Page 1 of 1

Vlakvark ribbetjie

Posted: Sun Aug 11, 2013 10:29 am
by Landy
Hi manne
Ek het vlakvark sog gekry, het nog nooit vark bewerk dus soek ek raad asb.
Ek het die een blad ontbeen en een ribbetjie heet gehou, wat gemaak daarmee party mense se hy is eerstens baie taai en tweedens het hy n reuk is dit waar.
Die res het ek blokkies gesny vir kaas russians.

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Sun Aug 11, 2013 12:19 pm
by TOKELOS
Landy!

Net gou eers n ou storetjie: Een van die plaaswerkers waar ons gereeld jag, hou net mooi niks van vlakkie-se-kind nie en gril behoorlik as hy aan die ding moet vat! So terg een van my jagmaats hom eendag en vertel dan nou net mooi HOE lekker die russians is. Met die haak die werker af met: " Maar baas, nie eens n teksiedem kan hom laat mooi lyk nie!"

Ek laat rook maar altyd my boude en ribbetjies. (het nog nie my eie roker nie). Van die res maak ek maar kaaswors.

Wat die reuk betref: Ek hou ongelukkig nie van die reuk van rou vlakvarkvleis nie. So vir n maand of twee nadat ek die karkas verwerk het, eet ek dit glad nie. MAAR daarna, as ek van die karkas reuk vergeet het het, smaak hy vir my maar alte lekker.

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Sun Aug 11, 2013 5:31 pm
by mariusr
Hou ook niks van vlakvark se vleis reuk nie veral omdat my laaste varke so vis smaak gehad het hou net van sy vleis as gerook is en in salamies anders glad nie in stew of potjie!?

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Mon Aug 12, 2013 4:09 pm
by Riaan Beeslaar
Het vir jou 'n baie maklike resep as jy die ribbetjie oor die kole wil braai. Al baie gedoen en werk baie mooi.
Die resep is by die huis sal hom more vir jou post.
Groete
Riaan

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Mon Aug 12, 2013 4:22 pm
by vriell
Riaan Beeslaar wrote:Het vir jou 'n baie maklike resep as jy die ribbetjie oor die kole wil braai. Al baie gedoen en werk baie mooi.
Die resep is by die huis sal hom more vir jou post.
Groete
Riaan
Sien uit daarna.Het een rubbertjie al ingelê en gebraai.Lekker gesmaak maar droog en bietjie taai gewees.Het nounog een oor wat ek graag sal wil probeer met jou resep.

Hier is die een wat ek probeer het van die internet.

Ingredients
1 large warthog rib
1½ tablespoons cooking oil (sunflower is good)
4 large onions, peeled and sliced
1 small chilli, seeded and finely chopped (if you like hot, spicy food, leave the seeds in)
2 tablespoons curry powder (however mild or hot as you like)
2 tablespoons brown sugar
1 teaspoon salt
1 teaspoon turmeric
2 tablespoons smooth apricot or peach jam
2 cups dry white wine

Method
To make a marinade for your warthog, heat the cooking oil in a pan on the stove and fry the chopped onion until it is soft and translucent. Add the chilli and curry powder and fry gently, stirring. Add the rest of the ingredients, stir, and allow the mixture to simmer gently for about five minutes. Take the marinade off the stove and let it cool. Put the meat into a suitable dish and pour the marinade over it. Leave to marinate in a cool place overnight.

When your fire is ready (if you're burning wood it should be a mass of glowing coals with no flames at all), remove the meat from the dish and pat it dry with paper towel. Grill on a BBQ rid for about 30 minutes, using the marinade as baste. Turn it several times while you are cooking according to this South African game recipe.

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Mon Aug 12, 2013 4:23 pm
by Riaan Beeslaar
Dankie Len vir die resep. Laai myne moreoggend eerste ding

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Mon Aug 12, 2013 4:38 pm
by vriell
Riaan , Dankie sal hom beslis probeer . Ek het die vlakvark boud ook volgens 'n resep uit die SA Jag tydskrif gedoen wat in 'n swartpot gedoen word en dit was uit die boeke gewees.Sag,sappig en smaaklik .

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Mon Aug 12, 2013 5:17 pm
by Landy
Dankie manne gaan dit probeer

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Tue Aug 13, 2013 7:54 am
by vriell
Hi Piet.. wat sit jy alles in jou pekel brousel of is dit net sout ?

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Tue Aug 13, 2013 7:57 am
by Johan Viljoen
As mens 'n potjie of stew wil maak van vlakvark, moet mens die vleis vir so 2 of 3 dae in melk laat le met genoeg knoffel in. Dit vat daai vlakvark reuk weg en dit maak die vleis lekker sag ook. En as mens 'n pot of stew maak, moet mens maar so bietjie vet bysit in die vorm van skaap of vark skenkels.

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Fri Aug 16, 2013 1:27 pm
by Riaan Beeslaar
Middag manne
Jammer ek kom nou eers terug, moes dringend PTA toe vir besigheid.
Hier is so paar idees. Vlakvark kan jy maar so dag in melk laat le om die bossie geur uit te trek.
Sny die ribbetjie dwars oor die bene soos spare ribs so 2 tot 3 duim breed.
Marinade:
1 liter coke
3 eetlepels bruin suiker
2 eetlepels heuning of goue stroop
1 eetlepel suurlemoen sap
sout en peper

Maak marinade aan en laat staan ribbetjie oornag in marinade
Sit binne in swartboom pot en kook in marinade tot sag
Haal uit en bruin oor die kole en bedruip met sous
Jy kan op hierdie staduim nog suurlemoen sap oorsit
Jy kan ook hierdie ribbetjie net so in die oond teen 180 grade vir 1.5 uur gaar maak of tot sag en bruin.

Ek sal nog 3 ander ribbetjie resepte post

Groete
Riaan

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Fri Aug 16, 2013 1:32 pm
by Riaan Beeslaar
Gebraaide vlakvark ribbetjie
1 vlakvark ribbetjie
Sous
250ml BBQ sous
50ml brandewyn
30ml worcester sous
12.5ml glutaworst
12.5ml steak en tjops spice
bietjie tabasco sous
sout en peper na smaak

Moenie die ribbitjie deursaag nie dit moet heel bly
Meng al die sous bestandele saam en laat le ribbetjie 3 dae daarin in die yskas, draai gereeld om
Strooi sout na smaak oor en braai oor kole tot bruin

Groete
Riaan

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Fri Aug 16, 2013 1:41 pm
by Alwyn
Hi Riaan
Resep no 2
"Glutaworst"... wa op dees aaaaarde kry mens dit ???

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Fri Aug 16, 2013 1:42 pm
by Riaan Beeslaar
Crown se spices

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Fri Aug 16, 2013 1:45 pm
by Alwyn
Ooooo Okay.....

Sal bietjie ga kyk

Dankie Mnr

P.S die resepte lyk GOOOOOD

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Fri Aug 16, 2013 9:14 pm
by Landy
Sjoe dit lyk lekker gaan dit beslis try

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Sat Aug 17, 2013 4:17 pm
by vriell
Dankie Riaan sal probeer..

Re: Vlakvark ribbetjie

Posted: Sun Apr 20, 2025 6:35 pm
by Jean Marais
vriell wrote: Mon Aug 12, 2013 4:22 pm
Riaan Beeslaar wrote:Het vir jou 'n baie maklike resep as jy die ribbetjie oor die kole wil braai. Al baie gedoen en werk baie mooi.
Die resep is by die huis sal hom more vir jou post.
Groete
Riaan
Sien uit daarna.Het een rubbertjie al ingelê en gebraai.Lekker gesmaak maar droog en bietjie taai gewees.Het nounog een oor wat ek graag sal wil probeer met jou resep.

Hier is die een wat ek probeer het van die internet.

Ingredients
1 large warthog rib
1½ tablespoons cooking oil (sunflower is good)
4 large onions, peeled and sliced
1 small chilli, seeded and finely chopped (if you like hot, spicy food, leave the seeds in)
2 tablespoons curry powder (however mild or hot as you like)
2 tablespoons brown sugar
1 teaspoon salt
1 teaspoon turmeric
2 tablespoons smooth apricot or peach jam
2 cups dry white wine

Method
To make a marinade for your warthog, heat the cooking oil in a pan on the stove and fry the chopped onion until it is soft and translucent. Add the chilli and curry powder and fry gently, stirring. Add the rest of the ingredients, stir, and allow the mixture to simmer gently for about five minutes. Take the marinade off the stove and let it cool. Put the meat into a suitable dish and pour the marinade over it. Leave to marinate in a cool place overnight.

When your fire is ready (if you're burning wood it should be a mass of glowing coals with no flames at all), remove the meat from the dish and pat it dry with paper towel. Grill on a BBQ rid for about 30 minutes, using the marinade as baste. Turn it several times while you are cooking according to this South African game recipe.
Nou ek weet die pos is in 2013 gemaak, maar niemand het nog vertel of die resep werk nie. Manne, dis heerlik verby. Het vandag my vlakvarkribbetjie op die resep gemaak, en daar het niks oorgebly nie, nie eers iets om jou vingers mee af te lek nie. Dit was van die bene afval sag, en nog heerlik sappig.

Al wat ek ekstra gedoen het was om die rib 'n dag lank in melk/karringmelk te week en toe vir twee dae in die marinade.

Geniet hom.