Page 1 of 1

RSA Target of Match rifle??

Posted: Mon Aug 19, 2013 1:16 pm
by Dries Skiet
Weet julle manne daar is twee RSA enkelskoot modelle, nl Target rifle en Match rifle? Ek is gelukkig genoeg om een van elk te besit. Ek het ook nog die oorspronklike katalogus van Musgrave met al die speks daar in. Sal dit nou nou opsit FYI.

Re: RSA Target of Match rifle??

Posted: Mon Aug 19, 2013 8:12 pm
by 243Songdaug
Dankie vir die Inligting - Ek het dus 2 Match modelle! Ek dag nog altyd dat dit maar net verskillende lope en verskillende kolwe is op dieselfde model wapen.

Re: RSA Target of Match rifle??

Posted: Wed Aug 21, 2013 5:33 pm
by swc-tr
Hierdie is maar bemarking foefies op sy beste, hulle gebruik dieselfde aksie, net 'n facelift tov die kolf!

Re: RSA Target of Match rifle??

Posted: Wed Aug 21, 2013 5:42 pm
by Arno C
Dries Skiet

Baie interresante inligting. Jy nie sulke artikels omtrent die rsa 7.62 met die magasynkaste nie?

Groete

Arno

Re: RSA Target of Match rifle??

Posted: Wed Aug 21, 2013 11:35 pm
by Fanta300
Dankie Dries, ek het ook so 'n "Target" model

Re: RSA Target of Match rifle??

Posted: Thu Aug 22, 2013 7:11 am
by BRNO (Pierre)
Interresand, Dankie Dries. Is daar n spesifieke rede hoekom die swivels so naby aan mekaar sit so aan die voorkant van die kolf?

Re: RSA Target of Match rifle??

Posted: Thu Aug 22, 2013 7:29 am
by DawieKotze
BRNO .06 (Pierre) wrote:Interresand, Dankie Dries. Is daar n spesifieke rede hoekom die swivels so naby aan mekaar sit so aan die voorkant van die kolf?
Pierre - die skakels is so geplaas om die spesifieke geweerbande vir skyfskiet te pas. Die geweer word dan baie meer in die skouer in vas getrek. Gewone skakels se plasing is ten doel om die geweer te dra oor die skouer, terwyl hierdie spesifiek vir 'n skyfskiet band geplaas is.

Re: RSA Target of Match rifle??

Posted: Thu Aug 22, 2013 7:51 am
by BRNO (Pierre)
madako wrote:
BRNO .06 (Pierre) wrote:Interresand, Dankie Dries. Is daar n spesifieke rede hoekom die swivels so naby aan mekaar sit so aan die voorkant van die kolf?
Pierre - die skakels is so geplaas om die spesifieke geweerbande vir skyfskiet te pas. Die geweer word dan baie meer in die skouer in vas getrek. Gewone skakels se plasing is ten doel om die geweer te dra oor die skouer, terwyl hierdie spesifiek vir 'n skyfskiet band geplaas is.
Dankie. Ek het vermoed dit kan so iets wees, maar wou net seker maak.

Re: RSA Target of Match rifle??

Posted: Thu Aug 22, 2013 8:25 am
by Dries Skiet
swc-tr wrote:Hierdie is maar bemarking foefies op sy beste, hulle gebruik dieselfde aksie, net 'n facelift tov die kolf!
Die aksies, loop en kolf verskil. Target aksie boute maak vas agter sneller, Match voor sneller, Loop op Target is hammer rifled en Match is button rifled, kolf op Match is duidelik van beter gehalte.

Re: RSA Target of Match rifle??

Posted: Thu Aug 22, 2013 9:15 am
by Dries Skiet
Het net Model 80.

Re: RSA Target of Match rifle??

Posted: Thu Aug 22, 2013 1:11 pm
by Alwin
Die mod 80 is opgevolg deur die mod 83 en later die mod 90. Al 3 is basies maar 'n kopie van die Winchester mod 70 (NA '64). Hulle was ook beskikbaar in "Light" modelle, met 22" loop.

Re: RSA Target of Match rifle??

Posted: Tue Oct 01, 2013 7:54 pm
by Daan Els
Sjoe, nee ek verskil. Ons het in die ontwerp fase wel na verskeie fabrikate gekyk en al wat ons van die Win beindruk het was sy veiligheidsknip en dit is al, kyk gerus mooi na die twee!
Mooi bly
Daan

Re: RSA Target of Match rifle??

Posted: Wed Oct 02, 2013 1:14 pm
by Alwin
O, dankie Oom Daan. Ek was daai tyd maar net 'n tjokkertjie. Wys vir ons al die verskille uit asb? Sou graag wil leer.