Page 1 of 1

Zabala 16 Boor

Posted: Mon Jul 22, 2013 12:08 pm
by Triple2
My oom wil sy ongeveer 50 jaar oue 16 boor Zabala haelgeweer aan my "skenk"(ruil transaksie). Dit is dubbelloop, hammerloos. Hy het dit nuut gekoop, en nog net 6 skote met dit geskiet. Hy se hy word nou te oud en sal seker nooit weer met hom skiet nie.
Het nog nie self gesien nie, sal so oor n maand deurry en gaan kyk. Hy se dit is n pragtige geweer, en ek weet hy kyk mooi na sy gewere.
Is so n haelgeweer iets werd, behalwe "familie waarde", en is 16 boor patrone nog geredelik bekombaar?
Groete
Devan

Re: Zabala 16 Boor

Posted: Mon Jul 22, 2013 1:07 pm
by blaser
16 boor is n baie lekker skiet geweer
zabala nie veel werd nie
patrone baie moeilik verkrygbaar en herlaai kompenente glad nie

Re: Zabala 16 Boor

Posted: Tue Jul 23, 2013 6:46 am
by obasch
Entramarc in Randburg bring ongeveer vier containers Hull ammunisie per jaar in uit Britanje. Daar is elke keer 'n klomp 16 boor ammunisie by. Dit is "geredelik beskikbaar" genoeg in my boek. In Mei 2013 se pryslys het dit gegaan vir R853 per kas. Kontak vir Athol Murray by (011) 704 6708.
Moet nie daaroor wroeg nie - neem daardie geweer en geniet hom.

Re: Zabala 16 Boor

Posted: Tue Jul 23, 2013 8:42 am
by Pappabeer
Neewat,

Hulle patrone is nie moeilik om te kry nie. Jy kan ook die lee loadall conversion kit koop vir 16 &20 boor. Zabala het nie versamelaars waarde nie maar is lekker ligte, goed gebalanseerde gewere. Vat hom verseker.

Re: Zabala 16 Boor

Posted: Tue Jul 23, 2013 10:25 am
by blaser
pappabeer
en waar gaan jy wats kry en watter suid afr kruit gaan jy gebruik

Re: Zabala 16 Boor

Posted: Tue Jul 23, 2013 10:08 pm
by Pappabeer
Ek laai my FN met MS200 en #5 of 6 hael. Ek het my laaste 8000 pluisies by Suburban Guns in Plumbstead in die kaap gekoop.

Ek soek nog vir n 100 of wat brass doppe dat ek hulle kan laai.

Re: Zabala 16 Boor

Posted: Wed Jul 24, 2013 6:58 am
by blaser
is dit 16 boor wats wat jy ge kry het

Re: Zabala 16 Boor

Posted: Wed Jul 24, 2013 8:04 am
by Pappabeer
16 boor 1 oz wads. Hulle het ook n 7/8 oz wad gehad.

Re: Zabala 16 Boor

Posted: Wed Jul 24, 2013 10:19 am
by blaser
dankie dit is goeie nuus

Re: Zabala 16 Boor

Posted: Fri Jul 26, 2013 10:09 pm
by Pappabeer
Cool man,

Praat bietjie met Jonathan Fourie daarso. Neville Koudstaal in Stellenbosch het ook altyd komponente gehad want hy skiet 2 van hulle.

Groete!