Page 1 of 1

Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Thu Aug 22, 2013 11:45 am
by Nils
Dagse menere.

Ek het my hande op 'n Robert Hughes & Sons 12 boor Side by Side gekry. Die geweer is in sy oorspronklike kis met al sy toebehore. Die geweer het baie mooi grafering op en ek dink die lope is Damascus.
Ek skat die geweer dateer uit die laat 1800's.
Onder die lope staan daar geskryf gegrafeer "Nitro proofed"

Ek wil graag die geweer gebruik vir af en toe kleiduif skiet en 'n tarentaal of twee.

My vraag is nou, sal dit veilig wees om met oor-die-toonbank moderne ammunisie te skiet?

Enige raad of opmerkings sal waardeer word.

Re: Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Thu Aug 22, 2013 12:00 pm
by Smiley
Nils ek het ook een van daai modelle gehad en wel moderne ammo met hom geskiet. Daar was wel mense wat my afgeraai het. Die wapen was gesteel tydens 'n rooftog so nie meer in my besit nie. Dalk is daar meer kundiges wat die nadele mooi kan uitwys aan jou.

Re: Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Thu Aug 22, 2013 12:01 pm
by ANDRIES
Nils ek het 'n soortgelyke haelgeweer en skiet net 65mm haelpatrone met die geweer.

Re: Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Thu Aug 22, 2013 12:01 pm
by Nils
Robert Hughes 2.pdf

Re: Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Thu Aug 22, 2013 12:04 pm
by Nils
Ek heg 'n paar fotos by

Re: Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Thu Aug 22, 2013 12:06 pm
by Nils
Dankie menere

Ek is glad nie 'n haelgeweer kenner nie.

Andries, wat is 65mm haelpatrone? Is dit korter as standaard? Kan mens dit oor die toonbank kry?
Is dit met 'n laer lading gelaai?

Re: Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Thu Aug 22, 2013 12:47 pm
by blaser
jy moet kyk watter lente jou kamer is ek skat dit sal 65mm wees vandag se standaart is 70mm
maar vervardigers soos eley maak nog 65mm
die maks grein wat ek in so ou geweer sal skiet is of 21 gram tot 24 gram maar sal eerder my eie reloads skiet met n verlaagde lading

Re: Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Thu Aug 22, 2013 1:15 pm
by ANDRIES
Ja jy kan 65mm oor die toonbank koop.Die laaste wat ek gekoop het was Eley.

Re: Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Thu Aug 22, 2013 4:14 pm
by Nils
Dankie Menere

Remington; wat bedoel jy met maksimum grien? Bedoel jy die Kruit lading of die gewig van die Hael?
Ek neem aan mens sal die lading van die kruit ook moet minder maak?

Re: Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Thu Aug 22, 2013 4:24 pm
by Rooies
Nils
Ek het presies dieselfde haelgeweer, myne se nommer is 510, en joune ?

Re: Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Thu Aug 22, 2013 4:52 pm
by blaser
nils
ja ek bedoel ligte lood en kruit lading iets soos 24 gram hael met net 20 grein s121 kruit

Re: Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Fri Aug 23, 2013 8:07 am
by Nils
Rooies

Myne se nommer is 10486.

Skiet jy met joune? En watse lengte patroon/lading gebruik jy?

Groete

Re: Robert Hughes & Sons Haelgeweer - Kan ek met hom skiet?

Posted: Fri Aug 23, 2013 10:32 pm
by zipp
Nils

Neem die geweer na n gooie geweer smid toe wat haelgeweere ken. Laat hy die kamer lengte meet en seker maak dat ales nog reg opsluit ens. Die gevaar van 70mm petroone skiet in 65mm kamers is dat die "krimp" in die "forcing cone" oopmaak en die druk vlaakke gaan deur die dak. Dit kan die aksie loss skiet en die loope bars. Daar is manne wat 65mm patroone invoer, so dis nie die einde van die wereld nie. Moet net nie die geweer breek deur onkundig te werk te gaan nie.