Ladings vir 375 260g accubond met S335

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Flash

Ladings vir 375 260g accubond met S335

Post by Flash »

Kan iemand my asb help vr herlaai data vir 375 met 260g Nosler accubonds met S335 poeier?

Thanks
GREYHOUND

Re: Ladings vir 375 260g accubond met S335

Post by GREYHOUND »

Hello Flash

Nou wat wil jy skiet met daai groot gun van jou?? Ek hoop nie jy skryf in vir OTA IV nie anders gaan jy eers die jakkals soos n puzzle aanmekaar moet sit voor jy n foto kan neem!!!

groete greyhound
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Ladings vir 375 260g accubond met S335

Post by Robert »

Flash

Welkom hier by ons.

Ek hou van wat jy skiet. Ek wil nog 'n jakkie klop met my .375H&H met 'n 300 greintjie. Net omdat hy my so laat sukkel :P

Ek Laai 250gr spartan en dan die 300 pmp sp.

Robert
Oorwining deur opleiding
Flash

Re: Ladings vir 375 260g accubond met S335

Post by Flash »

Thanks Robert

Ek en Greyhound is maar doennig met Windhonde om Jak te stop (die dat hy spot), maar het al n Jak laat les opse met n 300g, moet se dis lekker en gladnie n overkill.

Groete
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Ladings vir 375 260g accubond met S335

Post by Wouter Roets »

Hallo Flash
Ek het die 260gr Nosler Partision vir n redelike lang tyd uit my 375 Ackley Improved uit geskiet. Dit was n lading van 86gr S365 vir n spoed van 2800 ft/sek. Hierdie lading het uitstekende akkuraatheid gegee maar vleisskade was ontsaglik! Ek was genootsaak met my eerste jag met die lading om al my rooibokke naderhand in die middel van die lyf te skiet om sodoende te kan gebruik wat ek jag. Die doodmaakvermoe was iets om te aanskou met elkeen van die bokke wat soos nat k#k geval het as daai punt hom getref het!
Die S335 wat jy wil gebruik is so bietjie vinnig met lae dopfullingspersentasie maar sal wel werk, met S355 wat eintlik n beter opsie sal wees met die punt. Jy kan die volgende gebruik met jou ladingontwikkeling vir die punt; Al die ladings is met n TPL van 91.44mm en 24 duim loop uitgewerk.
S335 Begin 63gr 89.8% dopfulling 50210psi 2508 ft/sek
        Maks 68gr 96.9% dopfulling 62225psi 2664 ft/sek
S355 Begin 68gr 96.9% dopfulling 49827psi 2579 ft/sek
        Maks 73gr 104%  dopfulling 62147psi 2771 ft/sek
Jy kan laer laai as bogenoemde, so laat weet maar net dan sal ek jou help daarmee.
Hoop dit help
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Flash

Re: Ladings vir 375 260g accubond met S335

Post by Flash »

Hi Wouter

Dankie vir jou hulp en moeite. Wil graag by so 2700f/s kom. Sal bietjie speel en kyk.

Groete
Post Reply