Page 1 of 1

.243 Musgrave SB

Posted: Fri Jul 12, 2013 2:26 pm
by swys
Ongelukkig is die wapen nog nie in my besit nie, moet nou aansoek doen vir die lisensie so hier is die fotos wat v my gestuur is.

wat ek wel weet is dit is n defniatiewe SB aksie, serial no begin R664##. My pa het hom gekoop in mid 90's die ou wat ons hom by gekoop het claim die geweer is nog voor Oom ben se dood vervaardig.
maar wil graag duidelikheid kry.
IMG-20130710-WA0024.jpg
IMG-20130710-WA0022.jpg
Ek weet dat die geweer 5 jaar laas geskiet het so moet bietjie TLC ontvang en kort n goeie service, Maar ja wil hom na Oom Daan toe vat as hy my sal kan help met so iets, anders sal ek mnr Coetzee in Bloemfontein nader.

ek gaan op verlof tot 22julie so sal maar bietjie stil wees, maar asb ek wil van julle hoor.

Re: .243 Musgrave SB

Posted: Sat Jul 13, 2013 7:56 pm
by nellie
Please excuse my ignorance. Im a newbie. Wie is Oom Daan?

Re: .243 Musgrave SB

Posted: Sat Jul 13, 2013 10:16 pm
by Hein M.
;)

Ja, dit lyk na 'n Santa Barbera aksie. Musgrave het hierdie aksies vanaf Spanje na Suid-Afrika ingevoer gedurende die apartheidsjare.

Hein M

Re: .243 Musgrave SB

Posted: Wed Jul 17, 2013 5:24 pm
by Hein M.
nellie wrote:Please excuse my ignorance. Im a newbie. Wie is Oom Daan?
Daan Els hier op die forum is 'n eks-werknemer van die ou Musgrave-handelsnaam. Aangesien hy vir jare lank in die Musgrave fabriek gewerk het, beskik hy oor waardevolle inligting aangaande hierdie fabrikaat. Daar is min geskrewe inligting oor Musgrave beskikbaar, dus is sy kennis en insette baie waardevol. PM hom gerus, want hy is besonder hulpvaardig en vrygewig met sy kennis.

Hein M

Re: .243 Musgrave SB

Posted: Mon Jul 22, 2013 11:26 am
by swys
ok ek is terug,

@ Hein dankie vir jou terug voer en verduideliking aan Nellie.

eenige terug voer van oom Daan?

Re: .243 Musgrave SB

Posted: Mon Jul 22, 2013 5:53 pm
by Hein M.
Hier is goeie info oor die aksies:

http://i936.photobucket.com/albums/ad205/hmostert1/SantaBarbera1.jpg

http://i936.photobucket.com/albums/ad205/hmostert1/SantaBarbera2.jpg

:confused:

Print dit maar - is ongelukkig 'n pic en moeilik om te lees :'(

NS! My SB Musgrave in 243Win is identies soos die een hierbo. Dit is gedurende 1975 in Bloemfontein vervaardig.

Ek het wel myne laat pak en freefloat - want dit is nie in die fabriek gedoen nie. Wel beslis die moeite en geld werd gewees. Hy skiet soos 'n droom en is veral lief vir S355 en 70gr Sierra MK's.

Hein M

Re: .243 Musgrave SB

Posted: Tue Oct 01, 2013 8:05 pm
by Daan Els
Ja ongetwyfeld n Santa Barbara. Sy veiligheidsknip en kolfstyl is kenmerkend. Hulle was nogal mooi gewere!
Groete
Daan

Re: .243 Musgrave SB

Posted: Sun Mar 02, 2014 12:10 pm
by swys
hi manne na n lang ruk is ek weer terug, en het die geweer in my besit en op my naam. hier is so paar fotos soos belowe



sal nou net bietjie aan dag gee aan die hout.

Re: .243 Musgrave SB

Posted: Sun Mar 02, 2014 10:15 pm
by Capt. Yoda
Baie mooi SB daai."Skuur" die houd net saggies af met 0000 staalwol en dan gee jy hom genoeg Schaftol oli.As jy hom bq donkerder wil he kan jy hom met die dark Schaftol vryf.
Die een het dark gekry
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/Hunting%20and%20Rifles/20140215_144820_zpsbbc3e2f2.jpg

Re: .243 Musgrave SB

Posted: Wed Mar 05, 2014 11:33 am
by swys
sjoe maar daai hout het baie mooi lyne Capt.

Ek het geweer afgeskuur met staalwol n paar keer!!!! dan met nat lap gevee n paar keer, tot hy heeltemal glad is en nie meer "skilfers" maak nie. Het greepe met thinners en tandeborsel geskrop tot mooi skoon. het sover 3 lae Clear furn oil gegee, begin nou mooi lyk sal sodra hy klaar is n paar fotos op sit.

Re: .243 Musgrave SB

Posted: Wed Mar 05, 2014 11:46 am
by swys
Hier is hy met die skoon greepe en so paar keer ge staal wol

Re: .243 Musgrave SB

Posted: Fri Sep 12, 2014 3:22 pm
by Jacques Duckitt
baie mooi geweer! as ek mag vra wat se scope is daarop?

groete