Page 1 of 1

Pot gebraaide wildsvleis met portwyn

Posted: Fri Aug 16, 2013 1:57 pm
by Riaan Beeslaar
2kg wildsblad(klein wild)
250ml portwyn

100ml olie
3 uie, fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus

Sout en swartpeper na smaak
5ml gerasperde neut
5ml fyn gemmer
12.5ml worcester sous
2ml fyn naeltjies
25ml vegamine - sal dit by crown spices kry, dit is 'n poeier wat ryk en smaak soos marmite
12.5ml steak en tjops spice

1 pakkie portjellie
250ml youngbessie sap
250ml room

Metode
Laat die blad heel- saag net die skenkels af en knak. Marineer vleis vir 24 uur lank in portwyn
Verhit olie in swartboompot en braai uie en knoffel liggies bruin
Voeg die blad by en verbruin beide kante
Voeg die portwyn en germiddels by en prut tot amper sag
Los jellie op in verhitte vrugtesap en voeg by vleis
Haal die deksel af en prut stadig
Voeg room by en prut stadig totdat mooi bruin en sous dikkerig is.

Groete
Riaan

Re: Pot gebraaide wildsvleis met portwyn

Posted: Fri Aug 16, 2013 4:51 pm
by Sarel
Dit klink en lees sommer baie lekker. Het jy dit algemaak?

Re: Pot gebraaide wildsvleis met portwyn

Posted: Mon Aug 19, 2013 9:59 am
by Riaan Beeslaar
Ja hy loop soos stroop