Page 1 of 1

Gamo Windbuks

Posted: Thu Aug 29, 2013 8:45 pm
by Pappabeer
My pa het n Gamo .177 windbuks wat plek opvat in die kluis. Hy is seker so 22 jaar oud, ek dink dit is die Magnum 2000 model gewees.

As iemand weet van n laaitie wat graag 'n windbuks wil hê, en dit dalk nie kan bekostig nie is hy welkom om die geweertjie te neem. Meganies is hy 100%.

Bel my op 082 nege nul fyf 2620.

Dewald

Re: Gamo Windbuks

Posted: Fri Aug 30, 2013 7:20 pm
by Jake1
My laaitie sal so geweer baie waardeer, hy begin nou agterkom hoe werk die visier en korrel. Baie mooi gebaar van jou. Hy verjaar op die 5e September.

J1

Re: Gamo Windbuks

Posted: Fri Aug 30, 2013 7:38 pm
by Pappabeer
Wel laat die reëlings begin, dan kan hy hom dan hê.

Cheers

Re: Gamo Windbuks

Posted: Sun Sep 01, 2013 7:33 pm
by Jacquesb
Pappabeer, gooi jouself 'n Bells.

Jake, geluk met die jongman se verjaardag.

Re: Gamo Windbuks

Posted: Sun Sep 01, 2013 7:45 pm
by NEGE3
Baie mooi gebaar. Ek haal my hoed vir jou af.

Re: Gamo Windbuks

Posted: Sun Sep 01, 2013 7:59 pm
by Jake1
Dankie JacquesB

J1

Re: Gamo Windbuks

Posted: Mon Sep 02, 2013 9:21 pm
by theedge
Nice one

Re: Gamo Windbuks

Posted: Wed Sep 04, 2013 9:36 pm
by Gert Odendaal
Mag daar meer manne soos jy wees....wel gedaan....

Re: Gamo Windbuks

Posted: Thu Sep 05, 2013 12:53 pm
by bishop3006
Welgedaan PappaBeer!

En Jake, ek hoop daai jong man geniet daai geskenk op sy verjaarsdag vandag! En hoop hy verjaar sommer lekker!

Re: Gamo Windbuks

Posted: Thu Sep 05, 2013 2:12 pm
by RUPERT
jY HET N GOEIE HART MY MAAT

Re: Gamo Windbuks

Posted: Wed Sep 11, 2013 1:54 pm
by Jake1
Ek was op 'n weeklange jagtog en bokvang en kommunikasie was nie na wense a.g.v. selfoonopvangs toe het ek nou my geleentheid verloor om die windbuks te kry.

Dis niemand se skuld nie eks net bietjie sad.

Jake1