Page 1 of 1
Armed O/U 12boor
Posted: Fri Aug 23, 2013 2:24 pm
by Bazil
Goeie middag manne
Ek wil hoor by julle of van julle manne al met 'n Armed O/U 12boor gewerk het. Dit lyk na n mooi geweer en in 'n mooi prysklas ook. Is van plan om hom te toets vuur voordat ek iets drasties doen. Sal interresant wees om te hoor of van julle manne enige stories goed of sleg van hulle gehoor het.
Ek luister na julle
Groete Bazil
Re: Armed O/U 12boor
Posted: Fri Aug 23, 2013 2:45 pm
by JTM
Wie is die verskaffer van die Armed reeks ?
Re: Armed O/U 12boor
Posted: Fri Aug 23, 2013 3:04 pm
by Bazil
Sover ek weet African outdoor....
Re: Armed O/U 12boor
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:29 am
by Bazil
Enige iemand...

Re: Armed O/U 12boor
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:56 am
by JTM
Ek het paar naweke terug gesels met die een R.O. by Durbanville Skietbaan se kleiduif baan. Hy het laas jaar by Huntex Kaap 'n Armed O/U haalgeweer gewen. Hy is baie tevrede met hom. Hy het ook 'n Beretta O/U waarmee hy dit vergelyk.
Hy het dit aan my ook aanbeveel as 'n goeie begin haalgeweer vir Kleiduif ens.
Re: Armed O/U 12boor
Posted: Mon Aug 26, 2013 12:15 pm
by Bazil
Dankie JTM. Ek het al so paar keer gaan kleie skiet maar elke keer met my pelle se gewere wat ook daar is. Doen dit nou ook nie elke naweek nie. Mens kan 'n Beretta aankoop vir vier keer die prys van die Armed, maar hoe "justify" jy die prys as die gewere net so goed werk in praktyk? Ek moet se die Beretta is defnitief 'n baie mooier geweer!
Re: Armed O/U 12boor
Posted: Mon Aug 26, 2013 1:26 pm
by JTM
Is net soos jy sĂȘ Bazil. Ek wil self ook een aanskaf. Die Beretta Silver pigeon I is my mikpunt, maar die Turkse gewere se pryse is beter en lyk of dit ook die taak kan verrig.
Waarvoor kan jy die Armed kry?
Re: Armed O/U 12boor
Posted: Mon Aug 26, 2013 2:12 pm
by Bazil
R5600 vir die O/U met extractor en full choke en dan so +- R1000 meer vir die O/U met die ejector.
Re: Armed O/U 12boor
Posted: Mon Aug 26, 2013 3:05 pm
by JTM
Het hulle een met chokes wat jy self kan verander?
Re: Armed O/U 12boor
Posted: Mon Aug 26, 2013 3:39 pm
by Bazil
Ja dit is die self verstelbare choke.
Re: Armed O/U 12boor
Posted: Mon Aug 26, 2013 3:41 pm
by junglejulian
Die haelgeweer kom met n paar chokes saam in n mooi tassie.ek dink dit is goeie waarde vir geld.ek het ook al baie na hul gekyk.ek weet parte behoort jy te kry by African outdoor maar ek weet nie van n betroubare smit wat al aan hul gewerk het nie.
Re: Armed O/U 12boor
Posted: Mon Aug 26, 2013 7:02 pm
by JTM
Is so. Jy is gewaarborg by die Beretta kry jy parte en ondersteuning.
Lanber lyk ook na 'n goeie opsie, maar prys is baie na aan Beretta SP I, dan kan jy maar net sowel daai paar rand extra betaal.
Wie weet, dalk is die Armed in die klas van Howa. Goeie geweer vir nie te veel geld nie.
Re: Armed O/U 12boor
Posted: Tue Aug 27, 2013 8:12 am
by Bazil
Daar is ook die Webley & Scott O/U's wat baie netjies is en in die omgewing van R12 000. Mooi stainless steel met grafering. Lyk darm meer soos 'n Beretta
