Page 1 of 2
OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 8:13 am
by cassie_calvinia
ek het paar vra oor obt. nie ook ql se gebruik daarvan nie.
as jou obt te vining, of net te stadig is, wat gebeur? ek weet dit het met kruit wat in die loop ontbrand te doen.
hoekom is daas verskillende obt nodes?
en net die algemene verduideliking van obt
hoe beinvloed boginoemde(te vining, of te stadig) akkuraatheid?
danie manne
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 9:02 am
by Wouter Roets
Kassie
Die hele teorie van OBT is dat ons nou wetenskaplik kan voorspel waneer die loop op sy stilste vlak gaan wees wanneer die koeel die tromp verlaat. Waneer jy te vinnig of te stadig is beteken dit net dat jou koeel die tromp verlaat wanneer die loop op n groeter bewegingssiklus is.
As jy dit wil visaluseer kan jy dink aan die figuur agt. n Node is die tydperk waar die twee sirkiltjies mekaar kruis en enige ander tydperk is wanneer hy besig is met een van die sirkeltjies. Dit is so eenvoudig as dit.
Wat jy nou moet verstaan is dat ons probeer om n lading te kry wat juis so in die middel is van hierdie figuur agt sodat wanneer omstandighede verskil wat jou barreltime beinvloed ons nog steeds binne hierdie gedeelte is waar die loop die stilste is sodat ons POI(groepering) nog steeds relatief naby aan mekaar is.
Jou OBT node wat jy kies of voor strewe moet nog steeds hand aan hand gaan met goeie herlaai praktyke. Bv dopvulling wat te laag is, n primer wat ongeskik is vir die aplikasie, n koeel wat te lank is vir die spiraal, n poeier wat nie geskik is vir die gewig koeel wat jy skiet ens. gaan nog steeds n groot invloed he op jou resultate. Hierdie moet op ag geslaan word en sal nooit geignoreer kan word met jou ladingsontwikkelings proses nie. Met die gebruik van QL kan n mens wel baie van hierdie aspekte adresseer en die groot bonus is nog steeds is dat ons al hierdie dinge kan doen veiliger as ooit tevore aangesien ons met baie realistiese drukvoorspellings sit.
Hierdie hele OBT teorie is niks anders as n wetenskaplike manier om die ou ladings ontwikkelings metodes soos die Ladder Test en OCW te vervang. Jy kan nog steeds van die metodes gebruik net om weer te sien dat dit ooreenstem met die OBT voorspellings.
Groetnis en welkom in hierdie wonderlike wereld waar jy nou vir n slag nie in die donker hoef te werk nie.
Wouter
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 9:15 am
by Cobus(Cobb)
Daai, figure 8, is nou die beste verduideliking nog....dankie Wouter...
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 10:11 am
by LUAN
Ek wil weet as jy 2 gewere van dieselfde kaliber en looplengte het gaan hulle obt op dieselfde spoed wees of het al die ander goed soos dopvolume verskille tussen die twee ook n effek?
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 10:21 am
by Nickvn
Soos ek dit versteen gaan OBT net oor die loop en het niks te make met enige iets anders nie. Soos ek dan verstaan sal die twee gewere dieselfde OBT spoed he. As dit nou kom by die laai om op daardie spoed te kom is n ander storie. Dit is nou waar al die ander faktore inkom soos jy genoem het.
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 10:39 am
by Carl
Nee Piet die berekening werk net op loop lengte. QL benodig dop volume.
https://docs.google.com/file/d/0B7Hb0Cp ... sp=sharing
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 10:47 am
by Wouter Roets
Manne
Twee eenderse gewere van die dieselfde demensies(looplengte) en kalibers sal tien teen een verskillende nodespoed he. Dit sal wel gewoonlik nie ver uitmekaar uit wees nie maar tog gewoonlik verskillend. Kyk maar net na twee gewere van dieselfde fabrikaat wat nie met presies dieselfde fabrieks aminusie eenders wil groepeer nie.
Dopkapasiteit, loopdemensies, vryboor, metalurgiese verskille ens sal alles n invloed he. Dit is hoekom n mens fiesiese resultate(spoed) van elke geweer gebruik om QL te kalibreer. Ek se weereens dat QL nie los gemaak kan word van ons praktiese resultate nie. Hiermee kan dan die finale kalibrering gedoen word vir spoed en dan laastens word TPL verstellings gedoen om die lading te finetune.
Groetnis
Wouter
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 10:51 am
by LUAN
So dan kan jy net die verskillende nodes kry vir verskillende koeel gewigte in daardie looplengte. Dis al wat ek wil he is dit dan rerig nodig om Ql ook te kry?
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 11:02 am
by Carl
Hoe gaan jy meet hoeveel millisekondes is die koeel in die loop;) met hoeveel dryfmiddel ens
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 11:11 am
by LUAN
Is daar nie net n formule wat jou die verskillende nodes spoed kan gee vir die spesifieke looplengte dan weet jy jy moet laai tot op daardie spoed en dan met tpl speel?
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 11:13 am
by LUAN
My broer is n computer man hyt nounet vir my Ql V3.2 opgespoor

Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 11:23 am
by Cobus(Cobb)
As dit verniet is....deel die link met almal...seblief
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 11:45 am
by cassie_calvinia
soos ek verstaan, is jou obt, jou obt.
maar dop volume, tpl, tipe kruid, speel mos 'n rol in jou spoed, en spoedis die foktor om by jou obt uit te kom.
dit is hoekom ladings verskil(agv al die vaktore bv dopvolume), juis om by daai spesifieke obt node te kom.
wouter, ek het nie kon droom dat al die goed soveel ligte laat aangaan nie.
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 11:50 am
by Carl
cassie_calvinia wrote:soos ek verstaan, is jou obt, jou obt.
maar dop volume, tpl, tipe kruid, speel mos 'n rol in jou spoed, en spoedis die foktor om by jou obt uit te kom.
.
Cassie lyk my jy sukkel nog met van die goed

of wat maak jou so moerig

Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 11:53 am
by cassie_calvinia
ek is honger! seker maar dit! haha
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 2:46 pm
by ZKK
Middag Manne
Net gou so vinnige vragie wat ek vir myself wil uitklaar.
Vir arguments onthalwe, kom ons se ek het n 24 duim loop waarvan een van die nodes se spoed op 1 milli-sekonde val.
Dit beteken dan, dat solank as wat die koeel die loop op een millisekonde verlaat, sal ek op daardie node wees?
Die "barrel time" moet tog seker korrigeer met n sekere spoed, want n sekere spoed gaan jou tog n sekere "barrel time" gee en dus moet dit konstant vir elke node wees?
So kom ons aanvaar dat teen n spoed van 2600fp/s kry ek n barrel time van 1 milli-sekonde
So met ander woorde (as ons nou die bogenoemde fiktiewe voorbeeld moet gebruik):
Solank as wat die loop se lengte nie verander nie, kan ek enige koeel neem, met enige primer of dop, solank as wat ek hom laai teen 2600fp/s, gaan ek op n node wees?????
Die enigste plek waar quikload in die prentjie inkom, is om te voorspel met watter hoeveelheid kruit ek die bogenoemde snelheid behoort te kry en ook of die bogenoemde kombinasie teen veilige druk vlakke in my geweer geskiet kan word?
Of het ek die kat aan die gaai beet?
Groete
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Fri Jul 12, 2013 8:56 pm
by smitjs
ZKK wrote:Middag Manne
Net gou so vinnige vragie wat ek vir myself wil uitklaar.
Vir arguments onthalwe, kom ons se ek het n 24 duim loop waarvan een van die nodes se spoed op 1 milli-sekonde val.
Dit beteken dan, dat solank as wat die koeel die loop op een millisekonde verlaat, sal ek op daardie node wees?
Die "barrel time" moet tog seker korrigeer met n sekere spoed, want n sekere spoed gaan jou tog n sekere "barrel time" gee en dus moet dit konstant vir elke node wees?
So kom ons aanvaar dat teen n spoed van 2600fp/s kry ek n barrel time van 1 milli-sekonde
So met ander woorde (as ons nou die bogenoemde fiktiewe voorbeeld moet gebruik):
Solank as wat die loop se lengte nie verander nie, kan ek enige koeel neem, met enige primer of dop, solank as wat ek hom laai teen 2600fp/s, gaan ek op n node wees?????
Die enigste plek waar quikload in die prentjie inkom, is om te voorspel met watter hoeveelheid kruit ek die bogenoemde snelheid behoort te kry en ook of die bogenoemde kombinasie teen veilige druk vlakke in my geweer geskiet kan word?
Of het ek die kat aan die gaai beet?
Groete
Nee, o nee. Loop tyd is nie vas teen 'n spoed nie. Die loop tyd hang af van die ontbranding spoed oftewel die steilte van die grafiek van die ontbranding. Dit verskil as gevolg van die verskille in koeel massa, kruit ontbrandings faktor, en gevolglike druk. Brandspoed is afhanklik van druk.
Ek weet nie van 'n ander program wat jou die loop tyd gee nie. Dit kan natuurlik gemeet word, maar dis maar 'n proses.
As QL erens verniet is, kry dit gerus.
Groete
Johan Smit
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Sat Jul 13, 2013 10:09 am
by cassie_calvinia
johan
ek hoor wat jy se, maar verstaan nie lekker nie.
maw, al die faktore wat jy genome het, maw,die versnelling van die koeel, het baie te doen met loop tyd.(die kurwe).
1 kom vinniger op sy spoed, maw, vinniger loop tyd, en ander stadiger op sy spoed, langer loop tyd?
verstaan ek reg?
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Sat Jul 13, 2013 10:31 am
by DawieKotze
ZKK - ja nee my logika het ook aanvanklik soos jy gedink, maar soos Johan hierbo sĂȘ, werk dit nie.
Bv. Ek het QL gebruik in die volgende 2 voorbeelde....
.308 Win
Hornady 150 gr BTSP
24" loop
56gr Kapasiteit
43.1 gr S335
Barrel time - 1.227 ms (byna node 5 van 1,2282)
Spoed - 2661 fps
Toe laai ek Hornady 165gr BTSP en 43.6 gr S335 om by 'n voorspelde spoed van 2665 fps uit te kom. Byna dieselfde as die 150 greiners.
Barrel time is toe 1.182ms!! Tussen node 4 en 5
Groete.
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Sat Jul 13, 2013 2:22 pm
by smitjs
cassie_calvinia wrote:johan
ek hoor wat jy se, maar verstaan nie lekker nie.
maw, al die faktore wat jy genome het, maw,die versnelling van die koeel, het baie te doen met loop tyd.(die kurwe).
1 kom vinniger op sy spoed, maw, vinniger loop tyd, en ander stadiger op sy spoed, langer loop tyd?
verstaan ek reg?
Presies! Soos Makado ook skryf.
Groete
Johan Smit
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Sat Jul 13, 2013 6:11 pm
by LUAN
Ok kom ons se die regte node spoed vir my kombinasie is 2900fps met n dop wat net genecksize is volgens QL. Nou is dit tyd om te fl size want my slot begin moeilik toemaak. Nou die fl sized doppie se volume is nou minder as die nk sized dop(1.8gr H2O in my geval). Kan ek nou net laai tot ek op dieselfde spoed is of gaan QL vir my n ander node spoed gee omdat die dop se volume verskil?
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Sat Jul 13, 2013 6:45 pm
by smitjs
.303 wrote:Ok kom ons se die regte node spoed vir my kombinasie is 2900fps met n dop wat net genecksize is volgens QL. Nou is dit tyd om te fl size want my slot begin moeilik toemaak. Nou die fl sized doppie se volume is nou minder as die nk sized dop(1.8gr H2O in my geval). Kan ek nou net laai tot ek op dieselfde spoed is of gaan QL vir my n ander node spoed gee omdat die dop se volume verskil?
Nee, ek glo nie die dop se grootte is nou minder nie. Met ontbranding vul al wat 'n dop is die kamer totaal.
Het jy al ooit 'n verskil in spoed gesien oor daardie rede?
Ek het nog nooit, maar ek moet erken ek het nooit so pertinent daarvoor gesoek nie. Ek mag verkeerd wees, dit sal nie vreemd wees nie.
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Sat Jul 13, 2013 7:07 pm
by KC
.303 wrote:Ok kom ons se die regte node spoed vir my kombinasie is 2900fps met n dop wat net genecksize is volgens QL. Nou is dit tyd om te fl size want my slot begin moeilik toemaak. Nou die fl sized doppie se volume is nou minder as die nk sized dop(1.8gr H2O in my geval). Kan ek nou net laai tot ek op dieselfde spoed is of gaan QL vir my n ander node spoed gee omdat die dop se volume verskil?
Dit kan n invloed op jou groeperings he.
Ook een van die redes hoekom ek altyd full size.
Met Redding se body dies wat baie min resize is daar geen rede volgens my om nie elke keer te full size
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Sat Jul 13, 2013 8:25 pm
by LUAN
Ek het al voorheen gefullsize maar het dieslefde lading gebruik as n necksized dop toe ondervind ek druk tekens plat primers. Nou wonder ek hoeveel ek die lading sal moet sak. Daar is n 1.8gr verskil in volume tussen n necksize en fullength size dop. Ja n body die as ek reg verstaan wat net die skouers terug bump lyk my is die volgende aankoop dan doen ek net dit elke keer.
Re: OBT, wat beinvloed dit als
Posted: Sat Jul 13, 2013 9:13 pm
by KC
303
Ek sal jou aanmoedig om die body die te gebruik met die bushing neck sizer. n Twee stap proses maar ek het nog geen nadeel daarin gevind.
My een stel Lapua 30-06 doppe is nou 9 keer deur die proses en ek kon nog geen base seperation tekens sien van oormatige resize.
Die voordeel is dat jy geen verandering in groepering behoort te ondervind.
Jy moet ook in ag neem dat ek geensins se dat dit die geval met elke kaliber en geweer sal wees want dimensies verskil, maar ek dink dit sal die moeite werd wees om dit te probeer