Page 1 of 1
Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Jul 24, 2013 8:03 am
by mariusr
Sit nou en wonder daaroor koedoe is is altyd mooi vir "shoulder mount" maar ek het ook die gesien wat die slegste gedoen is van almal! BWB lyk vir my nooit goed seker omdat hy maar lelik is!

Rooibok met mooi horings altyd mooi! Maar ek sal se die mooiste vir my is buffel,waterbok en vlakvark monterings! Wat dink julle!
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Jul 24, 2013 8:08 am
by Pappabeer
Met so n avatar sou ek dink jy hou van n vark...
Stem met die Waterbok. As n bosbok goed monteer is lyk dit ook goed. Dink my gunsteling is n Nyala wat skouer monterings betref, maar ek hou maar meer van die europese skedel monterings as n reël, dit is minder bulky in n vertrek en jy kan meer inpas sonder om die kamer te oordonder.
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Jul 24, 2013 8:50 am
by Danie Lombard .243
Mooiste skouer monteering wat ek tot dusver gesien het was 'n trofee waterbok bul met sulke dik horing basise. Dit was werklik besonders. Die grote van die bul se nek was ook nogal iets om te aanskou.
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Jul 24, 2013 9:29 am
by KalahariKlong
Soos die manne noem is 'n waterbok baie mooi maar ek hou van Kudu (veral Oos Kaap), njala en bosbok.
Groete
KK
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Jul 24, 2013 1:32 pm
by grumpy
Luiperd?
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Jul 24, 2013 1:36 pm
by Marc
Ek wag vir 'n Half mount van my RW Waterbok van laasjaar, as ek so luister gaan ek nie spyt wees nie
Vir my moet dit 'n Bongo wees, Full mount natuurlik, dis wragtag iets besonders
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Jul 24, 2013 5:25 pm
by tau
Gemsbok wat na links kyk. En dan 'n shoulder mount Buffel bul met so duk nek en kwaai oe. Ek stop niks op nie, maar my Buffel gaan so in my kantoor hang en as die baas inkom en hy sien daai Buffel sal hy 3 keer dink en twee keer sluk voor hy my koffie aanbied.
Sable en Roan wat so mooi lewendig is doen niks vir my as mounts nie.
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Jul 24, 2013 7:15 pm
by kopskoot
Lord Derby Eland
Daai een by laas jaar se Huntex, nes jy die roltrap opkom, het my behoorlik na my asem laat snak!
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Jul 24, 2013 7:23 pm
by Marc
kopskoot wrote:Lord Derby Eland
Daai een by laas jaar se Huntex, nes jy die roltrap opkom, het my behoorlik na my asem laat snak!
Daai is nie strooi nie

Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Jul 24, 2013 7:55 pm
by PWV
Koedoe en dan 'n gemsbok en dan 'n springbok en dan... dôner.. 'n man kan maar sommer aanhou!
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Jul 24, 2013 8:08 pm
by mariusr
Moet saam stem oor die bongo wat genoem is die een by SA jagters is ongelooflik mooi! Lord derby eland net so mooi! Wat nogal snaaks is het ek nog nooit roofdiere gesien wat vir my mooi gedoen was behalwe paar bere wat ek al gesien het sekere nie hier gedoen! Leeus en luiperds lyk altyd vir my of daar iets "missing" is!
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Thu Jul 25, 2013 9:38 am
by FHM
Maak nie saak waar of by wie ek kuier of jag nie - as daar trofees is vang die kudu my oog altyd eerste - dis my no 1

Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Thu Jul 25, 2013 10:39 pm
by ROBBIE1
n Kudu bul ja, verseker vir my die mooiste. Ek het eers die jaar my trofee geskiet, en hom sommer heel anders laat mount, nek afgebuig en kyk links, dit beklemtoon die horings vir my nog meer, Big Buck het n mooi job gedoen daarmee. Het ook n ruk gelede n Luiperd gesien op n stomp wat lyk of hy net moet spring, ook baie uniek gewees.
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Fri Jul 26, 2013 5:48 am
by Cobus(Cobb)
Vir my is dit 'n mooi groot Eland, dik nek en blou nekvel, daai kroeskop en dik horing basisse....die trots van die veld...'n Eland lyk vir my altyd asof hy iets weet wat ons nie weet nie..
Ek hou nie van monterings wat te hoog teen 'n muur sit nie....
Cheers
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Fri Jul 26, 2013 8:36 am
by grumpy
FHM, kom wees nou eerlik en vertel die manne jou gunsteling is n opgestopte SPINNEKOP!!!
Jammer maar ek moes die manne vertel.
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Aug 14, 2013 4:12 pm
by Dries Skiet
Die mooiste is die wat teen my muur hang, elk het n storie met my daar in.
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Aug 14, 2013 4:30 pm
by stan man
vir my persoonlik n mooi springbok grand slam.skuins gemonteer 2 na lings en 2 na regs met n mooi kudu horing lamp in die middel.
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Aug 14, 2013 4:38 pm
by Polla1983
Manne, verskoon die hi-jack..
Ek wil n snaakse vraag vra...Ek sit met n 'mount' waarmee ek glad nie tevrede is nie. Die hele ding lyk uit perporsie ( dis n full mount )
Kan dit oor gedoen word na die vel deur al die prosesse is en reeds droog geword het op die spesifieke mould?
Kan hulle dalk die 'vel' afhaal en op n ander 'mould' oordoen?
Is daar iemand wat ken van die tiepe dinge of al van gehoor het?
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Aug 14, 2013 6:22 pm
by Polla1983
Piet.
Wil nie name noem nie, dis nie van toepasing nie.. wil maar net weet is so iets moontlik.
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Wed Aug 14, 2013 6:31 pm
by mariusr
Ek praat nou onder korreksie maar glo nie dit kan oor gedoen word nie daar kan wel herstel werk en opknaping aan die kuip gedoen word!?
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Thu Aug 15, 2013 7:57 am
by afrikan
Hi Polla,
Dis jammer wat met jou gebeur het.
Om jou vraag te antwoord: Ja die montering kan oorgedoen word, maar daar is 'n risiko aan verbonde. As dit 'n ou montering (ouer as 'n jaar) word die risiko groter. Die vel kan skeur (baie het te doen met die tipe van looiwerk wat die vel deurgegaan het.
'n Ander opsie is om die montering oor te doen, maar 'n ander vel te kry.
Alles hang natuurlik af van die spesie en of die vel maklik vervang kan word al dan nie.
Groete
Afrikan
(Pieter Swart)
Afrikan Tanning
Rayton, Gauteng
0 agt twee 770 8556
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Thu Aug 15, 2013 8:15 am
by Lourens Potgieter
Daai mount van die leeu wyfie wat op die zebra spring was vir my baie treffend....
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Thu Aug 15, 2013 9:06 am
by Katefbessie
My vote gaan aan 'n full mount Ysbeer!
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Thu May 15, 2014 4:31 pm
by gerald
'n Mooi Rooihartebees bul. Jislaaik daai diep rooibruin kleur, is indrukwekkend. Was altyd my gunstelling job.
Re: Watter dier maak die mooiste montering?
Posted: Fri May 16, 2014 4:45 pm
by Dries Skiet
My ou Rooihartebeesie, daar by Frans Stan-man gejag.