Page 1 of 1

375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Mon Jul 29, 2013 5:47 pm
by JohanvB
Middag

Kan julle asb help...wat sou 'n goeie lading wees vir die Hornady Interlock 300gr RN?

Ek gebruik S355.

Dankie

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Mon Jul 29, 2013 5:53 pm
by cassie_calvinia
verskaf jou loop lengte(self gemeet, nie manufacture nie)
h20 dop kapasieteit,
max col
doplengte
het jy huidige ladings of spoed, om te help om QL te kalibreer?
dan kan ek jou help, anders sal dit nie so akkuraat wees nie.

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Mon Jul 29, 2013 6:07 pm
by JohanvB
Ok, die looplengte is 20duim
Die COL is 84.8mm
Doplengte is 65.5mm
H20 = 97gr

Tans geen data beskikbaar nie

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Mon Jul 29, 2013 10:16 pm
by JohanvB
Nou waar is die 375 Ruger Alaskan manne?

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Mon Jul 29, 2013 10:49 pm
by tripodmvr
Met die 300gr koeël is jou veiligste spoed 2360vps. Die kort loop is maar 'n hindernis met die swaarder koeëls.

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Tue Jul 30, 2013 8:19 am
by JohanvB
Watter lading sou jy aanbeveel?

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Tue Jul 30, 2013 8:51 am
by tripodmvr
Om veilig te speel begin by 65gr en werk op in 1 grein inkremente. Hopelik sal die akkuraatheid kom as jy 2360vps nader.

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Sun Aug 04, 2013 7:39 am
by JohanvB
Het gister gaan skiet met my 375 Ruger Hawkeye M77 Alaskan, 20 duim loop...en die was my beste groeperings...het begin by 65.5 en in .5 opgewerk tot by 70gr...gelaai met S355..TPL 84.62

http://i1021.photobucket.com/albums/af3 ... 876119.jpg

http://i1021.photobucket.com/albums/af3 ... ed3225.jpg

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Sun Aug 04, 2013 8:35 am
by tripodmvr
As jy spoed gemeet het kan ons nou baie beter data bereken. Die 69,5 lading lyk baie mooi.

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Sun Aug 04, 2013 8:45 am
by JohanvB
Jammer...nie spoed gemeet nie...sal maar volgende keer gaan stert swaai by 'n man wat 'n chrony het..

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Sun Aug 04, 2013 9:46 am
by grumpy
OP watse vergroting was jou scope?

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Sun Aug 04, 2013 11:18 am
by JohanvB
My scope is maar Lynx 3x9x40...en was op maksimum...hoekom vra jy dit Grumpy?

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Sun Aug 04, 2013 1:02 pm
by grumpy
Ek vra maar want ek hou myne op 8 vergroting.

Dis net interresant om te sien op watter vergroting die manne skiet. Ek weet van een ou wat op 12 en n ander ou wat op 16 skiet. Ek skiet my 300-6 en my 375 albei op 8.

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Sun Aug 04, 2013 1:40 pm
by tripodmvr
Op die skietbaan skiet ek op maksimum vergroting. As ek in die bos stap begin ek op 4x om te help met vinnig skiet op korter afstande. Is die wild onbewus van my en verder weg sal ek die vergroting opdraai om beter te kan sien.

'n Wye veld van sig is nodig vir die optel van teikens naby aan jou - rooibok en vark staan nie heeldag stil sodat jy hulle kan skiet nie.

Re: 375 Ruger Alaskan lading vir Hornady Interlock 300gr RN

Posted: Sun Aug 04, 2013 3:09 pm
by grumpy
Dankie vir die tip oor vlakvark wat nie lank stil staan nie. Ek gaan die einde van die maand verniet varkies skiet wat die land om ploeg vir die boer.

Eerste keer wat ek gaan varke skiet so ek lees graag van hulle. Ddie 375 sal maar sy deel moet doen en ek myne.

Jammer ek wil nie hier hijack nie.

Dankie.