Page 1 of 1

Spitfire se remote

Posted: Sat Nov 20, 2010 1:54 pm
by iceman1982
Dagse manne,
Jammer as hierdie vraag al gevra is. Wil net weet van enige van die manne wat n spitfire het...
Nadat julle klanke opgesit het en afgehaal en rondgeskuif het soos julle wil, hoe maak n mens met die remote om die klanke en die name op die remote te laat ooreenstem.
Dit lyk my amper n mens het n kabel nodig wat in die remote moet ingaan om hom te sync...is ek op die regte pad?
Twee ouens het my nou al hierdie vraag gevra, en toe se ek maar net ek ken ouens wat als van jakkals jag af weet en die antwoord sal voorsien... :D
Hoop nie julle laat my in die steek nie...
Groete

Re: Spitfire se remote

Posted: Sat Nov 20, 2010 2:14 pm
by WOLF
Iceman
Ek dink sir TAF of MENEER FRANCOIS sal jou daar kan help.Hulle het al almal uitgetoets.Ek het die Fury en as jy klaar jou klanke op hom gelaai het dan "download of sync" jy net die klanke na die remote.Ek weet jy sal by ten minste een van bg regkom.
Groete
WOLF

Re: Spitfire se remote

Posted: Sat Nov 20, 2010 2:16 pm
by iceman1982
Wolf,
Ek twyfel nie vir n sekond dat ek hier sal regkom nie....

Re: Spitfire se remote

Posted: Sat Nov 20, 2010 2:58 pm
by Francois Marais
ICE

Ja, jy het n kabel nodig, altwee moet af wees, plug kabel in en sit remote aan, die sal jou dan promt om die roeper aan te sit, sal dan iets se soos updating en jou promt weer om af te sit of kabel te ontkoppel, hierdie kabels isteen extra kostes by Foxpro beskikbaar, maar rekan n man sal n spesifieke audio kabel hier by ons kry wat die job ook kan doen.


Hier is volledige details...

http://www.gofoxpro.com/resources/spitfire.php

Mooi loop
Francois

Laat weet as jy nie regkom, dan probeer ek meer dtails gee.

Re: Spitfire se remote

Posted: Sat Nov 20, 2010 2:59 pm
by Francois Marais
Oom Wolf

Nu wanneer het ek nu MANEER geraak??

Mooi loop
Francois

Re: Spitfire se remote

Posted: Sat Nov 20, 2010 3:13 pm
by iceman1982
Francois,
Baie dankie, n ou staatmaker soos altyd.
Dis hulp soos hierdie wat jy aan ander biet, wat jou n Meneer maak.

Groete
Marius

Re: Spitfire se remote

Posted: Sat Nov 20, 2010 3:15 pm
by WOLF
Francois Marais wrote: Oom Wolf

Nu wanneer het ek nu MANEER geraak??

Mooi loop
Francois
MANEER KYK AL DAAI STERRE.

Iceman
Wat het ek jou gese van die onmiddelike hulp.

WOLF

Re: Spitfire se remote

Posted: Sat Nov 20, 2010 4:32 pm
by iceman1982
Wolf,
Daai 5 sterre staan vir Generaal...

Re: Spitfire se remote

Posted: Sat Nov 20, 2010 11:42 pm
by Topcat
Ice

Daardie kabeltjie is sommer die gewone Stereo audio kabeltjie wat jy gebruik by  n mp3 speler.

NS:Slegte gewoonte die van ons manne om die handleiding weg te gooi. ;)

Re: Spitfire se remote

Posted: Sun Nov 21, 2010 8:45 am
by iceman1982
Dankie TC,
Sal rondkyk vir die ouens of ek so kabel in die hande kan kry.

Re: Spitfire se remote

Posted: Sun Sep 25, 2011 11:04 pm
by Piet Breedt
Koop vir jou n "3.5mm male - to - male stereo patch cable"  en maak soos FM hierbo ges? het. Ek het myne veloor en het n nuwe een gekoop by n radio en TV winkel vir R20.00, en hy werk.