Page 1 of 1

Rooiboknek in brandewyn-sampioensous

Posted: Fri Aug 16, 2013 1:40 pm
by Riaan Beeslaar
1 groot rooiboknek in skywe gesny
200g varkspek in blokkies gesny
50ml botter

250ml vleisaftreksel
sout en peper na smaak
2ml tiemie
12.5ml worcester sous
5ml knoffelsout
1ml fyn naaltjies
2ml gerasperde neut
5ml mosterd poeier
50ml bruin asyn

Sous
1x 410g blikkie sampioenroomsop
100ml brandewyn
1x 285g blikkie knopiesampioene

Metode
Braai nek en spek effens bruin in botter in swartboompot
Voeg die ander bestandele by en plaas in oond met deksel op om sag te stowe. Bedruip kort kort. Dit kan natuurlik ook op die vuur gedoen word.
Meng sous bestandele en voeg by.

So maklik maar baie lekker
Groete
Riaan

Re: Rooiboknek in brandewyn-sampioensous

Posted: Sun Aug 18, 2013 7:39 am
by Predator
Dankie Riaan.

Ek het juis 2 rooiboknekkies wat die week moet pot toe.

Die lewerties en die niertjies was juis die naweek op die spyskaart in n pofadder - ek het darem nog so n ou nertsdermpie in die vriekas gehad!

Ek sal jou resep op die proef stel - my mond water nou!!!

Re: Rooiboknek in brandewyn-sampioensous

Posted: Sun Aug 18, 2013 7:41 am
by Doppies
Die 1 moet ek probeer klink lekker

Re: Rooiboknek in brandewyn-sampioensous

Posted: Sun Aug 18, 2013 8:51 am
by vriell
Dit klink lekker.