Page 1 of 1
Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 9:07 am
by janjakkals
Dagse,
Graag wil ek uitvind wat om met my oortollige bene te maak. Het goed gedink om die Blesbok en rooibok se bene op te kook om dan maar 'n paar pasteie mee te maak. Die biltonge hang klaar so nou sit ek met die klomp bene. Wil graag uitvind hoe om te werk te gaan. Kook 'n ou eers net die vleis af sonder speserye of gooi 'n ou jou speserye by. Ek sal dankbaar wees vir enige raad of voorstelle. Groetnis...
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 9:52 am
by mariusr
Ek kook gewoonlik die bene in die stoom pot gaan lekker vinning dan maak ek ook pastei van die lekker af kook stukke maak mooi fyn en braai uie en gooi dan eers alles in die res en bene gee ek maar vir die brakke!
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 9:56 am
by ANDRIES
Ons spesery die bene en kook dit dan af.Daarna sny ons die vleis lekker fyn en maak dan pasteie.
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 10:23 am
by janjakkals
Dankie kerels, sal dit op die proef stel. Glo my brakke gaan nie weet wat hulle getref het nie.
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 10:28 am
by Sarel
Ek gooi Gemengde speserye, Tiemie speserye, 'n naeldjie of twee, paar peper korrels, knoffel, spek, en klein bietjei asysn by.
Die spek maak die vleis nie so droog nie.
Kook alles totdat dit van die been afval (so 3-4 ure). Sny fyn. Sit in bak. Gooi nog bietjie knoffel oor, en aangemaakte bees stert soppoeier. Sit deeg oor en bak tot gaar
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 10:30 am
by jamalley
Kook die bene saam met water, 'n koppie bruin asyn, gemaalde naeltjies, gemaalde koljander, neutmiskaat en 2-3 blokkies "mutton" ekstrak blokkies af, haal laaste klein beentjies uit en vries in 2 kg pakke.
Om die reuk te keer, gooi peper op die deksel van jou pot.
Ek gebruik 'n groot "jam" pot.
Wanneer ek gereed is om die pasteie te maak, ontdooi ek die vleis, sit weer speserye hierbo in, maar gebruik die keer minder water, geen asyn, sit ook seldery sout, gerasperde uie, gerasperde aartappel en gerasperde wortel by - gebruik uitroldeeg en maak klein vinger pasteie - heerlik.
Verpak my pasteie in pakke van 12 en verhit in mikrogolf as vrinne kom kuier.
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 10:31 am
by Jakkalsgat
Ek gee deesdae die bene vir mense wat minderbevooregd as ek is, hier in Bloemfontein sommer vir Oranje selfhelp maar as ek die dag besluit om dit af te kook, kook ek dit fyn met so min as moontlik speserye en vries die eindproduk in sakkies vir 'n vinnige aandete of pastei.
Groete
Jaco
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 10:34 am
by Jean Marais
Jakkalsgat wrote:Ek gee deesdae die bene vir mense wat minderbevooregd as ek is, hier in Bloemfontein sommer vir Oranje selfhelp maar as ek die dag besluit om dit af te kook, kook ek dit fyn met so min as moontlik speserye en vries die eindproduk in sakkies vir 'n vinnige aandete of pastei.
Groete
Jaco
Ek doen ook so Jaco. Lekker om die blydskap op daai gesigte te sien. My eland se bene gaan egter pasteivleis word.
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 10:39 am
by Eugene
Robertsons se Italian Spices werk vir my nogal baie lekker saam met wild! Ek gooi sommer die spices saam emt die water in as ek die bene afkook.
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 10:46 am
by janjakkals
Jakkalsgat wrote:Ek gee deesdae die bene vir mense wat minderbevooregd as ek is, hier in Bloemfontein sommer vir Oranje selfhelp maar as ek die dag besluit om dit af te kook, kook ek dit fyn met so min as moontlik speserye en vries die eindproduk in sakkies vir 'n vinnige aandete of pastei.
Groete
Jaco
Het ook altyd so in die verlede gemaak. Maar met deesdae se pryse probeer 'n man soveel moontlik uit die bok gekry. Was maar redelik lui met die opsny en biltong sny so daar is darem nog redelik vleis aan daardie beetjies.
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 10:52 am
by mariusr
Eland en koedoe kan jy ook lekker murg bene sny en gebruik vir sop of net so kook met sout en peper op lekker warm brood met botter en murg! Ai te lekker!
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 10:54 am
by Eugene
mariusr wrote:Eland en koedoe kan jy ook lekker murg bene sny en gebruik vir sop of net so kook met sout en peper op lekker warm brood met botter en murg! Ai te lekker!
Ek sit sommer daai bene op 'n oondpan en bak dit in die oond, dan eet ek daai murg saam met lekker mieliepap! Koningskos, maar passop vir te veel....

Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 11:07 am
by mariusr
Manne hou nou net op asb!!!! Dis nie goed vir my gesondheid nie!!!!!!
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 11:19 am
by BRNO (Pierre)
mariusr wrote:Eland en koedoe kan jy ook lekker murg bene sny en gebruik vir sop of net so kook met sout en peper op lekker warm brood met botter en murg! Ai te lekker!
Jo! Wat praat jy nou. Ek kook sommer vanaand sop! Die kleiner bokke se bene verpak ek in kleiner sakkies, en bere in aparte vrieskas. Die bediende weet dit is haar vleis, en wanneer dit klaar is, is dit klaar. Hier word geen ander vleis gebere, om sodoende "verwarring" te voorkom.
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 12:09 pm
by FHM
Eugene wrote:mariusr wrote:Eland en koedoe kan jy ook lekker murg bene sny en gebruik vir sop of net so kook met sout en peper op lekker warm brood met botter en murg! Ai te lekker!
Ek sit sommer daai bene op 'n oondpan en bak dit in die oond, dan eet ek daai murg saam met lekker mieliepap! Koningskos, maar passop vir te veel....

Ek werk hom ook so in die oond sommer ou Kanneman, maar dan pak en en meisiekind daai murg in hompe op toast met vars gesnyde uie-skyfies, sy vat net bietjie sout-peper en dad tobasco nog ook - en nou-ja...dan is dit naby die
buitehuise beweeg heeldag...

Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 2:04 pm
by mariusr
Julle wil nie op hou nie ! So een jaar kameelperd bene net so in kole gegooi toe kap die oop met byl saam met pappie en botter sout en peper en suurlemoen sap ek skiet nou sommer
'n lang nek!!
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 2:33 pm
by stan man
snaakse ding van kameelperd been is dat jy nie nodig het om die ''outhouse''naby te hou die volgende dag nie. die ander bene gee n man se knypers redelik baie oefening.
haal daardie murg uit die pype en bak dit in n oondpan met n bietjie knoffel en uie. saam met swart peper en growwe sout. sit dit dan op n sny roosterbrood met botter en avo. en gooi vir jou n lang glas vars tietsap.
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 2:36 pm
by FHM
stan man wrote:snaakse ding van kameelperd been is dat jy nie nodig het om die ''outhouse''naby te hou die volgende dag nie. die ander bene gee n man se knypers redelik baie oefening.
haal daardie murg uit die pype en bak dit in n oondpan met n bietjie knoffel en uie. saam met swart peper en growwe sout. sit dit dan op n sny roosterbrood met botter en avo. en gooi vir jou n lang glas vars tietsap.
Ai Frans..

.dis SPEENSAP of EIEROROS!
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 2:40 pm
by stan man
miskien in suid-wes!!
hier by ons is dit mos maar anders.
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Tue Aug 06, 2013 3:02 pm
by mariusr
Watwou hier is baie langnekke by ons ! Die tiete sap kan ons nou oor gesels vir my is dit lekker wit wyn cheni blanck net nie soet wyn saam met lang nek bene!
Re: Hoe gemaak met bene?
Posted: Thu Aug 15, 2013 12:05 pm
by 375fanatic
ek gooi altyd bietjie murgbene by my bene vleis of ek maak n pot met n pakkie oxtail by die familie wat nie wild eet nie dink dan dis oxtail en eet hulle vingers af