die gps halsbande word ook baie gouer pap as die van die analoog stel. Vir kort afstand "pinpoint tracking" is die garmin halsbande goed ,maar verkies ek eerder n goeie analoog stelsel vanwee hulle aansienlik beter reik afstand ,langer battery lewe en prys verskil. Wildlife Materials , Trackerradio en Marshall radio vervaardig goeie analoog stelsels.

Re: GPS Dog Tracking Collars

Posted: Wed Jul 22, 2015 11:13 am
by Forester
Het enige iemand ondervinding met SportDog produkte? Ek stel belang in hulle halsbande vir opleiding. Het iemand al hierdie tipe goed gebruik? Ek besef daar is nie kortpaaie vir behoorlike opleiding nie, maar werk dit regtig as 'n addisionele hulpmiddel?

Re: GPS Dog Tracking Collars

Posted: Wed Jul 22, 2015 11:28 am
by junglejulian
ek gebruik die sportdog 800m vir my engelse pointer en werk baie goed.Die Dvd wat saamkom gee darem ook bruikbare inligting vir opleiding.Ek het sommer direk vanaf amerika gekry laas jaar.

Re: GPS Dog Tracking Collars

Posted: Wed Jul 22, 2015 11:46 am
by Forester
Op watter ouderdom het jy dit begin gebruik? Al waarvoor ek dit wil gebruik is vir die "kom" bevel.

Re: GPS Dog Tracking Collars

Posted: Wed Jul 22, 2015 11:50 am
by junglejulian
vanaf 4 maande.ek het voor dit net met harnas en halsband gewerk