Page 1 of 2
MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Sun Aug 25, 2013 5:35 pm
by BLOUVALKIE
ek wil gou vir almal so klein verslag skryf van wat ek die laaste jaar gedoen het
hier is paar spbokke wat ek geskiet het die jaar die skote lyk laag maar hulle loer oor die bosse as ek skiet hahaha
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20130705-01065_zps12d407be.jpg
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20130705-01067_zpsf915b0b2.jpg
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20130706-01069_zps8f8691b8.jpg
ek moet nog n takbok en bwb skiet okt maand
ek het ook n silwer sertifikaat geskiet op ons sa jagters bosveld tabel
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20130825-01248_zps26cc073e.jpg
hier skiet ek die bosveld tabel
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20130803-01168_zps47eecc39.jpg
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20130803-01167_zpsa4b5f445.jpg
hier is my jakkals tabel ek het al 5 skote raakgeskiet op 300m dis in die pens daai stickers is iemand anders se skote
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20130803-01172_zps6eee7932.jpg
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20130803-01173_zpsfb276276.jpg
hier het ek my eerste takhemp gekry
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20130221-00509_zps6b675be4.jpg
mooi aand vir al die ooms
BLOUVALKIE
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Sun Aug 25, 2013 5:40 pm
by tripodmvr
Baie geluk. Daardie 2de springbokram is regtig 'n mooi dier. Hou aan met die oefen op die baan - jy sien hoe het dit gehelp met die veldskiet. Dit leer jou ook dat 300m al wyd is om die jak mooi in die blad te skiet - wind is maar 'n pes.
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Sun Aug 25, 2013 5:44 pm
by James Wilson
Netjies ou maat, dit lyk sommer bakgat
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Sun Aug 25, 2013 5:52 pm
by BRNO (Pierre)
Dit is sommer weer lekker om jong bloed se skrywes hier op die forum te lees. Baie mooi geskiet, en geluk met die bokke en sertifikaat ens.
Ek het ook jou rugby draad gelees. Jy is bevoorreg om so vroeg al te leer sweis. Ek kan vandag nog groot manne wat nie eers weet waar om n sweismasjien in te prop nie.
Sterkte, en doen so voort!
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Sun Aug 25, 2013 6:11 pm
by PWV
Mapstieks, Blouvalkie! Jy is sommer 'n ou doring!!!!
Groetnis
Oom PW
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Sun Aug 25, 2013 6:37 pm
by NEGE3
Mooi gedoen. Hou so aan en jy gaan nog 'n jagter en skut van formaat word.
Groete.
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Sun Aug 25, 2013 7:08 pm
by Marc
Geluk Valkie, jy woeker behoorlik. Geluk ook met jou hemp, dit lyk al te spogerig
Op watse afstande het jy daai Springbokke geskiet. Onthou om ons te kom bederf met 'n storie of twee oor daai beetse
Mooi loop
Marc
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Sun Aug 25, 2013 7:10 pm
by cassie_calvinia
manne! hier kom 'n ding!!!
mooi valkie! jy mag maar!
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Sun Aug 25, 2013 7:10 pm
by cassie_calvinia
en, moenie so skaars wees op die forum nie!!
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Sun Aug 25, 2013 9:06 pm
by theedge
Blouvalkie Netjies ou maat, dit lyk sommer bakgat.
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Sun Aug 25, 2013 10:02 pm
by Ooploop
Baie mooi! Geluk Blouvalkie
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Sun Aug 25, 2013 10:10 pm
by Sniper66
Geluk blouvalkie,mooi geskiet en hou so aan.
Stefan
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Mon Aug 26, 2013 6:43 am
by Reggie Gerber
Mooi Gegooi Valkie
Bly jy kon nog darem bietjie skiet en ons kom vertel daarvan.
Sterke met die skool ens
Reggie
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Mon Aug 26, 2013 7:02 am
by JPS
Sjoe Valkie,
Mooi gedoen seun. Mens kan sien jynhet 'n passie en jou pa gee mooi leiding hier.
Groete
JP
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Mon Aug 26, 2013 7:43 am
by Jaco Brink
Knap gedaan.
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Mon Aug 26, 2013 8:02 am
by Carl
Baie netjies geskiet en mooi vertel, hou so aan.
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Mon Aug 26, 2013 9:17 am
by Smiley
Baie geluk Valkie, mooi skote geskiet.
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Mon Aug 26, 2013 9:22 am
by FCLoretz
Baie mooi blouvalkie.
Jy het baie mooi gedoen die jaar. Baie Geluk.
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:50 am
by stan man
smaak my jy kan die jongste man op die forum wees. maar dit smaak my ook jy skop van ons ou manne se sterre!!
mooi gedoen boeta.
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:55 am
by TOKELOS
Cool Valkie!
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Mon Aug 26, 2013 3:01 pm
by jamalley
Baie mooi jong man, pragtige springbok en baie mooi geskiet op die jakkals
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Mon Aug 26, 2013 8:24 pm
by BLOUVALKIE
hallo al die ooms
baie dankie vir al die mooi boodskappe.dis rerig mooi.dankie
oom Marc die skiet afstande was:
no 1: 130m
no 2: 160m
no 3: 80m
groete
VALKIE
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Wed Aug 28, 2013 8:13 pm
by Wismit
Baie mooi geskiet. Ek glo jou pa is so trots op jou. Ek dink jy moet bietjie vir jou pa sĂȘ jy moet bietjie volgende jaar 'n mooi rooibok ram hier in die bosveld skiet.
Baie gelluk !!
W.S
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Thu Aug 29, 2013 2:04 pm
by 2vierniks
Mooi jong man! Jy gaan nog ver kom!
Re: MY JAG EN SKYFSKIET VD JAAR
Posted: Thu Aug 29, 2013 2:13 pm
by Geno
Mooi gegooi Valkman! Kan sien jy verstaan jou roer!